Lê jou eier – Skryf ‘n hygroman

In opdrag van Hester. Hierdie is ‘n eerste, enigste en laaste vir Toortsie, net soos wat dit vir Sticks ‘n eerste en laaste sal wees wanneer hy op sy huweliksnag opgevreet sal word deur sy Hotlady.

Die opdrag: Skryf die res van die verhaal. Hotlady moet vir Sticks oortuig om met haar liefde te maak. Sticks en Hotlady is bidsprinkane.

Sy: ‘My liefling. Hoekom noem hulle vir jou Sticks? Jy is pragtig. Ek is mal oor jou. Sticks is so ‘n harde naam, terwyl jy vir my alles verteenwoordig van dit wat mooi, sag en liefdevol is. Ek is dolverlief op jou. Jy is wonderlik. Jy is so mooi, ek voel sommer om jou op te vreet. Kom, staan nader, my liefling, hou my vas. Ek het jou lief.’

Die res is geskiedenis. Sy het gemaak soos sy wou.

Toortsie

Wel Hester, hier vang jy my toe sowaar heeltemal buite my gemaksone!

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

37 thoughts on “Lê jou eier – Skryf ‘n hygroman

  1. Jy bedoel, sy het gemaak soos wat sy moes. Haha, ag sorrie man, ek het darem belowe om julle nie weer so ‘n streep te trek nie, maar onthou – deelname is altyd net vrywillig. Maar sê nou vir my, ek hoop jy bedoel dis jou eerste en laaste hygroman en nie jou laaste deelname aan die uitdagings nie?

    Like

        1. Hester, solank jy my nie ernstig opneem nie. Onthou, ek klink soms baie ernstig, maar daar is ‘n vonkel in die oog en ek hou daarvan om jou so ‘n bietjie te terg omdat jy ons so in interessante lokvalle inlei.

          Liked by 1 person

  2. Jy het darem probeer. Jy laat jou nie onder kry deur n bietjie soetsapigheid nie, al is dit denkbeeldig. Kort en kragtig. Ek glo nie daar is in werklikheid tyd vir die tweetjies om met mekaar te redekawel nie. As hul tyd reg is maak dit nie saak of dit gevaarlik is nie, oorlewing en voortplant is die belangrike deel.

    Liked by 1 person

    1. Dit is juis die een ding wat mense anders maak as diere. Dis iets waaroor ek nog wil skryf. Diere het seks suiwer vir voortbestaan. Die wyfie kom op hitte en hulle paar. Vir mense het God dit gegee om te geniet tussen man en vrou, nie net ter wille van voortbesraan nie. Dis die gom wat huwelike moet heel hou.

      Like

  3. Hygroman deur Skeletor

    Voor hom staan masjiene en gedoentes wat hy laas in 1993 gesien het. ‘n Onwillekeurige koue skiet so kort bokant die agterstewe, regoor die rugstring en eindig in ‘n herhinnering wat hy nie gou wil aan dink nie. Nie weer nie.

    Die eerste keer wat hy een van DAAI drome gehad het. Die ouer tannie, die gehyg. Die gym bankie…

    Like

  4. Kort en kragtig speel die Toorts af met Sticks. Hopenlik word ons nie weer so in diepwater gedompel nie. Ek haat die oppervlakige hygromans wat vandag deurgaan as leesstof. Laat my maar hier volstaan voordat ek dinge kwytraak wat kon bly.

    Liked by 1 person

    1. Kameel, ek kry nie regtig vir sulkes tyd nie, maar soms hrt ek sommer net regtige ontspanningsleesstof nodig en dan geniet ek nogals die Romanses.
      Ek assosieer my met die dame wat die hoofrol speel en mens voel alryd lekker daarna. Dit het mos altyd ‘n mooi einde.

      Liked by 1 person

      1. Dis nie teen ‘n mooi skoon roman wat ek ‘n renons het nie…. dis wanneer daardie sekstonele in detail beskryf word wat my hare rys. Toorts, ek gebruik die woord haat want ek haat dit met ‘n passie, enige suggestiewe grappies ens ens ens. Ek kom uit ‘n wêreld van diep, diep duisternis en weet wat in daardie wêreld aangaan, en het meegedoen aan al daardie gemors. Genade het my daar kom uithaal en my na die Lig toe gebring. Hoekom sal ek nou weer in daardie wêreld gaan rondkrap deur dit wat ek lees en kyk? Hopenlik verstaan jy my hart nou beter.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!