Prag en praal in Praag

Net vanoggend besing ek in dankbaarheid my skoene, twee pare Crocks wat ek saamgebring het op ons toer. Twee pare uitgetrapte Crocs. Kyk, min skoene dra so lekker soos uitgetrapte Crocs. En nee, ek is lankal verby die era van gaatjie-Crocks!

Ek het ‘n paar suade Crocs boots en ‘n paar Crocks Reënbootse ingepak. Gaan ons die dag berge toe, is dit die leliker, waterdigte boots se beurt. Ry ons bus, of beweeg ons is stede, dan is dit die suade boots.

Vanoggend het die Toortsie nie gedink wat sy doen nie. Ons sou op ‘n stadstoer te voet deur Praag gaan. As jy by die venster uitkyk, sien jy reën en so hier en daar ‘n sneeuvlokkie en ‘n ysblokkie.

Toortsie vergeet van ‘n ekstra lagie onder die langbroek, asook die regte paar skoene. Ek het nie regtig koud gekry nie, ek het wel my reënbaadjie onthou, maar my suade bootsies sal nooit weer dieselfde wees nie.

Mense, dit was koud en nat en jy moes naby die gids staan om mooi te kon hoor wat sy sê, die Toortsie hoor mos eintlik in die beste van omstandighede nie altyd alles nie!

Moedeloos gestap beland ons in ‘n regte Middeleeuse restaurant. Dis donker. Warm. Klipperig. Die kelners is hardekwas. Jy kry raas as jy dom vrae vra, soos vir ‘n steakmes. Eet met jou hande! Die een kelner loop met haar man se kopbeen onder die arm! Durf jy hul herinner dat een persoon nog nie kos het nie, word jy aangesê om te wag. Die rekening word met ‘n mes in die tafel vasgeslaan! Kom jy ooit in Praag? Gaan soek dan daardie middeleeuse restaurant net daar waar die jasteel se trappies begin, jy sal nie spyt wees nie.

Daarná het ons moed om die trappies te klim tot by die fantastiese kasteel en katedraal.

Ek is dankbaar dat ek die voorreg het om dit te kan sien, maar nóg meer dat die grense na hierdie lande oopgemaak is en ons die wonderlike argitektoniese skatte wat al uit die 8e eeu dateer, kan beleef.

Toortsie

Advertisements

8 thoughts on “Prag en praal in Praag

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s