Kameel – Soeke na ‘n vriendin bring vloekwoorde

Lê-jou-eier: Vriende (2)

Met die geblaai deur my kop om aan vriende te dink wat ek nie in my lewe wil hê nie, onthou ek hierdie onaangename insident. Moet ek hieroor skryf? Ek besluit toe “ja”, want dan klap ek sommer twee vlieë met een klap; Die tipe mens wat ek nie in my lewe soek nie, en die rede (nie die enigste nie) vir my sensitiwiteit rondom seksuele praatjies, en suggestiewe grappies.

20171108_152217-1Die insident het begin by ‘n vriendin, of beter gestel ‘n verlange om my vriendin uit my kinderdae weer te sien. Ek en Pauline was van graad een tot met matriek hegte vriendinne. Ons paaie het daarna uitmekaar geloop, en ek het eers weer van haar gehoor toe ek ‘n paar jaar later ‘n brief van haar ontvang het. Sy was getroud, het saam met haar man op die lugmagbasis gebly, en het ‘n dogtertjie met die naam Marlene. Ek, swanger met die verlore seun en in my eie ongelukkigheid vasgevang, het nooit daardie brief beantwoord nie. Pauline sou later jare by my begin spook, en die verlange om haar te sien, of net te weet hoe haar lewe verloop het, het al hoe sterker begin word.

Ken het op ‘n dag besluit om my profiel op Facebook te sit, om my sodoende met my soektog te help. Van sosiale media het ek net mooi niks geweet nie, en het die waters baie versigtig betreë, maar nie versigtig genoeg nie. Op ‘n dag sien ek ‘n Jesus groepie; ek begin lees en my hart word bly. Hier is mense van regoor die wêreld met wie ek oor Jesus kan praat… wow!!! Alles verloop goed, maar ek begin frons (dankie Una) oor kommentare van nie gelowiges. Een kommentaar veral ruk my diep in my hart, en ek maak onwetend ‘n blik vrot stinkende wurms oop, deur ‘n bybelvers onderaan diè kommentaar te tik.

Later die middag toe ek weer by die betrokke groep ingaan, staar my eie gesig na my…. maar my profielfoto is verander in ‘n pornografiese foto, en oor, en oor, en oor geplaas. Soos ek “scroll” (jammer vir die woord) staar dieselfde walglike foto my in die gesig….. bladsy, na bladsy, na bladsy……. na bladsy. Miskien noem mens dit nie bladsye nie, maar daar was genoeg om ‘n redelike boek van te maak. Eers het ek net verdwaas na die fotos gestaar, en toe begin om hulle te “hide.” Dit sou my baie, baie lank vat!!! Gelukkig het iemand op die groep gevra dat ander moet inspring en help.

Asof dit nie genoeg is nie kry ek ‘n epos van die betrokke persoon wat my nie net met die vieslikste woorde uitskel nie, maar ook dreig dat sy my lewe ‘n loutere hel gaan maak. Natuurlik het ek skok, en vernedering gevoel… maar die eienaardigste, geen woede nie. Ek het voor daardie epos gesit en nie die mens nie, maar die bose agter hierdie mens raakgesien. Sy was net die instrument wat hy gebruik het om my by te kom. Ek het weereens besef hoe groot hierdie brullende leeu se haat vir my is, en hoe dankbaar ek is dat Jesus hom oorwin het.

Pauline spook nogsteeds by my.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

 

30 thoughts on “Kameel – Soeke na ‘n vriendin bring vloekwoorde

    1. Ek was rêgtig nie kwaad nie…. verneder ja. Maar dit het my net weereens laat besef wat die bybel bedoel met ons geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, magte ens in die lug.

      Liked by 1 person

      1. Sommer vinnig geantwoord tussen gesels met my dogter. Die vrou wat die fotos geplaas, en die epos gestuur het was ‘n totale vreemdeling. Sy was iewers van oorsee. So ‘n vriendin soek ek nie!!! Die een op die foto met pienk rok is ek. Kan jy glo my ma het my hare altyd so stomp-af gesny. Sommer met haar groot naaldwerkskêr 😡 Eintlik moet ek my eks bedank dat hy al my jeugalbums opgeskeur het. Ek onthou een skoolfoto…. EINA!!!

        Like

        1. Hester as ek deurmekaar praat… dit het al vanoggend begin met my wat die verkeerde pille op my nugter maag gedrink het. Blame it on the weather!!! Die hitte druk my kop dat ek sukkel om te dink. Wil nie weet hoe dit by julle voel nie.

          Liked by 1 person

    1. Dit was vernederend…. maar die persoon van wie dit gekom het, het ek half jammer gekry. Nie ‘n kind van die Lig nie…. en waarom al daardie woede?

      Like

    1. Ek is bly jy verstaan. “As for you, you were dead in your transgressions and sin in which you use to live when you followed the ways of this world, and of the ruler of the kingdom in the air. The SPIRIT who is now AT WORK in THOSE who are DISOBEDIENT.” So, teen wie veg ons werklik? Ken jou vyand!!!! Moet nou nie dink ek preek vir jou nie, net lekker om een in gees saam met jou te voel. Weet nie hoe laat dit in die poskaart is nie… maar hier is dit slapenstyd. 😊

      Like

      1. Moes nou eers terug blaai na wat ek geantwoord het. Die pad is maar vol versoekings en die ou duiwel probeer alles moontlik om mens af te trek van die goeie/regte. Ek het nou opgestaan en klaar my skool diens gedoen. Met Trompie geloop. Dis nou amper tien uur en nou lees ek eers almal se stories. Hoop jy het n rustige nag gehad.

        Liked by 1 person

  1. Ai Kameeltjie, daardie persoon het beslis selfbeeldprobleme en baie haat. Soos jy seker al agtergekom het, is ek ook ‘n ateïs, maar ek sal nimmer as te nooit iemand aantas oor geloof nie. Mens moet altyd dít wat vir ander werk, respekteer.

    Liked by 1 person

  2. Sjoe, dit was nogal kwaai. Soms wil ek kwaad word vir sulke dinge as dit gebeur, maar soos jy se, ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede in die lug. Ons veg nie sommer teen soldaatjies nie, maar teen duiwels met rang.

    Like

Gesels saam, asseblief!