Wat ‘n dag!

Wat ‘n dag! Wat ‘n belewenis!

Ek en my vriendin het mos al die pad gekom vir die Capital Singers in Pretoria, nie om te kom kyk nie, maar om deel te neem, soos my blogmaats mos nou al sal weet.

Jy kan sê wat jy wil, ek wás maar bang. Ek het jare laas in ‘n koor gesing! Ja, ek hét altyd sopraan gesing in die ou dae, maar wel, dit was die ou dae!

So met die oefenry het my stem al heser geword en ek banger. Kyk hoe maak ek nou ‘n toffie van my naam!

En toe, vandag 12 uur, kom ons bymekaar in die staatsteater, 650 koorlede en nog die orkes daarmee saam. Ons pak die verhoog vol en begin sing!

En ek? Ek staan vir eers en tjank!

En net daar is al die bangheid weg en die ganskeel wat ek al weke saamdra, ook! Ek ken mos die musiek en sing tog te lekker saam. Ek staan in verwondering. Dis engelesang!

Ek verwonder my aan die twee dirigente, Christo Burger en Micheal, wat beurte maak, hoe hulle hierdie massa mense perfek beheer, ons sing soos een man saam!

Die orkes is van die beste. Nee! Hulle ís die beste!

So, is jy in Pretoria se omgewing? Daar is nog ‘n handjievol kaartjies oor vir die konserte van 3 en 4 Desember. Donderdag is reeds uitverkoop. Moenie hierdie geleentheid misloop nie, jy gaan spyt wees! Kom kyk vir ons!

En terloops, ek staan langs Annabelle Lombard, mede-blogger. Dis immers sy wat my vertel het van Capital Singers en watter beter plek vir twee blogmaats om te ontmoet, as juis Capital Singers se verhoog!

Toortsie

Dis onbeskryflik!

17 thoughts on “Wat ‘n dag!

Gesels saam, asseblief!