Ek het julle gesê Toortsie moes eerder by die huis gebly het, maar julle wou mos nie hoor nie!
Toortsie het mos ‘n ou probleempie. Die wasters in haar oogkraantjies sluit nie meer so dig nie, en op die onmoontlikste tye begin die kraantjies lek. Die oogkraantjies, bedoel ek.
Nou ja, vanaand, of was dit al weer gisteraand, dis 12 oor 12, sien ek, was dit toe die eerste vertoning van Capital Singers Jingle All the Way.
Ai tog, Liezel het so mooi gebid voor ons op die verhoog gaan dat ons mooi sal sing en tog nie huil nie, maar toe die gordyn lig en Toortsie sien al die mense, toe trek haar keel toe en die oogkraantjies se wasters lek. Gelukkig net ‘n rukkie, maar wie tjank nou op ‘n verhoog terwyl die saal vol mense sit? Skande op die huis!
Weet julle, né, die verhoog staan vol gestapel met sangers en die orkes en dirigent en Corlia, omtrent 683 van ons, en daar waar die verhoog stop, begin die gehoor, blykbaar 1380 mense, dit lyk soos ‘n see van mense. Golwe vol mense. Kan julle julle indink hoe dit klink as al daardie 2063 mense as my somme reg is, mens maak nie hierdie tyd van die aand meer somme nie, almal saam, uit volle bors, ‘Kom alle getroues‘ sing, terwyl ‘n simfonie-orkes die begeleiding doen? Nee, ek dink nie julle kan julle indink nie en as ek julle vertel, gaan julle my in elk geval nie glo nie! Al wat ek weet, oogwasters werk nie sulke tye nie, in elk geval nie by die Toortsie nie!
En, terloops, as jy nog sou wou kom luister, maar jy het nie ‘n kaartjie nie, is jy klaar te laat, daar was nog net een plek oor en hy is seker ook al opgeraap. Ek hét julle gewaarsku!
Al wat ek wil sê is, behalwe vir die trane, was daar nog ‘n skande! Toortsie se woorde het opgeraak! Dit was só fantasties, ongelooflik, uit ‘n ander wêreld, hemels, Toortsie het nie woorde gehad om dit te beskryf nie, so julle kan net dink!
Groetnis
Ursula
Foto geleen by Capital Singers se Facebook blad.
#capitalsingers
Wat ‘n wonderlike belewenis Toorts. Jy mag maar huil….. dit moes na so ‘n stukkie uit die hemel gelyk en voel het. Lekker sing tot die huis….. mmmmm….. ‘n ander plek jou roep. 😊
LikeLiked by 1 person
Ai, hulle roep, hulle roep! Mens kan Toortsie mooi aantrek, maar jy moenie haar iewers heen neem nie! 😁
LikeLiked by 1 person
Jy het jou heel goed gedra by Blue Crane!!! Ek was bang ons word daar uitgeskop en dan mag ek nie weer daar langs die water gaan sit nie. Dankie dat jy jouself so mooi ingehou het 😁😁😁😁😉
LikeLike
Dit was erg! 🤩
LikeLiked by 1 person
Sien ek nou reg! Dis sowaar Ursula wat so ń bietjie hier oor Toortsie kom skinder? Ai, ek wens ek het gaan kyk!
LikeLiked by 1 person
Ursula is soos ‘n skim, mens weet nooit waar sy uitdop nie!
LikeLiked by 1 person
Tyd dat sy bietjie meer inloer.xx
LikeLike
Liewer nie! 😱
LikeLike
Awesome! Dit klink vir my n belewenis met so baie mense saam. Mens kan mos nie emosieloos onder sulke omstandighede wees nie.
LikeLiked by 1 person
Net so! 😁 Ursula is weer uit haar plek uit!
LikeLike
Sien so!
LikeLiked by 1 person
Dit klink vir my heel normaal om te lek onder sulke omstandighede. Gelukkig was dit tydelik en kon jy sing.
LikeLiked by 1 person
Ja dit wasgou onder beheer! 😁
LikeLiked by 1 person
Die hewigste emosie wat ek nog ooit ervaar het tydens ‘n Capitals optrede, was die finale aand en finale lied by Fantasia. Duisende liggies het by die gehoor begin beweeg, en toe val die koor sommer ook in met hulle eie! Dit was ver by aandoenlik verby, en dit terwyl ons When you wish upon a star sing…
LikeLiked by 1 person
Oooooeeeeee sug. Ons kan ongelukkig nie bly tot Don aand nie. Vanaand my laaste keer.
LikeLike
Maar ek kom weer! As ek kan. 😁
LikeLike
So jammer julle mis die grootte!! Maar dit is baie verslawend, jy sal weer wil kom
LikeLiked by 1 person
O ja ek wil!
LikeLike
Sing jou hart uit suster. Dis nie elke dag dat ‘n mens so ‘n geleentheid kry om èèn te wees met soveel ander mense nie.
LikeLiked by 1 person
Regtig ja. Dankie
LikeLiked by 1 person
Ag dit klink hemels, wens ek was daar
LikeLike
Ek het dan gisteraand vir jou gewaai! 😁
LikeLike
Klink my jy het so getjank jy het vergeet om te waai. LOL
Ek sou ook, ek wens ek kon sing <>
LikeLiked by 1 person
LikeLike
Toorts – Is die julle?
LikeLiked by 1 person
Hoebedoel mevrou dan nou?
LikeLiked by 1 person
Iemand het ‘n video gepos wat ek geshare het. Maar ek is nie seker of jy dit kan sien nie?
LikeLiked by 1 person
As dit Capital Singers Jingle all the Way is, is dit ons.
Watter lied is dit?
LikeLiked by 1 person
Dis gepos deur Vinnie Henrico wat die drommer was by julle konsert. Ek dink dis O holy night, dis net ‘n klein stukkie
LikeLike
Ek gaan kyk of ek dit kry.
LikeLike
Hoe bedoel jy?
LikeLike
Verlig en bly dat jy Ursula saamgebring het, anders was sy baie seergemaak…
LikeLike
So bly iemand is oor haar besorg 😀
LikeLiked by 1 person
Want vir ons is ‘n Seun gebore
LikeLiked by 1 person
Jaaaa! 😁
LikeLike