Hulle is besig om aan die Finesse webwerf te werk en ek weet glad nie wat van die blogs geword het nie. Dit is wel nog iewers daar, en ek glo dit sal weer verskyn. Hierdie is my bloginskrywing vir Finesse Voelgoed blogs vir hierdie week, ek deel dit graag.
Hier het ek nou sowaar ‘n tweede boek uitgegee, weer eens op my eie en nie deur ‘n publiseerder nie. Hoekom doen ek dit aan myself? Hoekom sit ek my weer deur al die spanning? Wat is daarin vir my?
Wat ek wel weet, is dat daar nie regtig geld in is nie, ek verkoop genoeg om my koste te dek, maar ek sal nou nie skatryk raak met my boeke nie. Hoekom doen ek dit dan?
Dis omtrent agt jaar gelede wat ek, bang en vreemd, begin het met my eerste blog. Wíé dink ek is ek? Dis bekende mense, groot name, wat blogs het en boeke skryf, en ek. Ek besef al hoe meer dat dit egter al voor my bloggery begin het. Die skrywery het begin omdat ek gesukkel het om te fokus as ek bid en ek myself probeer help het deur ‘n A4-bladsy per dag te skryf vir God. Mettertyd het ek gegroei in selfbeeld, het my skryfvaardighede ontwikkel en die meeste van alles het ek as mens geweldig gegroei en dít het geen geldwaarde nie.
Deur die groot sprong te waag en ‘n boek uit te gee, het ek só ver buite my gemaksone beweeg en in die proses daarvan nuwe vaardighede aangeleer en dinge omtrent myself ontdek waarvan ek nooit geweet het nie. Ek moes leer om moeilike situasies te hanteer, planne te maak en myself dwing om dieper te delf op plekke waar ek dit voorheen nooit eers sou waag nie.
Dan praat ek nie eers van geloofsgroei nie. ‘n Mens kan regtig nie so ‘n uitdaging aanpak sonder die Here aan jou sy en sonder Sy goedkeuring nie. Hierdie is ‘n pad wat ek in geloof loop en keer op keer sien ek net Sy hand en beskerming, wat fantasties is.
Wat ‘n reis!
My uitdaging aan jou is: Waag daardie eerste tree! Doen dit! Jy sal regtig nie spyt wees nie. Doen daardie ding wat jy nog altyd graag wou doen, dit is die moeite werd.
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Toortsie by Pinterest
Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap
Pragtige skrywe, Toortsie. En ñ goeie getuienis ook.
LikeLike
Dankie
LikeLike
Ek hoop weldit kom tog eendag op by Finesse. 😀
LikeLiked by 1 person
Ons kry dit darem nou eerste gelees.
LikeLiked by 1 person
Gerda Bruinette, wat eers by die blogs was, het altyd gesê ons moet net skryf, en nie worrie nie.
Tog voel dit of ek effens anders skryf by Finesse as hier. Hier is ek tussen my pelle en skryf sommer enige ding, dit voel of ek daar mooi moet dink, dis nie my eie webwerf nie. Ek geniet dit daar ook!
LikeLike
Om in jou menswees te groei vra groot spronge. Jy het dit gedoen!!!
LikeLiked by 1 person
Vrou! 😱
LikeLike
Ek staan ook op die vooraand van my eerste boek, maar daar was eers ‘n klomp blocking boards wat ek vir die hekeltannies van Nelspruit, Randburg en Rustenburg moes maak.
Terwyl ek laas Saterdag staan en die miljuisende gaatjies boor, dink ek ook by myself. Hoekom doen ek dit aan myself. Dit is nie asof ek enigsins gaan geld verdien hieruit nie. Verbeel jou my skok toe ek myself hard en duidelik hoor antwoord: Want jy kan en dit is vir jou lekker.
So daar het jy dit nou.
LikeLiked by 2 people
O, dis opwindend! Jy is ‘n uitstekende skrywer en ek weet dit gaan suksesvol wees. Vertel meer?
LikeLike
Die boek hou verband met my werk, amper is soos die “…for dummies” reeks, en dit word vergesel deur 6 werkswinkels wat tesame met die boek landwyd aangebied gaan word.
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Dis interessant. Gaan jy dit self publiseer of doen jy dit deur ‘n uitgewer?
LikeLike
Self op hierdie stadium. Ek is in ‘n vennootskap met my ou maatskappy wat die boek en werkswinkels namens my gaan bemark.
LikeLiked by 1 person
Dit gaan ‘n wenner wees!
LikeLike
Dit gaan ‘n ondervinding wees, en dit maak dat die uitslag onbelangrik is
LikeLiked by 1 person
Juis 😁
LikeLike
Net so. ‘n Mens kan nie swem as jy te bang is om in die swembad te spring nie.
LikeLike
Maar ek ís!
LikeLiked by 1 person
Nee, jy is nie. Dis pure verbeelding. Jy is ‘n dapper vrou.
LikeLike
Maar ek kan nie swem nie! Regtig nie!
LikeLiked by 1 person
Hoe weet jy as jy nog nooit in die swembad was nie?
LikeLike
Ek was! Toe sê hulle ek moet my kop onder die water indruk! Die pestelensies!
LikeLiked by 1 person
Haha, ek het laas my kop onder water gehad toe ek baie jonk was. My ore gee vreeslik las as ek water daarin kry, so ek swem met my kop bo water soos ‘n skilpad of ek dryf rond op my rug – ore punt in die wind.
LikeLiked by 1 person
Ek bewonder jou waagmoed.
LikeLike
Dankie. Ek verstom myself partykeer.
LikeLiked by 1 person
Ek het na die bokse op n foto gekyk toe jy jou boek laat druk het en het nogal gewonder of jy dit self laat druk het. Die boek wat ek ingeskryf het vir ‘n kompetisie wil ek ook laat proeflees en druk sommer self as dit nie die paal haal nie. Sal by jou kom aanklop vir raad. Sterkte met jou boek en ek hoop jy verkoop sommer duisende.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ja ek doen alles self. Ek kan vir jou proefleser en grafiese kunstenaar en drukker aanbeveel.
LikeLike
Dankie, sal dit onthou. Ek weet nie wanneer ek uitslag sal hoor nie. Hulle se net in volgende jaar. Nou volgende jaar is lank
LikeLiked by 1 person
Wie is ‘hulle’? Die publiseerders? Dan sorg hulle dalk vir die proeflesers en drukkers?
LikeLike