Enige iets kan as aanknopingspunt dien

Dis eintlik die patties wat my na Stears gelok het, sonder die broodjie, natuurlik. Daar gekom, kry ek lus vir die hoender.

Mag ek ‘n halwe hoender kry sonder tjips, maar met slaai asseblief? Ja, maar die hoender gaan ‘n halfuur neem.

O, gee dan maar die ribburger sonder die broodjie en die tjips met die Griekse slaai asseblief. Mevrou, ek wil net sê dat die rib beenloos is. (Ek het dit eintlik besef. )

In daardie geval, gee vir my die spare rib met die Griekse slaai asseblief. Mevrou, dit kom met tjips. Dis reg, jy mag die tjips vir jou vat. Dankie mevrou. Reuse glimlag.

Hou mevrou nie van tjips nie?

Eintlik hou ek baie van tjips, maar dit maak my ongelukkig siek.

Ek betaal en draai om. ‘n Duidelike stem agter my vra: ‘May I have your chips, please?’

Ek antwoord dat ek dit graag vir haar sou wou gee, maar het dit nou klaar vir die ander man belowe. Sy sê vriendelik dat sy dit nie regtig wou hê nie, sy wou sommer sien wat ek gaan antwoord.

Sy vra of ek alle stysel uitsny en ons gesels tog te lekker daaroor vir ‘n minuut of twee.

Hoekom skryf ek hierdie ou eenvoudige storietjie? In my dorp sou dit nie vreemd wees nie, maar dit was in Johannesburg, in Engels, oor die kleurgrens heen, tussen vreemdelinge, in ‘n land waar rassekwessies hoogty vier. Waar ongeduld tussen mense van verskillende rasse, rassehaat, opgeblaas word tot aan die uiterste.

Wat het ek ervaar? ‘n Hele klomp vriendelike, laggende Suid-Afrikaners wat staan en skerts het met mekaar, totale vreemdelinge, maar vreedsaam, lekker, mooi.

Ek hoef niks verder te sê nie. Ek dink net ons moet oppas wat ons deel op sosiale media, dat ons eerder die mooi deel en versprei. Al nuus wat ek lees, is Facebook se nuus. Help my dat dit goeie nuus sal wees.

En regtig, die Uberman wat ons kom optel het, was vriendelik, netjies, beleefd, professioneel.

Nou is ek steeds lus vir die patties wat ek nie bestel het nie!

Groetnis

Toortsie

Advertisements

31 thoughts on “Enige iets kan as aanknopingspunt dien

  1. Baie oulik. Hul isook almal gewone mense soos ek en jy. Dis so lekker om meer te wete te kom van ander. My tydperk wat ek in biblioteek gewerk het het ek geniet om met die kinders of studente te werk en te help met hul projekte. Daar was nooit jy is dit of dat, ons was almal op selfde golflengte.
    Is jou tweede resepteboek al te koop? Ek het vir Tina aangesê om vir my een te koop en te stuur as dit kan. Of tewel sy betaal en jy stuur hom vir my asdit sou wees. Ek dink net dat die feestyd dalk eers moet verby kom.

    Like

    1. Ja dit is al te koop. Ons kan wag tot volgende jaar as jy wil. Jy het laas so goed reggekom met Paypal. Daar is net ‘n probleempie. Lugpos oorsee kos R200. Weet jy nie eerder van iemand wat NZ toe kom nie, dan stuur ek dit vir daardie persoon om saam te neem? Os NZeelanders wat vir die kersseisoen SA toe kom nie? Dis of ek onrustig is oor die gewone internasionale pos. Ek het in Feb ‘n pakkie Australië toe gepos wat nie daar uitgekom het nie.

      Like

      1. Ja ek dink ons moet maar wag tot die nuwe jaar. Tina wil vir my geld stuur toe stel ek voor dat sy liewerjou boek moet koop as sy rerig iets wil gee. Hier is nogal Afrikaanse families in die skool. Die een vroutjie was juis vir vier weke terug egwees. Sal bietjie hoor of van hul familie nie dalk oorkom as dit is. Goeie plan!

        Liked by 1 person

  2. Politiekelary hits rassehaat aan, gewone mense op straat gee die meeste van die tyd opreg om vir mekaar. Ek hou van jou patty storie. Dit is mooi, ek hou van jou siening rondom die nuus, ek hou van jou banting maar ai, ek sukkel om nie ‘n nuusvraat te wees nie, en brood o brood, wonderlike lieflike brood… 🤔🤗

    Liked by 1 person

  3. Toortsie moet met jou saam stem. Ons was verlede week 3 dae in Gauteng en moes noodgedwonge uit eet. Ek kan op die oomblik net baie baie sagte kossies eet/drink en het by elke plek as ek my probleem vertel en my behoefte die wonderlikste diens gekry.

    Liked by 1 person

  4. Toortsie, jy is lafenis vir my siel, en vir my beenspiere wat vanoggend protesteer. En vir al my ander my ander skete waarvoor ek Capital Singers nie kan blameer nie!

    Ek is n Capitals Veteraan, wil ek myself noem, hierdie is my sesde. En alles pyn nog elke keer 😂

    Groetnis
    Amanda

    Liked by 1 person

      1. Ek is N15, alt, reg in die middel langs n sopraan! Ek ken vir Annabelle, sy en my dogter, Melissa, sing al van die heel eerste een af en het daar pelle geword. As jy in die asemskeptye naby Annabelle is, gaan ek jou opspoor!

        Liked by 1 person

      1. Ek salueer julle!! Ek en my kontingent is van Kempton Park. Ons het vroeër vanjaar wel die uittog Kaap toe aangevat toe Capitals Woordfees toe is. Met verskuilde agenda en al. My jongste woon in Kaapstad. Dus had ons blyplek én sy kon saam sing

        Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s