Hester! Ek dog jy sê die onderwerpe gaan nou makliker raak! In opdrag van Hester. Sjoe! Ek moet darem bysê dat dit vrywillig is, sy hou nie ‘n geweer teen my kop nie, of eerder, nog nie.
Ek is lief vir mense en ek verdra nogals baie. Daarom is hierdie skrywe nie maklik nie. Ek probeer dit reg hou met mense en daar is min mense met wie ek nie regkom nie. Dis eerder dalk nie altyd vir ander mense so maklik om met my reg te kom nie, maar dis mos húlle probleem!
Eerlikheid is vir my ononderhandelbaar en wanneer ek oneerlikheid bespeur, trap ek liggies. Oneerlikheid kan op verskillende maniere kom, soos agteraf wees. Of woorde net effens verdraai of anders beklemtoon. Van blatant lieg praat ek nie eens nie. By eerlikheid kom misbruik ook: Die misbruik of opblaas van ‘n kleinigheid om jou sin te kry.
Wat nogals dit soms moeilik maak, is die bagasie wat ons saamdra. Oorsensitiwiteit, wat maak dat ‘n mens oorversigtig moet trap en dis juis dán wat ‘n mens so tone raak trap!
Onvergewensgesindheid maak dinge moeilik, ons maak almal foute, en soms het jy nie eers ‘n fout gemaak nie en is jy in die sop.
Dis ook vir my moeilik as mense op my gevoel speel om hulle sin te kry. Die probleem is, iewers trek ek dan ‘n streep en dit is nie goed nie.
‘n Besliste nee is as mense my God slegmaak in my teenwoordigheid. Dit kan ek nie verdra nie.
Ek sien ek het eerste gewaag. Fools rush in where angels fear to tread. Jy het dalk ook goed waarvan jy nie hou nie. Dis nou jou kans. Gaan skryf daaroor op jou blog.
Groetnis
Toortsie
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Ons aanvaar die uitdaging, Toortsie. Alhoewel ek nie gedink het ek gaan hierdie keer deelneem nie…
LikeLiked by 1 person
Hierdie een was vir my moeiliker as die vorige een. Ek trap so maklik op tone omdat ek so reguir en eerlik is. Ek kan nie help daarvoor nie.
LikeLike
Ek is weer ń people pleaser…een van my groot foute.
LikeLiked by 1 person
Ook nie verkeerd nie. Xx
LikeLike
Mense is komplekse wesens, so êrens gaan iemand seker iemand se tone raaktrap. Ek vind die probleem meer in die familiekring as daar buite. Ag kom ons gaan slaap…. dit is onmoontlik om almal altyd gelukkig te hou.
LikeLiked by 1 person
Hoe het ek hierdie een gemis?
LikeLike
Eerste uit die blokke en welkom Toortsie! Dalk is daar ‘n paar tone wat nodig het om getrap te word? Ek weet, dis makliker om konfrontasie te vermy en maar liewer toe te gee – dis presies wat ek in die verlede gedoen het. Nou raak ek minder minder vriendelik.
LikeLiked by 1 person
Goed geskryf…gelukkig op niemand se tone getrap nie!
LikeLike
Ek hoop nie so nie! Dankie
LikeLiked by 1 person
Hierdie uitdaging laat my dink aan Christus se opdrag dat ons ons vyande moet liefhe…
LikeLike
Hierdie was regtig m
LikeLike
Hierdie een was regtig moeilik.
LikeLiked by 1 person
Daarmee beweer ek nie ek kry dit reg nie en dat daar nie mense is wie my nie frustreer nie (of dat ek hule nie frustreer nie). Daar is ook die wat dit regkry om hulle vyande “lief te he” maar nie hulle geliefdes nie. Dit laat my bloot daaraan dink. Om voor te gee omdat iets verwag word is in elk geval nie Christelik nie, maar wetties
LikeLiked by 1 person
Ek bly steeds dink ek werk meer op ander mense se senuwees as hulle op myne! Onthou, ek is hierdie ekstrovert, en babbel en hop.
LikeLike
Mooi gesê Toortsie. My tone is heel.
LikeLiked by 1 person
Natuurlik sal dit heel wees, hulle was nie eers naby nie! 😁
LikeLike
Vir my is dit moeilik om vriende te maak omdat ek maar teruggetrokke is. As die wat ek as vriende beskou dan daardie dinge doen wat jy noem voel ek meestal die oorsaak(wat natuurlik nie rerig altyd waar is nie). Mense speel maklik op my gevoel tenkoste van myself. Lekker geskryf Toorts, Jy sal beslis al die geselskans kry as jy in my geseldkap is!
LikeLiked by 1 person
En as ek aldie geselskans kry, voel ek daarna lekker én sleg, lekker oor die gesels en sleg, want ek dink ek het die geselskap oorgeneem!
LikeLike
Dit is so. Partymaal dink ek ook daaraan dat ek moes inval en praat maar my selfvertroue is so min dat ek net nie n vertelling sommer sal onderbreek al het ek genoeg om te vertel nie. Dis maar tipies introvert.
LikeLiked by 1 person
En jy is ‘n uitstekende juffrou. Dis interessant.
LikeLike
Die onderwys is aangeleer. Ek kan my man staan as dit by skoolhou kom en selfs om n vergadering te lei(gaan juis Donderdag my sê sê by die Soroptimist vergadering dis weer n storie van n ander aard) In geselskap trek ek my sommer maklik geheel en al terug. Dis so ingeprent as kind dat ek nou nog daarmee sukkel.
LikeLiked by 1 person
Juffrou “I like” jammer dat ek nou weer my taal staan en meng xxx
LikeLiked by 1 person
Ek hou nie van negatief skryf nie. Die ander het hulle s’n so positief benader.
LikeLike