Die lewe gaan aan

Die brein is ‘n wonderlike ding en word getiekel deur die vreemdste goed.

Hierdie Capitla Singers-week het net op die regte tyd gekom. ‘n Skielike tot stilstandkomweek in my geharwar lewe. Nee, dinge het nie gaan stilstaan nie en ons werk en oefen hard by die koor, maar om hieraan te kon deelneem, was ek verplig om my vir die hele tyd uit my omstandighede te onttrek.

In die koor ken ek min mense, het nuwes leer ken en nuwe vriende gemaak. Mense wat ek vaagweg geken het, staan nou nader in my hart.

Hier is ook mense wat my aan ander mense laat dink en ander mense wat weer sekere gebeure in my hart oopgrawe.

Toe ek die aand in my Bybel lees in Jer 17:7 dat dit goed gaan met die mens wat sy vertroue in God stel, kan ek net dankbaar nabetragting hou oor die wonderlike week, oor die vertoning, maar sommer ook oor die jaar. Dit was ‘n woeste jaar waarin ek baie aanpassings moes maak. Ons het getrek, ons moes aanpas by pendel, ons hele boerdery-opset het verander. In ons gesin het daar ook groot veranderinge gekom, gemaklik, sowel as ongemaklik. Ons het groot stappe geneem, party moeilik, ander makliker.

Maar wat ek in my gedagtes oor die jaar besef het: Ons lewe het aangegaan. Ons is nog die mense wat ons in die begin van die jaar was, maar ook nie. Ons het aangepas by ons nuwe omstandighede. Hier en daar lê nog ‘n klip in die pad en moegheid en ander dingetjies eis sy tol, maar ons het die pad geloop. Nuwe foute gemaak, nuwe dinge reg gedoen, maar ons het geleef. Regtig geleef.

En toe beaam Jer 17:14 dit net verder, dat as God gesond maak, raak ons regtig gesond en as Hy bevry, word ons regtig bevry. Mag jy ook hierdie waarheid ervaar, dat God jou genees en vry maak.

Groetnis

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap. Bookmark the permalink.

6 Responses to Die lewe gaan aan

  1. Ja die lewe loop sy eie loop!

    Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Jy stel dit so mooi hier, Toortsie. Ek vat ook Jer 17: 11 vir myself.

    Like

  3. dromer777 sê:

    Dis so waar. Die lekker en die ongemaklik loop saam!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s