Potte en panne

Vanoggend het Toortsie ‘n vreemde onderwerp: Kastrolle. Potte en panne.

Toortsie maak mos soms kos, met die klem op soms en Toortsie is mos eintlik ‘n luierige kok wat nie heeldag voor die kospotte wil staan nie. Toortsie se kos moet mos eintlik so ver as moontlik op hulle eie gaar kom, en as sy dan wel by moet wees, moet dit vinnig en maklik gaan. Haar resepte weerspieël ook daardie beleid: Eenvoudig, vinnig en maklik, maar gewoonlik is dit lekker, of, sy dink dis lekker!

Om dít reg te kry het ‘n mens goeie kookgerei nodig. Ordentlike potte en panne. Mense, ek het ook al allerhande ‘gadgets’ of is dit katoetertjies, gehad. Ek het ook in my jongdae allerhande potte en panne sommer van die eerste die beste winkelrak af gekoop vir min geld. Ja, ek kon ook nie anders nie, daar was nie eintlik geld vir ander nie. Dit werk wonderlik vir ‘n rukkie, dan val die ore af of die teflon kom af, of dit bak net nie meer so lekker soos in die begin nie.

Gelukkig het ek, nadat ek vir ‘n hele Desembervakansie in standerd 9 in ‘n winkel op Struisbaai gewerk het vir R8 per dag, daardie geld gebruik en vir my die heel kleinste stelletjie AMC potte gekoop. Dit was seker een van my beste beleggings ooit. Later jare wou ek my AMC-versameling aanvul, maar dit was net te duur en tans is dit net nog duurder! Ek kon dit nie bekostig nie! Regtig nie!

Ek moes ‘n nuwe plan maak om die versameling aan te vul en het die afbetaal-opsie gekies. Ja, ek hét duurder betaal op hierdie manier, maar vandag is ek nie een oomblik spyt daaroor nie.

Elke jaar het ek een pot bestel en heel jaar daaraan afbetaal. Sodra ek klaar betaal het, was die pot in die pos. Wát ‘n belegging!

So, vandag is dit my raad aan jou: Belê in goeie kastrolle. Regtig goeies, wat jou kinders eendag kan erf. Ja, selfs al is jy nie lief vir kosmaak nie. Die ding is, kos sal jy een of ander tyd moet maak, en as jy ordentlike potte en panne het, raak die koo-ervaring net baie beter as wanneer jy sukkel met allerhande potte en panne waarvoor selfs jou hond sy neus sal optrek.

Doen jouself die guns. Koop daardie duur kastrolle, betaal dit af, een kastrol per jaar en voor jy jou kom kry, het jy ‘n wonderlike versameling en steur jy jou nie meer aan allerhande katoetertjies wat net jou geld opvreet en jou frustreer nie. Goedkoop koop is duur koop.

Groetnis

Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge. Bookmark the permalink.

5 Responses to Potte en panne

  1. Kameel sê:

    Hier kan ek darem sê Ken het ons stel potte 43 jaar gelede vir my gekoop…. en hulle werk nogsteeds. Geen geskrop om potte skoon te maak nie.

    Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Hierdie goeie raad van jou geld vir so baie ander huishoudelike gebruiksartikels ook. Tog, omdat ons almal maar sukkel, leer ons die waarde van ‘goeie kopies’ eers later aan.

    Liked by 2 people

  3. Ek het tot onlangs nog die Duroware stoompot wat ek as trougeskenk gekry het (1976), gebruik. Ek gebruik nog elke dag die stel kleiner Duroware potte wat ek voor my troue aangekoop het, asook die twee swaar platboom ysterpotte en twee panne wat ek twee jaar later gekoop het. So ook die vlekvrye staal eetgerei wat ek destyds deur Irish Linen bestel het. So, ja, kwaliteit tel.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s