Kameel – die fees hou aan

IMG-20171206-WA0032Hier sit ek nou ‘n uur te vroeg (was ek ‘n man kon ek sê gesuit en getie) by die kerk. Dit is die seniors se kersfees ontbyt, en as ek eerlik moet wees was ek vanoggend min lus daarvoor. Sou veel eerder wou omdraai en verder slaap. Maar Ken – wat my nie vandag vergesel nie – was vasberade dat ek gaan, en vra dat Marlé vir my uber speel. So deur die slaap vra ek hoe laat begin dit, waarop hy heel geirriteerd antwoord dat hy hoeveel keer al vir my gesê het nege uur. Mansmens!!!!!

Was hy nou saam met my sou ‘n mens die hele uur mense êrens hoor lag het. Hy ken mos al wat leef en beef, en maak grappies waar hy gaan. Die vrou wat vir my die kerkkantoor kom oopsluit het – sodat ek gemaklik kan sit – sê so in die loop vir my Ken is ‘n fees, en ek lag seker baie. Ek antwoord heel ernstig dat my kroon in die hemel besig is om daagliks in lengte toe te neem…. en ek nie kan wag om te sien hoe hoog hy al is nie.

Dit is nou drie en ‘n half ure later en ek is poegaai. Die fees was heerlik. Fritz, met sy krulhare, guitaar en mooi stem het vir ons gesing. Ons het later saam kersliedere gesing, en na die gebed geeët!!! Ek het Jesus se opdrag dat jy ander voor jouself moet stel in werking gesien. Soos ‘n regte dame het ek aan tafel bly sit terwyl ander my eers bedien, en daarna agter in die tou gaan inval het om hulle kos te kry. Die rede is natuurlik my dronkkop.

Dieselfde kop sê nou vir my genoeg is genoeg. Gaan lê skuins, maak jou oë toe en slaap. Droomland hier kom ek!!!

En nogsteeds is die feesgety nie verby nie.

 

 

23 thoughts on “Kameel – die fees hou aan

    1. Dankie Una ek het heerlik geslaap en sopas van Ken gehoor ons kry besoekers vanaand…. ek moet aantrek. Gedog ek bly sommer in my japon aangesien dit so lekker sous buite. The joys of life 😕

      Like

  1. Kameel dit klink lekker. Dronkkop kug-kug? Ek kan vir jou die kontaknommers gee van organisasies wat jou daarmee kan help en dit senstief en konfidensieel sal hanteer 🙂 Ek vermoed jou kroon het pas nog entjie gegroei…

    Like

    1. Jy bedoel daar waar ek moet sê “Ek is Kameel, en ek is…..” Abrie, ek het ‘n vermoede ek gaan nie daardie kroon op my kop gebalanseer kry nie. Neeeeee! Nie oor my dronkkop nie….. oor my kroon wat vandag drasties in lengte toegeneem het!!!

      Liked by 1 person

        1. Abraham!!! As dit nie jou volle naam is nie is ek jammer…. maar daar kom tye wat dit vir my nodig is om ‘n mens op sy volle naam aan te spreek.

          Like

    1. Dankie Toorts. My brein is oorgestimuleer…. kannie afskakel nie…. so hier lê ek nou en rondrol. Geniet jou dag…. en sterkte vir die laaste optrede. Of is dit tweede laaste?

      Liked by 1 person

  2. Te heerlik om so fees te vier. Dankie dat jy dit met ons almal deel Dis lekker om almal se feesplesier te lees. Geniet jou dag more en ook die naweek. Hier is dit bloedig warm. Skool is vandag see-toe. Dis n jaarlikse dag uitstappie. Ek dink hul gaan doodbrand. Kinders ken mos nie van end kry nie.

    Liked by 1 person

    1. Vandag scrapy bly ek in die bed…. koud eb reënerig. Vir ‘n verwondering het ek nuks aan nie…. bedoelende batuurlik okasies. Gisteraand kom kuier my susters se twee dogters hier. Die een kom nounet van Zambië af waar sy swot. Dis ‘n lag en gesels en daar kan ek nie weer my kop afgeskakel kry kie. Oorvol…. oornoeg…. oorhoeks. Slaap jy nou lekker…. jou rustyd lê voor die deur. En mag julle spoedig reën kry!!!

      Liked by 1 person

      1. Ag dis ook nodig om so bietjie in die bed te bly vir die rustigheid. Kan my indink dat dit n gekuier vir Afrika was. Jy moet maar rustig bly daar lê nog n paar besige weke voor voordat die jaar ook weer verby is. So stadigaan kom al die afskei/y de/te ook so stadig maar seker verby. Dankie hul voorspel net so n buitjie maar dis eers more. In tussentyd skroei alles dood. Self my klein stroompie is amper opgedroog- eerste keer van dat ek hier bly so min water.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!