Lê-jou-eier: Jy leef net eenmaal
En daaroor is ek baie bly. Ek het nie in my jongdae.geskroom om die lewe vas te gryp, en die bak tot op sy bodem leeg te lek nie. Ek het genoeg gedoen, gesien en beleef om my twee leeftye aan die gang te hou. Dit was met groot hartseer, maar ook met groot dankbaarheid dat ek hierdie stuk “Wanneer God Vergewe,” jaaaare gelede geskryf het.
Daar was ‘n dag toe ek die deur agter ‘n man en kinders toegetrek, en die wêreld ingestap het – op soek na my potjie goud aan die voet van die reënboog. Ek het die lewe wat die wêreld bied met albei hande vasgegryp. Ek wou elke oomblik ten volle geniet, elke druppel uitsuig, my in die volheid daarvan versadig. Maar die heuningsoet smaak wat dit op my tong moes bring was galbitter. Dit het my leeg, koud en eensaam gelaat. Met gedrogvingers het vrees my lewe omklem – my nag, na nag in agsweet laat wakkerskrik. My reënboog het van kleur verander; dit was grou, dof en skrikwekkend. En onophoudelik het dit deur my siel weergalm; EK WIL LEWE, LEWE, LEWE!
Vanuit die hemel buk God af:
Jy soek na lewe? – Ek is die weg, die waarheid en die lewe.
Jy wil versadig word? – Ek is die lewende brood, as iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid.
Jy wil jou dors les? – Elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie.’
Ek steek my hande uit – “Gee my hierdie lewe, Heer!”
Die dae word maande, die maande jare – en God is besig met sy vernuwingsproses. Hy kap en saag, skuur en hamer, breek en bou – en ek, ek kreun en huil, lag en juig; EK HET DIE LEWE GEVIND!!
Dan, is daar weer ‘n dag – My huis word met kinders gevul. Nie net my eie nie, maar ook ander s’n. En ek onthou – lank, lank gelede, was daar twee kindertjies; ‘n swartkopseuntjie met ‘n hemelglimlag, en ‘n ander enetjie met sprekende bruin oë.
“Here, ek verstaan nie – hoe kan U my ooit weer vertrou?”
Soos ‘n ligstraal breek dit deur die donkerte; God se vergifnis is volkome!! Selfs in die areas van ons grootste mislukkings, vertrou Hy weer!!
Dié wete vou my toe – bring vrede en geluk. In my hart is daar ‘n lied, om my mond ‘n lag: “O, die heerlikheid daarvan wanneer God vergewe.”
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=751225
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Kameel, as ek jou tog net by my een meisiekind kan uitbring. As sy tog net in werklike woorde kan hoor van iemand wat die paadjie gestap het. Nou kan ek net bid, en my knieë is reeds rou. Maar aanhou, sal ek.xx
LikeLiked by 2 people
Hou aan bid Una, hou aan bid. My lewe was in ‘n verskriklike gemors en ek het om elke hoek en draai gehoer en rumoer om die pyn te probeer verdof. In daardie walglikheid en donkerte het Jesus net eendag ingestap en my syne gemaak. My ouma was nie verbaas toe ek by haar buk en vir haar vertel nie…. sy het haar hand op my kop gelê en gesê “Ek weet my kind ek het al hierdie jare vir jou gebid.” Dankie ouma, dankie aan elkeen wat daardie jare bly bid en glo het dat daar hoop was vir ‘n absolute verlore siel. By Jesus is daar altyd hoop Una!!!!
LikeLiked by 2 people
Dankie vir jou getuienis en woorde, Kameel. Ek is regtig vandag down and out, maar wat jy sê gee my krag om aan te hou.
LikeLiked by 2 people
Liefste Una, ek jaag tans so van punt A na punt B dat ek nie regtig die kommentare lees en mense se harte en pyn waarneem nie.
Sterkte my ou mater.
LikeLike
💕
LikeLike
Dankie vir die mooi skrywe Kameel. Die trane loop….
LikeLiked by 1 person
Dien ons nie ‘n wonderlike God nie Aletta?
LikeLiked by 1 person
Absoluut!
LikeLike
ek het nie woorde nie
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan 💜
LikeLike
Kan wel se God se genade is groot en ons almal het sonde…
LikeLiked by 1 person
Laat my aan die liedjie dink; Ons God is so groot, so sterk en so magtig, daar’s niks wat ons God nie kan doen!!!
