Lê jou eier – spookstorie

In ons hoërskooldae het ons graag die aand voor die skool sluit, middernagfees gehou en spookstories vertel. Dit was koshuisdae. Nou kan ek natuurlik nie meer een van hulle onthou nie. Ons was later so bang dat niemand dit durf waag het om gang-af te sluip en te gaan slaap nie!

Die storie wat ek self beleef het, het ek in 2015 vertel, van Melkkamer se spook. Dit het so gewerk:

‘n Groep boere en hulle vroue het ‘n naweek in Melkkamer gaan bly. Iemand wat onsigbare dinge kan aanvoel, het gevoel dat dinge nie so reg is daar nie. Die Saterdagaand het van De Hoop Natuurreservaat se manne by ons kom kuier en vir ons vertel van die vrou wat so lank in daardie huis doodgelê het, daar is steeds ‘n kol op die vloer.

Toe almal tot rus kom en die kragopwekker afgeskakel is, was dit pikdonker en ek het sommer dadelik aan die slaap geraak. En gedroom. En almal in die huis wakker gegil!

Daardie hele nag was ek en die spook besig met mekaar. Durf ek dit waag om aan die slaap te raak, karring die spook aan my. Ons dogtertjie was toe ‘n pap baba, en sy was nét so onrustig heel nag, ek dink die spook het haar ook gepla!

Ek ken iemand wat die onsienbare kan sien. Een oggend vroeg, dit was eintlik nog sterk skemer, het hy vir my pa en nog ‘n oom op ‘n damwal sien staan. Terloops, dit was al laaaank na hulle dood! Ek glo hom, hoekom sal hy jok? Ek dink die tweetjies het net kom loer waarmee ons besig was. Plaas dat hy hulle innooi vir koffie!

By ons familiereûnie was daar ook blykbaar ‘n paar ekstras teenwoordig! Mense wat ons lankal reeds verlaat het!

Die ou plaashuis waar ons amper 20 jaar lank gebly het, het ook blykbaar ekstra inwoners gehad. Ons het mekaar nooit gepla nie, ons het net elkeen in sy eie tyd geleef! Ja man! Leef, en laat leef!

En Melkkamer se spook? Daar was darem geen merkbare letsels nie.

Wat sal Hester nog vir ons uit die hoed ruk?

Hoor hier, dis nie my man wat die spoke sien nie, hoor! Hy staan met sy voete stewig op die grond!

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

25 thoughts on “Lê jou eier – spookstorie

        1. In die ou plaashuise is dit nie vreemd dat daar spookstories is nie. Ek weet nie of dit waar is nie. Gewoonlik is dit goedaardige spoke uit die voorgeslagte. Jou spook was iewil. Eevil. Jy het reg gedoen om te vlug.

          Liked by 2 people

    1. Ek het nog nie regtig ‘n ervaring met hulle gehad nie.
      Ek weet wel daar is baie onsigbare magte wat om ons werksaam is. Ek soek hulle nie!
      ‘n Spookstorie vir die grap is een ding, bose nagte in die lug iets heeltemal anders waarmee ek my nie wil bemoei nie.

      Like

  1. Toortsie, ek let op dat jou skakel nie op InLinkz is nie. Ek het dit gou namens jou gaan opsit, want InLinkz het reeds die skakel gesluit vir deelnemers. Is dit reg so? Ek het hierdie week ook die skakel net onder die paddatjie geplaas, so jy kan nou enige een van die twee gebruik.

    Like

Gesels saam, asseblief!