Met ‘n kaartjie wat ons vir twee dae toegang gee tot die berge, is ons pad oop! Berge toe met ons!
Ek geniet die manne en vroue en kleine kindertjies wat ski en op sneeuborde ry en ook hulle wat op slee’s ry, maar self is ek te bang. Ons huur ‘n dubbelslee waarop ek en my seun saam kan ry, bergaf. Eers oefen ons ‘n bietjie en durf dan die berg aan.
In rekordtyd skree ek, bid ek, vloek ek so saam met die wegtrek en sien net hoe draai ons op verkeerde plek links, sommer met ‘n skipad af. Ek dink nie my kind het geweet al daai woorde kan uit my mond kom nie! Geskok is ek nou!
Die kranse gee antwoord soos ek skree: ‘Stop! Ons is op verkeerde baan! Ons gaan ons doodval op hierdie baan! ‘ Ons skop met ons hakke in die sneeu en genadiglik stop ons.
Ek het nie verder saamgery nie.
Boeta het die dubbelslee gaan omruil vir ‘n vinniger een en daar gaan hy, berg-af.
Ons het maar so by die trein se venster uitgeloer om te sien of dar nie iewers ‘n man met ‘n oranje hoedjie iewers lê nie.
Vandag is die lot weer berg-af. My hele familie, behalwe ek. Ek het met ‘n slee probeer teen ‘n effense bultjie af vir 2 keer en eerder die trein gekies. Pas in die trein, sien ek my man loop. Een van ons spannetjie het geval en sy slee is bergaf. Hy is toe maar verder met my manlief se slee en ek en pappa kon rustig weer met die trein berg-af.
Die goeienuus is dat iemand met ski’s die slee gaan soek het en gevind het. Nog goeie nuus is elke persoon wat vandag veilig van die berg afgekom het. Die baan was blykbaar uitermate glad en gevaarlik. So bly ek het die trein gekies!
Genoeg opwinding vir twee dae!
Toortsie
Jammer, ek kry nie die foto’s opgelaai nie.
Dis omtrent opwindend. Geniet dit. Hier in Pretoria gaap die kraaie behoorlik. En jy speel in die sneeu. Wonderlike wereld.
LikeLiked by 1 person
☃️
LikeLike
Groot voorreg.
LikeLiked by 1 person
Nee wat Toorts… jy moet oë toeknyp en berg af op ‘n slee 😀😀😀 Dan kan jy dit van jou bucket lysie afmerk. Geniet, geniet, geniet!!!
LikeLiked by 1 person
Die probleem is dat jy nie met jou eie slee gery het nie. Kry volgende keer ‘n enkelslee en bestuur self! Haha, ek het nou jou avontuur geniet!
LikeLiked by 1 person
Ek hét mos 2 keer self gery teen’n bababultjie af met beide brieke vasgeslaan!
LikeLiked by 1 person
Haha, dit tel beslis as ‘n brawe probeerslag.
LikeLiked by 1 person
Lekker banggat! A-Nee–A Wat van jou Voortrekker voorouers?
Hoop jy het die mooiste Feestyd
LikeLike
My voorouers was boere van die Kaap, nie Voortrekkers nie en ek is ‘n ouma met verantwoordelikheid! ☃️ Wat dink jy maak ek met my ruggraat wat alreeds op 2 plekke stukkend is teen so ‘n steil berg af? Mmmm?
LikeLiked by 1 person
Klink lekker, geniet dit.
LikeLike
☃️
LikeLike
Klink prettig, Toortsie!
LikeLiked by 1 person