Ek is nie een vir protesoptogte nie. Dit gebeur nie maklik dat ek ‘n petisie sal onderteken nie. Tog is ek meelewend en sal ek op my beskeie manier ‘n verskil probeer maak.
Soos, om op my blog te skryf. Om mense my opinie te probeer gee en net dalkies iemand se hart aan te raak.
Soos om, elke keer wat ek by die moskee in ons dorp ry, te bid dat daardie mense die Lig sal sien.
Soos om geen geheim te maak van my geloof nie en daardeur dalk iemand wat skaam is, die moed gee om dit ook te doen.
Soos om op 10 Oktober die enigste persoon in ons dorp te wees wat kaalvoet loop, omdat die grond waarop ons woon en werk, heilige grond is en aan God behoort, en ek dit nooit wil vergeet nie.
Soos om te vas, op my eie, maar ook deesdae te probeer om ander mense te kry wat dit saam met my doen.
Soos om saam met iemand deur die modder te loop en op te staan en te praat vir iemand wat dit nie self kan doen nie, selfs tot my eie skade.
Soos om Maandag, 30 Oktober 2017 swart klere aan te trek in rou vir al die boere in ons land wat so vermoor is.
Maar ons is ordentlik en het respek vir ander mense se tyd en lewens en ons boere voorsien steeds daagliks kos aan elke persoon, selfs al word ons uitgemoor terwyl ons dit doen, omdat dit ons roeping en passie is.
So, saam met hierdie man, vra ek: Dra Maandag swart asseblief. Skryf op julle blogs, en op faceboek en twitter en waar nog orals, maar meer nog: Bid asseblief vir ons boere. En as jy dalk wil, vas Maandag saam met my asseblief? Heeldag net water inneem tot 6 nm. Vir ons boere. Vir hulle wat jou kos voorsien.
Deel dit op Facebook en orals asb.
Landbou voed u.
Toortsie
Dis absoluut verskriklik….19000 moorde is die afgelope jaar gepleeg.My Belgiese bloggers kerm oor ‘n perd wat gesteel is.Hoe bring mens dit bymekaar?
LikeLiked by 2 people
Dis vreeslik Toortsie, ek huil elke keer as ek na hierdie man se video kyk. Ek, en ALMAL in my huis gaan beslis swart dra Maandag. My hart is in stukke oor ons boere. My stiefsusters (engels) kan egter nie glo waaroor die bohaai gaan nie, “dis nie so erg nie”. Nodeloos om te sê sien ons mekaar glad nie want ek kan nie in sulke mense se geselskap wees nie. My man nog minder. Ek wonder net wie gaan haar Woolies stock as daar nie meer genoeg boere is eendag nie? Sy maak my naar.
Ek kan egter ook nie my kop om dit kry dat mense so baklei en dwarstrek op sosiale media oor die swart hemde nie. Ja dit gaan seker geen verskil maak nie, maar ek doen dit uit respek en omdat ek saam ons mense rou oor boere wat so uitgemoor word. Ek voel as jy nie kan opstaan vir iets nie, moet jy maar jou reënboog-hempie aantrek en ander geselskap gaan soek.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy dit doen. Gelukkig is dit mos vrywillig, so ‘n bietjie reënboog tussen die swart gaan sorg vir bietjie kleur. 😁
LikeLiked by 1 person
Seart dra sal seker niks dien aan die veiligheid van ons boere nie, maar dit skep ‘n bewustheid van die probleem en laat die boere voel hulle is nie alleen nie. Die bewustheid veroorsaak dalk dat mense meer vir die boere bid, en ons almal weet van die krag van gebed.
LikeLiked by 1 person
Presies hoe ek ook voel daaroor Toortsie!
LikeLiked by 1 person
Ek voel sooo dieselfde as jy, Toortsie. Daar is egter kommer – dink bietjie aan die mense wat NIE Afrikaans verstaan en wat na hierdie video’s kyk. Wat dink hulle, wat sien hulle. wat GLO hul oor die videos. Ek het bv vanogg my boeglam geskrik vir die Afrikaanse video waar die bybel en die AK en pistool langs mekaar lê. die dreigende geweer het dadelik my hare laat opstaan. Eers nadat ek die hele video deurgekyk het, het ek besef dit gaan eintlik oor gebed.
Nou wonder ek of dit nie gevaarlik is nie … want self net die boereklere is al vir ander ‘n dreiging.
LikeLike
O ek het nog nie daardie een gesien nie. Sal gou weer hierdie video mooi bekyk.
LikeLike
Hierdie video is darem net ‘n man wat praat in sy bakkie.
LikeLike
Nou weet ek nie…. het video gesien en kort daarna hierdie boodskap gekry: “Jammer! – Sorry. Ignoreer asb hierdie oproep tot die dra van swart klere vir die boeremoorde. Dit is hierdie Maandag en Dinsdag haloweentyd vir die sataniste – en hierdie bose mense dra swart klere volgende week. Dit is ook hul vas en bidtyd. Laat ons daardie swart kleredrag eers die volgende Maandag dra. Dankie. Versprei dit asb regdeur u watchapplys! Seëninge”
LikeLike
Ons het besluit om aan te hou met die swart klere. As die sataniste en die haloweens en rastas en kinderkrans wil saam swart dra, mag hulle maar.
LikeLiked by 1 person
Jip, black is beautiful en hoe meer siele hoe meer vreugde. So dra die sataniste ook by tot die protes al besef hulle dit nie eens nie.
LikeLiked by 1 person
Sien jy nou! 😁 en die nonne en die Goths en wie nog almal.
LikeLiked by 1 person
Net so
LikeLiked by 1 person
Hier by ons word ń saamtrek vir Maandag gereël. Om saam stil te word en saam te bid, in swart klere. Is dit nie juis in hierdie Halloween tyd des te meer belangrik om saam te staan voor ons God nie? Ek en my mense gaan swart dra en saam bid.
LikeLiked by 1 person
Die halloweens en andere s welkom om ook swart te dra as hulle wil. Ek gaan ook, maar om ‘n ander rede. 😁
LikeLike
Ek en my huis sal ook swart dra.
LikeLike
😁
LikeLike