Kameel en Afrikaans

Lê-jou-eier: As Afrikaans sou uitsterf

20171021_111429

Sal ek doodluiters aangaan met my lewe; net meer Engels praat met Afrikaanse woorde tussen-in, as Afrikaans met Engelse woorde tussen-in. Ken sê hoeka ek praat bargoens. Natuurlik moes ek bargoens gaan naslaan. Dit beteken diewetaal (blykbaar ‘n taal wat kriminele onder mekaar praat.) Ek is nou nie ‘n krimineel nie, maar ek steel definitief van die Engelse woorde om myself beter in Afrikaans uit te druk. Ongelukkig moet ek beken dat ek lankal verengels het wat my geestelike lewe, boeke en musiek aan betref.

My pa het donkiejare terug ons dogters gewaarsku dat hy geen Engelsman oor sy drumpel sal verwelkom nie. Soos die gehoorsame dogter wat ek was het ek ‘n Engelsman plus sy bagasie oor die drumpel probeer sleep, maar my pa het voet by stuk gehou en ek is Engelsman en al die vreemde in verdryf. Miskien was my pa vêrsiende en het geweet dat sy Afrikaanse dogter haar identiteit gaan verloor sou sy met dié verhouding voortgaan.

Ek stem saam, Afrikaans was ‘n pragtige beskrywende taal vol idiome en gesegtes; maar Afrikaans soos ek hom geken het is besig om uit te sterf. Julle gaan my seker nou met klippe gooi, maar Afrikaans het ‘n kras taal geword wat my ore nie so lekker kan hanteer nie. Hester het ‘n goeie beskrywing gegee van hoe Afrikaans vandag gepraat word.

My middeljarige haarkapster vertel sy en haar man het verlede week by ‘n restaurant gaan eet. ‘n Bekende Afrikaanse sanger, en sy vriende was ook daar. Volgens haar het sy arrogansie, luidrugtige gepraat deurspek met krutaal haar skaam laat kry dat sy ‘n Afrikaner is. Dis jammer…. baie, baie jammer. Dan weer ‘n mens kannie almal oor dieselfde kam skeer nie…. of hoe?

Die lewe gaan voort “and what will be, will be.” My haarkapster sê haar universiteitsdogter sê ‘n mens sê nie meer iets is “pragtig” nie….. dis outyds. ‘n Mens sê nou dit is “awesome” of “wow.” Dis ook jammer want pragtig is dan juis so ‘n pragtige woord.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

 

25 thoughts on “Kameel en Afrikaans

    1. Dankie Una. Ek het swaar gekry met hierdie een, en aan jou en die ander gedink wat laasweek se onderwerp moeilik gevind het. Was nie seker of ek moes skryf nie…. toe maar skouer aan die wiel gesit en deurgedruk.

      Like

        1. Sterkte!!! Ek wou nie op tone trap nie… toe besluit dit help nie ek verloën myself nie. Sê maar net hoe jy in jou hart oor Afrikaans voel…. sien uit na jou skrywe. 😊

          Like

    1. Eensklaps in die bad kom die woorde “‘n “netelige kwessie” by my op. Dit is beter as ‘n “touchy subject”. Probleem is as ek praat kan my brein nie so vinnig dink nie.

      Liked by 1 person

  1. Bie goed gestel. Ek het juis aan jou twee laaste woord geloop en dink vanoggend, wow en awesome. Ek loop mos vir dae met die onderwerp vir die week rond. Vanoggend was dit weer so. Toe dink ek aan daardie twee woorde en om darmee te begin. Ek vind dat mens geneig is om eerder “lekker” woorde te gebruik as die regte woorde. Dis hoe die verandering so maklik plaasvind(My mening)

    Liked by 1 person

    1. Ek dink jy slaan die spyker op sy kop. Kyk ek was nooit een vir daardie hogere Afrikaans nie. My swaer kon so ‘n presiese Afrikaans praat dat dit met tye moeilik was om te begryp. Wat is ‘n knormoer aan ‘n motor???? Die tyre het ‘n puncture…. is ek seker kom al van my kinderdae saam. Wat is ‘n puncture in Afrikaans? Ek is nie trots daarop dat ek nie suiwer Afrikaans praat nie… net doodeerlik. Lekker skryf aan jou blog.

      Like

      1. Ek het grootgeword met die idee dat ek ‘n jerset dra in die winter. Toe my niggie eenkeer kom kuier het, het sy na my jersey verwys as ‘n trui en ek was baie verward oor die onbekende kledingstuk wat ek aan my bas het. 😀

        Liked by 1 person

    1. Trommeltjie ek het nog ‘n blog oor taal geskryf en haal jou daarin aan. Net nie geweet hoe om jou naam daaraan te link nie. Mooi dag vir jou 😊

      Like

  2. Jy is reg Kameel, daar is sekere tye wat ek sommer net terugval op Engels om my gevoelens weer te gee. Ek verpes ook daardie soort Afrikaans waarvoor ek die woordeboek moet nader sleep. Tog, tog bly Afrikaans die taal van my hart.

    Liked by 1 person

  3. ‘n Ander spreuk van Langenhoven is: Om te luister na ‘n gesprek wat vol vloekwoorde is, is net soos om te kou aan ‘n mondvol koring wat vol klippe is.
    Daar is egter mense wat nie iets negatief met die woorde bedoel nie, maar dit is nie vir my nie.
    Ek het ookal besef op die ou end gaan dit nie oor doe land of die taal nie maar of die Evangelie uitgebrei word, nieteenstaande watter taal gebruik word.

    Like

Gesels saam, asseblief!