Capital Singers se tweede opvoering was selfs beter as die eerste een gisteraand. Wát ‘n belewenis!
Ek en my vriendin gaan nou eers huis toe en sal nie môre-aand daar wees nie. Dit was ‘n groot geleentheid. Ek het nie woorde om dit te beskryf nie. Dit was fantasies, ongelooflik. Uit ‘n ander wêreld.
Dankie aan my liewe Here dat Hy al die pad saam met my gekom het. Dankie dat my stem en my rug gehou het.
Dankie aan my man wat my dit gegun het om te kom in ‘n tyd wat dit regtig rof gaan op die plaas.
Dankie vir Annabelle wat my geleer het van Capital Singers en langs my gestaan het in die koor, wat haar oor my ontferm het.
Dankie aan Christo Burger en Micheal Barret, ons uitstekende dirigente vir al die ure wat julle ingesit het om hierdie produksie moontlik te maak en dat julle ‘n gewone boervroutjie uit die Overberg die geleentheid gee om te proe hoe professionele musiekmaak moet smaak. Dankie vir Janine Neethling vir die pragtige musiek.
Dankie Corlea Botha dat ons saam met jou kon sing. Jy het ons harte behoorlik gewen.
Dankie vir Liezl wat my saamgenooi het en vir elke nuwe vriendin wat ek op die verhoog kon maak. Dankie vir Riekie wat vir ons elke aand veilig by die Staatsteater en terug by die huis besorg het.
Capital Singers! Julle is wonderlik!
Groetnis
Toortsie
Dis beslis n geleentheid vir n leeftyd. Dis lekker om so saam met jou die opwinding te kon beleef.
LikeLiked by 1 person
Ons was gisteraand in die gehoor. Wat ‘n belewenis! Julle is ‘n fantastiese groep sangers wat so ‘n produksie in so ‘n kort tydjie suksesvol aanmekaar kon sit!
Ek het jou gesoek Toortsie!!
LikeLiked by 1 person
Ek was daar! 😁 Daardie afrigters is uitstekend!
LikeLike
Ek glo hierdie was vir jou ñ grootse belewenis, Toortsie. En ek weet sommer jy was ñ blessing vir ñ hele paar mense, insluitend vir my. Nou is dit huis toe, en inpak!!! Ag, wat ñ heerlike tyd lê vir julle voor! Gaan jy van daar af kan blog en ons wys waar en wat??
LikeLiked by 1 person
Jajaaaa! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek moes een van jou kommentare sowaar uit die spam-boksie gaan red! Vreemd. Man ja, ek dink my grys hare wat nou so mooi blond gekleur is, lyk goed. En ag, die swempakkie is effe knap…☺☺☺
LikeLiked by 1 person
Knap swempakkies! 😂
LikeLiked by 1 person