Lê jou eier – As ek maar eerder

Een ding wat nie altemit is nie, Hester kán interessante onderwerpe uitdink!

Ons maak almal foute. Soms wil ons dalk sê, as ek maar eerder.

Ja, daar ís ‘n as ek maar eerder storie wat ek kan vertel, maar beslis nie gaan nie. Dán gaan ek dalk eendag sê, ‘as ek maar eerder stilgebly het.’ Die waarheid is, ek weet tot vandag tot steeds nie wat daardie ‘eerder’ moes wees nie. As ek dit eerder net vir die Here gegee het. As ek nie probeer het om self ‘n oplossing te soek nie.

Daar was in my lewe al ‘n hele paar ‘asse’ waarmee ek geworstel het. As ek eerder B Mus studeer het as B Comm? As ek eerder Wellington toe gegaan het en hulle musiekkursus gevolg het? Dan kom die besef: Dan sou ek dalk nie my man ontmoet het nie en sou ek nie my kinders gehad het nie. Dan sou ek nie my bietjie kennis kon aanwend in ons boerdery nie. Ek sou selfs nie my boeke so suksesvol kon bemark het nie.

Ek was heeltemal te kwaai met my seuns.

Ek het my op ‘n stadium te veel gesteur aan wat ander mense sê.

As ek maar harder gewerk het op skool. As ek in my later skooljare nie my musiekoefeninge verwaarloos het nie.

As ek nie my geloofslewe soms afgeskeep het nie.

Ek het soms my persoonlikheid en roeping skade gedoen, om die samelewing tevrede te stel, of hoe ék gedink het die samelewing dink ek moes wees.

So kan ek aangaan. Elke keuse wat ons maak, het sy eie gevolge. Ek glo ek het in die spesifieke tydperk in my lewe, die beste besluit probeer maak in daardie omstandighede. As ons terugkyk, dink ons maklik, ons moes eerder iets anders gedoen het, maar toé was dit vir ons die beste opsie.

Vandag is ek dankbaar vir die keuses wat ek gemaak het. Dankbaar vir die geleenthede wat die Here vir my gegee het. Dankbaar vir die aanhou investering in my lewe wat ek gedoen het. Dankbaar dat ek gekies het om eerder met minder geld klaar te kom, maar beskikbaar te kon wees vir my kinders toe hulle klein was.

As ek maar eerder …, sou ek dit dalk maar steeds op presies dieselfde manier gedoen het.

En wat van jou? Wat moes jy eerder doen?

Groetnis

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Toe haal ons die maskers af

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lê jou eier and tagged , , . Bookmark the permalink.

18 Responses to Lê jou eier – As ek maar eerder

  1. Ek is vas oortuig God is in beheer van ons ásse’ook

    Liked by 3 people

  2. Kameel sê:

    Daar hang vir my groot vraagtekens oor my “asse.” Of ek gaan my antwoord eendag in die hemel kry…. of dan gaan dit nie meer saak maak nie.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      You did well, Kameel. You did well.

      Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Kameel, daar is een groot ding wat vir God belangrik is en dit is terugdraai na Hom toe. Omdraai na Hom toe. Wegdraai van ons verkeerde weë. Jy hét dit gedoen. Ek weet jy het vergifnis ontvang. God is by magte om ons grootste foute in feeste te verander. Ja, ons dra die gevolge van ons keuses, maar Kameel, jy doen wondere vir die Koninkryk. O ja, jy doen.

      Liked by 2 people

      • Kameel sê:

        Sy vergifnis het ek verstaan, en aanvaar die dag met wedergeboorte. n Paar jaar daarna – in ‘n weeklange worsteling met God – waarin Hy vir my gesê het ek het Sy vergifnis aanvaar maar het myself nie vergewe nie, het ek uiteindelik by selfvergifnis uitgekom. Ek het ook genesing ontvang, anders sou ek nie met die lewe kon aangaan nie. Daar is egter hierdie gaping in my lewe, waarmee ek saamleef.

        Liked by 2 people

  3. Goed geskryf,Toortsie.

    Like

  4. Jy praat waar woorde Toortsie. Vraagtekens sal ons seker altyd hê, maar bo alles weet ons dat ons nou kyk na ń raaisel maar eendag sal ons die antwoorde ken. Hiedie kommentaar is ook vir jou Kameel.

    Liked by 2 people

  5. As is verbrande hout. Daar is so baie as dit anders was in elkeen se lewe. Hoe ouer mens word hoe meer besef n mens dat alles ten goede verloop het alwas daar baie twyfel ook gewees.

    Liked by 1 person

  6. Wanneer my verhouding met die Here nie reg is nie word die asse meer en soeke na vergifnis minder.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s