Hoe om ‘n klomp tieners stil te kry

Vloek het ‘n algemene ding geword. Dit is nie meer vreemd dat mense vuil taal gebruik nie. ‘n Ding word in die ergste graad gesê en klaar. Geen filters is meer voor die mond nie. Jy is ook die verkeerde een as jy dit bevraagteken, wie is jy in elk geval?

Wel, ek haat dit. Ek haat ‘n gevloek en baie keer is ek in geselskap waar daar lelik gepraat word. En ek haat dit wanneer daar per ongeluk, wanneer ek myself regtig nie kan beheer nie, ook ‘n vuil woord uit my mond ontsnap, en dit gebeur wel, ek belowe. Gewoonlik bly ek maar stil, maar as dit iemand naby aan my is, sal ek die persoon attent maak daarop, en wel, ek het ook baie sulkes in my baie naby familie, jammer om te sê. Die waarheid is dat ‘n mense regtig nie ouliker is as jy vloek nie. Inteendeel.

Maar wanneer ek NIE kan stilbly nie, is wanneer mense my God se naam gebruik asof dit sommer net ‘n lekker stopwoord is. Wanneer hulle Sy naam gebruik omdat hulle geen ander woord het om te sê nie. Ek haat dit ek haat dit ek HAAT DIT, want of ons nou vir God wil erken of nie, HY HAAT DIT WANNEER SY NAAM SOMMER NET GEBRUIK WORD ASOF DIT ‘N NIKS IS NIE. Hy stel dit baie duidelik in Sy Woord en as ons verkies om dit te ignoreer, wel, dan is dit regtig jou saak!

Ek probeer gewoonlik op ‘n mooi manier vir die persoon attent maak daarop, sodat die persoon nie geaffronteerd voel nie. Wel, eintlik behoort hy geaffronteerd te voel, want God voel geaffronteerd daaroor!

Een dag, in Switserland, ry ons met die kabelkar van die Jungfraujoch af. Die kabelkar is vol gillende, jillende, Amerikaanse tieners en God se naam word in elke tweede sin uitgeskree. Ek kon later net nie meer nie, regtig, ek kon nie! My hart klop. Ek bewe. Ek hiperventileer.

En toe sê ek vir die meisie wat die naaste aan my staan, baie saggies:

‘May I tell you something, please? This God, who’s name you say in every sentence, is my God. He is a Living God and He really hates it that we use His name unless we talk TO Him, or ABOUT Him. ‘

Hulle het geen verdere woord gepraat nie, tot heel onder waar ons uitgeklim het nie. Doodste stilte in die hele kabelkar. Want sien, as hulle nie my God se naam kan sê nie, het hulle niks anders om te sê nie. Hul het ‘n tekort aan woorde gehad! En ek het nog lank daarna gebewe. 

(Terloops, ek het al gehoor dat mense sê die mense weet dit nie. Wel, ignorance is no excuse! Dan is dit my en jou plig om hulle in te lig.)

Toortsie

43 thoughts on “Hoe om ‘n klomp tieners stil te kry

      1. Ons loop gister pragtige meisiekind van Bredasdorp raak op Groentemarkplein, sy weet van jou, sy praat AFRIKAANS en gee my ‘n drukkie. Swot op Maties en samel fondse in vir GrII’s.

        Liked by 1 person

  1. OOOOO ek is BAIE skuldig as dit kom by vloek. Die dag as my bloed kook dan brand jou ore rooi maar mens weet ook waar en wanneer jy so kan praat. Mans wat onder die belt praat voor vrouens maak my naar en natuurlik die alewige Amerikaanse super vloek woord. Wonder hoekom altyd God of Jesus en nooit iets soos Buddha of Allah.

    Liked by 1 person

  2. Ek hou hiervan – ek verdra glad nie hierdie lastery nie – selfs as daar op die tv die “sg oh my god” shows is, wys ek onmiddelik my verontwaarding sommer met my huismense ook omdat hulle dit nie dadelik oorgeskakel het nie. Ek kyk nie juis tv nie. God se naam is hedendaagse spreektaal vir die Amerikaners en dit is ons plig om hulle daarop te wys dat hulle ons Here wat lewe se naam verwoes! En ja, baie van ons jeug begin ook daarmee. Ek vervies myself ook as ek ‘n kras wrd gebruik – en werk hard daaraan om myself in ordentelike woorde uit te druk, maar partykeer, net partykeer soos gisteraand toe ek op my man afpyl toe kon ek weereens my die inhou nie ek was so vol verontwaardiging en kon net nie ander wrde vind om my beter te laat voel nie.

    Like

  3. Mooi gesê, Toorts! En toe is hulle tjoepstil. Ek fink r3gtug die Amerikaners kom nie eers agter dat hulle die heeltyd so praat nie. Ek het eenkeer n klient in ons restourant gevra om asb op sy taal te let omdat dit nie aangenaam is vir my en ook andet gaste om die heeltyf swetstaal te hoor nie. ( Hy het darem nie die Here se naam ydelik gebr nie, maar in elke sin was een of twee swetswoorde. Hy het groot omverskoning gevra- almal praat so by sy werk en hy het nooit agtergekom dat hy vloek nie.

    Like

    1. Deesdae het oh my goodness dit nou vervang en ek is nie seker f dit net ‘n afleiding is nie, steeds omg. Ek sien Checkers het selfs so ‘n reeks en op die radio moet mens dit keer op keer aanhoor.

      Like

  4. Ek swets, met of sonder rede, en dit sou oneerlik van my wees om verskoning te maak daarvoor omdat ek weet ek gaan dit netnou weer doen. In geselskap soos joune sal ek werklik probeer om myself soos ‘n semi-opgevoede barbaar te gedra, en die donker Afrikaans diep te bêre.
    Selfs vir ‘n gewoonte swetser soos ek is daar perke. Jy vloek nie enige mens, man of vrou, onder sy klere uit nie, en jy gebruik niemand se God se naam as ‘n vloekwoord nie. Nie Christen, Budhis, Moslem, Hindu of enige ander geloof nie

    Liked by 1 person

      1. Haha. My swets het al baaaaaie vroeer begin, want my Pa was ‘n staandemag lid toe ek nog klein was, so ek het sommer vroeg al “grootmens woorde” geleer. Ek het dan ook my kennis van die grootmens woorde ten toon gestel op die mees ongelee tye…soos wanneer die Dominee kom huisbesoek doen het.

        Liked by 1 person

          1. So het my Ma my elke keer deeglik met die hulp van daai @#$% stokey slipper ingelig nadat dominee weg was. In restrospek het ek toe al daardie leerprobleempie gehad, want die van Helsdingen moet nou nog etlike kere die koekroller inlê voor ek leer.

            Liked by 1 person

            1. Ma op volspoed was woes met daai slipper. Sy het jou sommer enige plek van die bobene tot die agterkop bygekom…orals BEHALWE die eelterigre dele. Kinders uit daardie ere moes mos maak soos hulle ouers sê, nie maak soos hulle ouers doen nie.

              Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!