Hier is ons nou!

Erg karaktergetrou, het ek ingeskryf vir die Capital Singers vóór ek gedink het en toe die dink inskop, myself byna boeglam geskrik: Wat op aarde het ek aangevang? ‘n Mens pak nie hierdie tyd van die jaar sulke goed aan nie, dis mos lawwigheid! Hierdie tyd van die jaar is reeds rof genoeg soos dit is, mens laai dit nie onnodig vol nie!

Maar ingeskryf het ek ingeskryf en week vir week het die e-posse met instruksies gekom: Hierdie week oefen ons hierdie liedjies, volgende week daardie en terloops , dis nie liedjies nie, dis volwaardige koorstukke. Fantastiese verwerkings.

Ek sing en sing, as ek pendel, sing ek uit volle bors, ek stap op die maat van Santa Baby met my honde, ek staan kiertsregop met my lêer en sing, sing, sing. Kyk, ek sing gewoonlik baie, maar my keel en stem moet koorfiks word op toonhoogtes waaraan ek lankal nie meer gewoond is om te sing nie.

Ek sing myself hees en lawe my keel met Strepsils en Titanium en witblits en heuning. Gee iemand raad, volg ek dit.

Vroeg vanoggend toe ek my aantrek, gee ek ‘n opgewonde lag en sê,’Yes’, dis hier! Dankie, DANKIE, DANKIE dat ek so karaktergetrou opgetree het en gedoen het voor ek dink! Dis ‘n eenmaal in ‘n leeftyd geleentheid en ons gaan voluit.

So, vandag het ons amper ons vliegtuig verpas, maar nie, Gautrein gery, die taxi/Uber-politiek ervaar, ‘n vriendin raakgekuier en ons stemme gelawe met sjerrie. 😁

Ons is hier! Yesssss!

Kyk bietjie hierdie fantastiese dokumentêre video. Maak asb seker dat dit wel die Kwela een is. Dit was by die vorige Capital Singers opgeneem.

Groetnis

Toortsie in Tretoriaaaaaa

En Kameel, hier reën dit nou. Waar is my flipfile om my teen die Transvaalse weer te beskerm?

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

21 Responses to Hier is ons nou!

  1. Kameel sê:

    Ek kan maar net vir jou lag met al jou dinge. Welkom in ons valley…. ‘n donderslag of twee mag julle soos kanonskote.verwelkom 😊 Hoop nie jy treë Maandagaand op nie…. jou stem gaan moeg gepraat wees.

    Like

  2. So jy sluit jou jaar af met “A BIG BANG”. Dis fantasties om so te gaan vir n ding dit hou die gees jonk(Wil nie rerig liggaam sê nie want die protesteer stilletjies terwyl jy jou gate uit geniet)
    Lekker sing!

    Liked by 1 person

  3. Andorize sê:

    WOW Toortsie, het jy my nou opgewonde gemaak met die skrywe! Ek sou nooit hiervan te hore gekom het as ek nie jou blog gelees het nie. Hierdie aktiwiteit kom beslis op my lys vir volgende jaar, dis ongelooflik vir ons wat lief is vir musiek en in die besonder koormusiek. Sjoe!

    Liked by 1 person

  4. Wow! Dit gaan so ‘n besondere ervaring wees om deel te wees van so ‘n geleentheid. Ek hoop daar gaan weer videos gemaak word van die geleentheid? Sorg dat jy reg voor die kamera staan en sing.

    Liked by 1 person

  5. Wouw ek bewonder jou dame met vele talente. Geniet Pretoria.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s