Ek wonder hoeveel keer in my lewe het ek nie iets gedoen nie uit vrees vir mislukking, of ander kere weer, uit vrees vir sukses. Ek wonder hoeveel keer in my lewe het ek soos ‘n mislukking gevoel, selfs nadat ek my beste gelewer het, selfs al was dit nie ‘n mislukking nie, maar eintlik ‘n sukses?
Voor ek my eerste Transformation Prayer Ministry Kliënt sien, raak ek in ‘n tipe angstoestand. Sê nou net ek kry dit nie reg nie? Sê nou net dis ‘n mislukking? Wie is ek om te dink ek kan as fasiliteerder optree sodat ‘n mens met God in aanraking kan kom?
Die TPM vraag kom in my kop: Hoekom is ek dan so bang? Dis tyd vir TPM op myself.
Ek ontdek is ek bang vir die verwagting wat ander mense dalk op my mag hê en dat ek nie daaraan sal kan voldoen nie! Ander mense se verwagtinge, of dit wat ek dínk dit is, maak dat ek sommer opgee voor ek nog begin! Dit wat ek dink ander verwag van my, veroorsaak dat ek in vrees en bewing sit! Heeltemal onnodig!
In daardie TPM-sessie op myself wys God vir my dat Hy my gekies het om dit te doen, Hy het my self toegerus en soos ek mos al lankal weet, sal Hy my nie alleen los met die kliënt nie!
In elk geval, die kliënt het met geen vooropgestelde verwagting gekom nie, sy het met liefde en begrip na my gekom en God was self daar en ons het dit ervaar!
Vandag preek ek vir myself. Wat maak die verwagting van ander mense, meestal onuitgespreekte verwagting, soms een wat ek self fabriseer, saak? As ek vir iemand ‘n geskenk in liefde gee en die persoon se verwagting was anders, het ek mos my deel gedoen. Dit maak nie van my ‘n mislukking nie!
Ook vir jou. As jy jou beste gedoen het, in liefde, is dit goed genoeg. ‘n Ander moontlike verwagting van die ander persoon maak nie van jou ‘n mislukking nie. Dalk het jy net verkeerd verstaan wat die persoon bedoel het. Dalk het hy nie sy verwagting duidelik gekommunikeer nie. Ja, ons móét altyd poog om te verbeter aan onsself, maar dalk was ons reeds op ons beste?
Laat ons voluit leef in liefde!
Toortsie
Toortsie by Finesse: Toe kom die reën
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal
#tpm #tpmsa #tpmbredasdorp #tpmriversdal
Wat ñ voorreg om mense so te kan lei, Toortsie. Soos jy sê, God sal jou nooit alleen los nie.xx
LikeLike
Die mooiste van alles is, by TPM lei jy nie regtig nie, jy volg eintlik eerder die persoon waar hy gaan! Ongelooflik!
LikeLike
Geweldige voorreg is dit beslis. Jy betree letterlik heilige grond.
LikeLike
Dink jy moet bietjie TPM op my doen….. het bietjie groot skrik weg…. in hospitaal opgeneem gewees met ‘n “heart rate” van 150. Reg geskok. Toorts, ek dink juis om Jesus te volg vat Hy jou plekke waar jy na asem snak. Hy het goed geweet wat gaan volg toe hy sy disipels in daardie bootjie laat klim, en toe gaan lê en slaap het. Hy vat mens definitief uit jou comfort zone uit.
LikeLiked by 1 person
Kom kyier dan doen ons dit, of jy kan daai nommer bel. 😁 By TPM het hul die kursus begin deur te sê: Jy kan slegs op water loop as jy uit die skuit klim. 🛶
LikeLiked by 1 person
Presies!!!!
LikeLike
Ek hoop jy voel gou beter.
LikeLike
Dankie Toorts. Die hart bietjie omgekrap.
LikeLike
❤️
LikeLiked by 1 person
Dis so belangrik. Hoe geneig is ons om altyd fout te vind met onsself? Ek dink jy sal nbwonderlike fasiliteerder waas
LikeLiked by 1 person
Sal my bes doen. ❤️
LikeLike
Toortsie, ek hou van die laaste sin. Alles draai daarom…..en soms sukkel ek so daarmee.
LikeLike
Ek moes nou eers weer loop kees het wat ek geskryf het. Onthou, eerste van alles skryf ek mos vir myself! Ons het almal soveel bagasie wat ons saamsleep.
LikeLike
Ek wens ek was nader aan jou in die werklike wereld. Sou dolgraag so iets wou doen
LikeLike
Soos TPM? 😁
LikeLike
Ja. Maar jou link wil nie vir my werk nie?
LikeLike
Mag ek vra waar jy is? Daar is TPM fasiliteerders regoor die land. Ek sou dit natuurlik graag met jou wou doen!
Hul gaan nou ‘n app ontwerp waarin al die fasiliteerders gelys is en die dirpe waar hulle beskikbaar is.
LikeLike
Ek is in Harties hier onder Una se blad.
LikeLike
Ek weet dat daar in Pretoria oulike fasiliteerders is.
Maar as jy vir Una het, het jy niks meer nodig nie!
Ek weet nie wat daardie link bedoel nie.
As jy ernstig oorweeg om ‘n TPM fasiliteerder te kontak, epos my dan stuur ek jou ‘n nommer. madeleburger@gmail.con
LikeLike
Una was al die jare my berader, maar ek dink soms ek moet myself uit ‘n ander hoek benader en sy ken my BAIE goed.
LikeLiked by 1 person
Com
LikeLike
Van watter link praat jy?
LikeLike
onderaan jou kommentaar is daar ‘n link. polldaddy. ?
LikeLike
Weet nie wat dit is nie
LikeLike