Kameel en Afrikaans

Lê-jou-eier: As Afrikaans sou uitsterf

20171021_111429

Sal ek doodluiters aangaan met my lewe; net meer Engels praat met Afrikaanse woorde tussen-in, as Afrikaans met Engelse woorde tussen-in. Ken sê hoeka ek praat bargoens. Natuurlik moes ek bargoens gaan naslaan. Dit beteken diewetaal (blykbaar ‘n taal wat kriminele onder mekaar praat.) Ek is nou nie ‘n krimineel nie, maar ek steel definitief van die Engelse woorde om myself beter in Afrikaans uit te druk. Ongelukkig moet ek beken dat ek lankal verengels het wat my geestelike lewe, boeke en musiek aan betref.

My pa het donkiejare terug ons dogters gewaarsku dat hy geen Engelsman oor sy drumpel sal verwelkom nie. Soos die gehoorsame dogter wat ek was het ek ‘n Engelsman plus sy bagasie oor die drumpel probeer sleep, maar my pa het voet by stuk gehou en ek is Engelsman en al die vreemde in verdryf. Miskien was my pa vêrsiende en het geweet dat sy Afrikaanse dogter haar identiteit gaan verloor sou sy met dié verhouding voortgaan.

Ek stem saam, Afrikaans was ‘n pragtige beskrywende taal vol idiome en gesegtes; maar Afrikaans soos ek hom geken het is besig om uit te sterf. Julle gaan my seker nou met klippe gooi, maar Afrikaans het ‘n kras taal geword wat my ore nie so lekker kan hanteer nie. Hester het ‘n goeie beskrywing gegee van hoe Afrikaans vandag gepraat word.

My middeljarige haarkapster vertel sy en haar man het verlede week by ‘n restaurant gaan eet. ‘n Bekende Afrikaanse sanger, en sy vriende was ook daar. Volgens haar het sy arrogansie, luidrugtige gepraat deurspek met krutaal haar skaam laat kry dat sy ‘n Afrikaner is. Dis jammer…. baie, baie jammer. Dan weer ‘n mens kannie almal oor dieselfde kam skeer nie…. of hoe?

Die lewe gaan voort “and what will be, will be.” My haarkapster sê haar universiteitsdogter sê ‘n mens sê nie meer iets is “pragtig” nie….. dis outyds. ‘n Mens sê nou dit is “awesome” of “wow.” Dis ook jammer want pragtig is dan juis so ‘n pragtige woord.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

 

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

25 Responses to Kameel en Afrikaans

  1. AwethentiQ sê:

    Dis pragtig as jou Afrikaans nog outyds awesome is. WoW! Afrikaans sal nie voor my uitsterf nie, ek hou dit self lewendig. Al is ek nou die laaste.

    Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Ek hou van jou inskrywing, Kameel. Dit is eerlik. En gee my ñ paar punte om oor te dink.

    Liked by 1 person

  3. Hehehehehe… lekker gelees dankie

    Liked by 1 person

  4. Jy is baie eerlik oor jou verhouding met Afrikaans en dis goed so.Hoe ouer mens word,besef mens baie dinge maak nie meer regtig saak nie.

    Liked by 1 person

  5. Bie goed gestel. Ek het juis aan jou twee laaste woord geloop en dink vanoggend, wow en awesome. Ek loop mos vir dae met die onderwerp vir die week rond. Vanoggend was dit weer so. Toe dink ek aan daardie twee woorde en om darmee te begin. Ek vind dat mens geneig is om eerder “lekker” woorde te gebruik as die regte woorde. Dis hoe die verandering so maklik plaasvind(My mening)

    Liked by 1 person

  6. Mooi eerlike skrywe. Baie traakpunte in hierdie griffel van jou.
    Ek weet net een ding as jy so twee weke of langer oorsee was en jy hoor afrikaans is dit asof jy ń stukkie hemel proe.

    Liked by 3 people

  7. Jy is reg Kameel, daar is sekere tye wat ek sommer net terugval op Engels om my gevoelens weer te gee. Ek verpes ook daardie soort Afrikaans waarvoor ek die woordeboek moet nader sleep. Tog, tog bly Afrikaans die taal van my hart.

    Liked by 1 person

  8. ‘n Ander spreuk van Langenhoven is: Om te luister na ‘n gesprek wat vol vloekwoorde is, is net soos om te kou aan ‘n mondvol koring wat vol klippe is.
    Daar is egter mense wat nie iets negatief met die woorde bedoel nie, maar dit is nie vir my nie.
    Ek het ookal besef op die ou end gaan dit nie oor doe land of die taal nie maar of die Evangelie uitgebrei word, nieteenstaande watter taal gebruik word.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s