Om in te pak as jy wil vlieg, is nogals ‘n tameletjie, veral as jy internasionaal wil vlieg. ‘n Mens moet so mooi dink wat jy waar inpak.
My reël is dat die paar waardevolle items wat ek beslis nie wil verloor nie, in my handbagasie kom. Eintlik wil jy mos regtig niks verloor nie, maar jou koffer wat jy inweeg, bly maar ‘n tameletjie.
Ná 9/11 se fiasko destyds met die vliegtuie in Amerika, het lughawens se sekuriteit dramaties verhoog. Jy moet so mooi oplet wát jy in jou handbagasie pak. Een oomblik van aandag wat dwaal, veroorsaak dalk moeilikheid wanneer jy deur die hekke gaan. Ek moes al oor jare ‘n mes en vurk afgee, my gunsteling klein skertjie, en ‘n botteltjie pepersproei. My man moes al sy geliefde Swiss Army mes weggooi en ‘n hele paar botteltjies onderarmsproei.
Jaaaa! Ons weet! Ons ken die reëls uit ons kop uit! En nee, ons is nie hardkoppig nie, eerder soms ‘n bietjie ingedagte of vergeetagtig.
Net vanoggend gee ek toe vir pappa ‘n hele lewensles. Is hy seker hy het nou nie weer goed in sy handbagasie wat nie daar moet wees nie? Hy het tog al baie gevlieg, hy ken mos die reëls. Geen botteltjies groter as 100 ml nie, ongeag die inhoud. Hy gee net so ‘n sagte sug by homself.
Wie se koffer word afgetrek?
Die uwe s’n!
Want ék het toe sowaar my hele toiletsakkie per ongeluk in my handbagasie gepak. Vir wat? Dít terwyl ek kan onthou wat my gedagtes was toe ek besluit het om eerder my medikasie in my groot koffer te pak.
Nou ja, as jy nie wil dink nie, moet jy seker maar voel.
Groetnis
Toortsie
Neeeeeeeee sonder tandeborsel en tandepasta kan ek geheel en al nie
LikeLiked by 1 person
Het darem nie alles gevat nie. Net gesigwas en my dure shampoee. Albei was al redelik leeg. Nou miet ek weer deur die hekke, so die tandepasta is seker volgende. 😱
LikeLiked by 1 person
Ek het so ewe ‘n ekstra tandeborsrl met klein tandepasta in my handsak gedruk!
LikeLiked by 1 person
Ag neee moes jy als weggooi?
LikeLike
Gelukkig nie. Net gesigwas, wat amper leeg is en buis shampoo. Dis nogals ‘n verlies, want ek sukkel altyd om daardie shampoo in due hande te kry. Ek moet nou weer deur die hekke, so ek sal maar sien wat nou weer gaan waai.
LikeLike
Ek is jammer oor jou toiletsakkie…. maar moet my net nie agterlaat nie 😢
LikeLiked by 1 person
Gelukkig gebruik ek ziplocksakkies! 😁
LikeLiked by 1 person
Kameel, jy’s gezip en gelock
LikeLike
👛
LikeLiked by 1 person
Ai tog. Dis omtrent ‘n storie. Hoop die res verloop vlot vir julle.
LikeLike
Darem nie die grootste krisis. 😁
LikeLiked by 1 person
Daai wegsmyt is darem swaar, ek moes dit ook al ‘n keer of twee gedoen het, die laaste keer het ek geweier en my man opdrag gegee om terug kar toe te gaan en my goed in die kattebak te gaan toesluit, want weer weggooi gaan ek beslis nie!!!
LikeLiked by 1 person
Gelukkig was die 2 bottels beide redelik leeg.
LikeLike