As jy musikaal is

Dirkie skryf van die oulike dogtertjie wat voor haar in die kerk gesit het, doodstil. Sy, en haar pop, het hulle gedra. Niemand het met mekaar gepraat nie. Toe die musiek egter begin speel, begin sy dirigeer. Perfek. Op maat van die musiek. ❤️

As jy musikaal is, is jy musikaal.

Ander goed seker ook. As jy sportief is, is jy sportief. As jy syfervaardig is, ís jy syfervaardig. Kleintyd al.

My dogtertjie was nog baie klein, sou sy drie jaar oud wees? Ons het Holiday on Ice in die Kaap gaan kyk, ons en my broer-hulle en hulle dogter. Die niggie, nie musikaal nie, maar met baie ander talente, het by liedjie nommer 2 al verveeld geraak. Die aand het vir haar ekstra lank geraak. Gelukkig het ons redelik agter gesit en was daar ‘n bietjie ‘spasie’.

Ons dogter het daardie aand vir my baie meer openbaar as wat sy ooit sou weet. Sy was van die eerste oomblik af ‘in die musiek’ . Haar lyfie het reageer op die musiek, soos net ‘n mysieklyfie kan reageer daarop. Sy het redelik stil gesit, maar die lyfie het saamgedans, beweeg, presies in tyd, in ritme. Onopgesmuk. Niks oordadig nie. Nie ‘afshowerig’ nie. Natuurlik. Vanself. Sy was vasgevang in die vertoning tot die heel laaste noot.

Daardie aand het hierdie moederhart geweet wat sy moes weet, wou weet. Daardie aand het my in my besluit gehelp dat ek vir haar, binne my vermoë, die hekke sou oopmaak, dat, sou sy ooit in so ‘n rigting wou gaan, die fondamente reg gelê sou wees. Sou sy iets anders kies, sou dit ook reg wees.

Vandag kyk ek met ‘n dankbare hart terug. My gewaarwording was nie verkeerd nie.

Groetnis

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Om ma te wees, Opheffingswerk; Opvoeding, Ouerskap en ouerleiding, Uncategorized. Bookmark the permalink.

10 Responses to As jy musikaal is

  1. travel460 sê:

    Die wonderwerke van ons lewens. Daardie insig wat ons van Bo af kry, en wat ñ eenhonderd verskil in iemand se lewe maak. Hierdie skrywe van jou is pragtig, Toortsie.

    Like

  2. ddupl3ss1s sê:

    Pragtig! Ek dink aan jou kind altyd as ek fluitmusiek hoor of luister!

    Liked by 1 person

  3. Kameel sê:

    God se skepping is wonderbaarlik. Twee dogtertjies…. verskillende talente. Jy het goed gedoen om haar rigting aan te wys 👭

    Liked by 1 person

  4. Ja, ‘n ma weet……….

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s