Cherish

Vandag is die uitdaagwoord om te skryf, ‘cherish‘. Vertroetel. En watter beter dag is daar nie om oor vertroetel te skryf as juis Kersdag?

Kersdag is vir my familiedag en elke Kersfees wat al my kinders nie by my is nie, is dit of daar ‘n ledemaat kort. Wanneer dit oor misverstande of ander ongelukkighede gaan, is dit soos ‘n stuk van my hart wat met ‘n stomp mes, sonder narkose, uitgesaag is.

Cherish. Vertroetel. Vertroetel dit wat vir jou kosbaar is. Vertroetel elke saamweestyd asof dit jou laaste is.

Weet julle, een oujaarsnag 11 uur het ek my broer gebel en hom vertel hie lief ek vir hom is. Dit was die laaste keer wat ek met hom gepraat het. Die volgende dag was hy dood en tot vandag is my troos die vertroeteling wat daar tussen ons was.

So kan ek aanhou: My pa. Een dag was hy net nie meer daar om te vertroetel nie en was die liefde wat tussen ons was, dit wat my gedra het om sy dood te verwerk.

Vertroetel jou geluefdes. Vertroetel jou vriende. Vertroetel jou kinders, jou ouers, jou skoonouers, jou oupa en ouma, niggies en neefs. Een dag is hulle dalk nie meer daar om te vertroetel nie en wil jy graag, maar kan nie.

Mag ons vergewensgesinde harte hê. Mag ons liefhê. Mag ons ons mense vertroetel.

Toortsie

Advertisements

5 thoughts on “Cherish

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s