Christen vs Gelowige

Christen teenoor gelowige? Hoe dan nou? Is dit nie dieselfde ding nie?

In ‘n Arabiese land wat ek besoek het, word daar onderskei tussen dié twee terme.

In sekere Moslemlande, ander dalk ook, maar ek weet nie van hulle nie, staan daar in jou ID-dokument wat jou geloof is: Hindu, Christen, Moslem, ens. Is jou ouers Christene, word jy as Christen gebore en word dit só in jou ID-boekie aangetoon. Dit kan nie verander word nie, tensy jy natuurlik oorskakel na Moslem.

Dít veroorsaak die behoefte om te onderskei tussen Christene en Gelowiges, want nie almal wat as ‘Christene’ gebore word, is wel gelowiges nie.

Dis of ek al hoe meer van hierdie gedagte hou. In die wêreld is daar sogenaamde Moslemlande, Christenlande, Hindulande en vele meer. Vir jare was Suid-Afrika byvoorbeeld geag as ‘n Christenland, terwyl almal wat hier woon, nie Christene is nie.

Baie sogenaamde Christene se lewens getuig van iets heeltemal anders en, is hulle dalk nie eers gelowiges nie. Christene het in die Bybelse tyd die naam gekry omdat hulle volgelinge van Christus was, en dis eintlik hoe dit veronderstel is om te wees. Tóg gebeur baie onchristelike dinge in die naam van Christen en kry die Christendom daardeur seer. Dit kan natuurlik van elke geloof op die aarde gesê word, almal tree nie altyd 100% volgens daardie geloofsbeginsels op nie. Ek, as oortuigde Christen, maak ook steeds baie foute en tree nie aldag op soos ek moet nie en baie keer nie soos wat ander se idee van Christelike optrede is nie.

Die doel van hierdie skrywe is beslis nie om die deur oop te maak dat Christene op hierdie blad beledig kan word nie. Dit gaan nie toegelaat word nie. Ook nie dat enige ander geloof hier verskeur mag word nie.

Ek wonder sommer net, hoe voel julle oor die term, Gelowige, teenoor Christen?

Toortsie

14 thoughts on “Christen vs Gelowige

  1. Ek glo in God maar nie dat hy ‘n enkel ouer is nie en ek gee ook nie om of Jesus die seun van God was of is nie, ek probeer steeds lewe soos hy gelewe het maar ongelukkig stem ek nie saam met sekere dinge of die gemeenskap nie. Ek is ‘n gelowige, ‘n outsider en dis okay.

    Liked by 1 person

  2. Ek dink ook dis ‘n goeie onderskeid. Ek glo wel in ‘n hoërhand, iut die aard van my opvoeding is ek bekend met die christelike geloofsoortuigings, maar ek glo nie noodwendige alles wat deur christene aan my vertel word nie. Ek glo dat die christelike bybel geskryf is deur gelowiges, maar in baie gevalle “aangepas” is vir daardie dae se politiek. Oor die algemeen leef ek die christelike beginsels uit, omdat baie daarvan sin maak, maar ek beskou nie myself as ‘n dienende Christen nie. Maak dit sin?

    Liked by 1 person

  3. Daar is ook volgens my ń groot verskil en ek wil die terme gelowige omskryf met die term verhouding. Jy is n gelowige wanneer jy ń lewende verhouding met Christus het en Hom bely as die seun van God. Dis ń persoonlike ding ongesg kerk of wet of wat ook al.

    Liked by 2 people

  4. Daar is ‘n LEWE se verskil tussen Christen en wedergebore kind van God te wees. Christen is net ‘n geloof soos enige ander. Jesus het vir Nikodemus gesê as hy nie weer gebore word nie kan hy die Koninkryk van God nie sien nie. Dit is God se Gees in jou wat jou in ‘n verhouding met Hom plaas.

    Liked by 2 people

  5. Daar was ‘n meisie saam met my op skool wat geglo het dat sy baie cool was. As sy iemand wou beledig het sy jou altyd ‘n “Jesus fan” genoem. Nou ja, toe dit my beurt was, het ek geantwoord dat ek ‘n trotse Jesus fan is. As dit my ‘n Christen maak, ja, dan is ek ‘n Christen. Maar ek glo in God, sy Seun en die heilige gees. As dit my ‘n gelowige maak, ja, dan is ek seker ‘n gelowige Christen. 😉

    Liked by 1 person

  6. Ek hou vas aan die 3 eenheid. Ek praat gedurigdeur met my Vader – ek weet as ek voor Hom staan sal Hy my “ken”. Want die hoofsaak is verhouding, verhouding en verhouding. Jesus my rots waarsonder ek beslis nie kan of wil nie, as mense ongemaklik met dit voel is dit glad nie my probleem nie want HY KEN MY NAAM!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!