Om toerfoto’s op sosiale media te publiseer

Ek is altyd huiwerig om my toerfoto’s op sosiale media te publiseer. Baie mense hou nie daarvan nie. Sosiale media se negatiefste punt is dat mense net al die lekker goed sien wat jy doen en depressief raak omdat hulle nie dieselfde geleenthede kry nie. Party mense sien dit as spog.

Wat ek nie op sosiale media verkondig nie, is die negatiewe dinge wat ek ook in die lewe ervaar. Ek probeer om nie vuil wasgoed in die openbaar te was nie. Verder hoef almal mos nie te weet hoe verskriklik hard ek werk, hoeveel opoffering gepaard gaan in my gependel nie, hoeveel pak my rug kry nie. Dis my keuse om dit nie te verkondig nie.

Tog vind ek, as ek toer, hoeveel mense dit dag vir dag volg. Foto vir foto volg. Dit voel of ek ‘n hele groep belangstellende mense met my saamneem. Amper soos familie. Selfs Kameel toer dag vir dag saam en Google waar ons bly, waar ons rondloop, watter plekke ons besoek. Telkens as ek iewers ver toer, sal mense my vra om asseblief foto’s op te sit.

Daarom, in daardie gees plaas ek die foto’s. Vir julle wat daarvan hou, toer gerus in die gees saam.

Kameel, ons was in die Moulin Rouge ook. Dit was smaakvol gedoen, maar Kameel, die klere is soms maar aan die min kant! Die foto’s laai moeilik op!

Julle kan mos glad nie raai waar ons rondloop nie, né?

Toortsie

Advertisements

4 thoughts on “Om toerfoto’s op sosiale media te publiseer

  1. Behalwe vir die paddaboutjies toer ek heerlik saam 😊 Het gaan vroeg slaap so het Moulin Rouge gemis…. sjoe!!! Wag vir jou in Interlaken… was al bo op die berge!!!
    Toorts lewe jou lewe en geniet dit wanneer sulke wonderlike geleenthede oor jou pad kom, en deel dit met ander. Nie nodig om verskoning te vra nie. 😊

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s