Sy’s hier!

Hier’s die Toortsie weer! Sy is jonk, sy is vars, sy is nuut, sy is mooi! Sy sal haar plek volstaan langs haar ousus, Toortsie se Bantingboerekos.

Om die eerste kopié vas te hou, is onbeskryflik. Ek is skoon bewerig! Jy het so hard gewerk, moes soveel keer jouself moed inpraat, moes ander mense motiveer, dis die bladuitlêer, fotograaf, stilis, drukkers, en dan nog jyself ook met al jou bagasie! En dan, skielik, na moedverloor se vlakte en anderkant uit, hou jy hom in jou hande vas! Wat ‘n voorreg! Wat ‘n lekkerte! Wat ‘n genade!

Dit voel soos die eerste vrag graan wat die graanboer vir die seisoen lewer, of die eerste tenk melk wat ‘n boer lewer, dalk soos die eerste kliënt wat ‘n nuwe praktyk kry. Dit voel wonderlik, groter as myself!

Mag hierdie boek ook goed ontvang word. Ek het regtig my beste gegee. Ook die medewerkers, ook hulle het hulke beste gegee. Dankie aan elkeen van hulle. Dankie vir elke woord van aanmoediging, raad, emosionele ondersteuning. Dit was ‘n spanpoging.

Dankie aan my Here vir nóg ‘n seën uit Sy hand.

Groetnis

Toortsie

31 thoughts on “Sy’s hier!

      1. Ek is nou op pad Haenertzburg toe om ons nuwe karavaan te gaan haal. Dan na Kruger Wildtuin to 8 Desember. Dan Kokstad vir due Kersfees vakansie. Miskien kan ek dit in Kokstad kry?

        Like

Gesels saam, asseblief!