LikeLike
Jou God het sekerlik geweet dat jy een van sy besondere kinders is. Ek is bly dat jy ook jouself vergewe het en weer die volheid van die lewe ervaar.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Selfvergifnis het moeiliker gekom as om God se vergifnis te aanvaar. Gelukkig groei ons in Hom, en Hy breek bande en maak.vry!!!
LikeLiked by 1 person
So bly jy het die lewe gevind!
LikeLiked by 1 person
Toorts waar sou ek nou gewees het, het Jesus my nie daar kom uithaal nie. Ek was sterk oppad om ‘n alkoholis te word. Amazing Grace how sweet the sound that saved a wretch like me. I once was lost but now am found, was blind but now I see!!!
LikeLiked by 1 person
Amen!
LikeLiked by 1 person
Dan sou ek jou nie geken het nie. Wat ‘n leemte in my lewe.
LikeLiked by 1 person
En jy in myne!!
LikeLiked by 1 person
Dis baie spesiaal.
LikeLike
Dankie Tina
LikeLiked by 1 person
Ons was maar almal ietwat van ‘n gemors voor ons Jesus geken het. Ekself het gedink die wereld kan nie sonder my klaarkom nie. God se genade is groot, baie groot. Bid vir jou.
LikeLiked by 1 person
Sien nou my kommentaar het nooit deurgegaan nie. Hoe dankbaar kan ons nie wees vir Jesus se kruisdood nie. Onverdiende guns alleen. Gebed altyd welkom Danie. Dankie!!!
LikeLike
Kameel eintlik is hierdie ‘n skrywe wat die ou tannies skeef na sal kyk soos Hester van praat (en dus toepaslik) Destyds as jou lewe nie in lyn was net wat gesien is as God se woord nie is mens eerder verwerp as om deur ‘n gelowige en gemeenskap lief gehe te word in die wete dat Christus vir so ‘n persoon en ons elkeen gesterf en opgestaan het. Maar die wonderlike is as Christus se bloed skoongewas het is jy verlede weg! Aangrypende skrywe.
LikeLiked by 1 person
Dankie Abrie. Die dag toe ek op agtienjarige ouderdom vir my ma gesê het as daar ‘n God is kan Hy my eendag wys Hy bestaan…. maar tot dan wil ek niks met ‘n “dooie” God te doen hê nie, het ek alle norme oorboord gegooi en in rebellie teen “God” en mens gelewe. Dat hy 14 jaar later my lewe binnegestap en my uit die duisternis kom haal het, bly vir my die grootste wonderwerk op aarde. Soveel mense het seergekry deur met ‘n wettiese doodse godsdiens gròot te word, en te dink dit is wie en.wat God is. My hande voel gebind want wedergeboorte is Lewe…. maar die seerkry mense glo jou nie. Dit verstaan ek ook want ek het my suster uit my huis uitgejaag die dag toe sy tot bekering gekom, en my daarvan wou vertel. Sorry, ek babbel voort…. hierdie mense lê my net na aan die hart.
LikeLike
Kameel jy hoef nie sorry te sê nie. Goed om hieroor te praat
LikeLiked by 1 person
Kameel is ń aangrypende verhaal van genade. Dankie tog dat ons vrygekoop is deur die bloed van Jeshua.
LikeLiked by 1 person
Waar sou ons gewees het daarsonder trommeltjie? Ons dien ‘n awesome God!!!
LikeLike
Trane in my oë, dankbaarheids-trane oor jou. Hartseer-trane vir Una. Hoop-trane vir my?
LikeLiked by 1 person
As jy by my was het ek jou vasgehou en saam gehuil oor die seer van die lewe. Gebed en trane is wat ons vir mekaar het.
LikeLiked by 1 person
En drukkies, self virtueles is beter as niks. Jou storie inspirer my
LikeLiked by 1 person
((drukkie)) 💜
LikeLike
Kameel, baie dankie vir die pragtige en oop getuienis. Ek haal my hoed af vir jou en vir die krag wat jy gekry het om uit die duisterheid weg te kom.
LikeLiked by 1 person
Alles Genade Scrapy. Partykeer as my gedagtes dwaal na wat was en die plekke waar ek my bevind het, en wat ek gedoen het sidder ek. Sou ek daar iets oorgekom het, het ek ‘n ewige verdoemenis binnegegaan. Kan nou sien dat Sy Hand tot daar oor my was. Glo vas dis my grootouers, en ouers se gebede wat my deurgedra het.
LikeLike
Dit wys regtig hoe groot die liefde en genade van God is. Nou is jy n dissipel wat kan getuig daarvan
LikeLiked by 1 person