Net 15 meter oor van ‘n 2 jaar ultra-marathon! Sug van verligting, sug van dankbaarheid. Tonekrul van lekkerkry.
Dis KLAAR! Of, so te sê klaar!
Op hierdie oomblik is Toortsie met ‘n spoed op pad drukkers toe. As alles goed gaan, word die proef môre gedruk. Nog, as alles goed gaan, kry ek dit Vrydag. Dan moet dit iewers goedgekeur word wat ek nie weet wanneer dit sal wees nie, en dan d r u k !
Maar ons is HIER. Klaar ge-edit. Behalwe van AL die kere wat dit reeds vooraf deurgegaan was, dink ek, het net ek dit seker 4 keer deurgegaan hierdie week, en DM ook omtrent soveel en dan nog Joh-Mari ook!
Joh-Mari het wonders verrig die afgelope 10 dae. Saam met dit, die hele span: Lizelle du Toit, Lize Venter, DM Jansen van Vuuren, ekke, die Toortsie, my man wat alles moes verduur en soms moed inpraat, my kinders, my vriendinne, facebookvriende, ondersteuners wat aangemoedig het, mense wat ek selfs nie eers ken nie wat boodskappe van aanmoediging gestuur het.
Ons is hier. Sug.
En al hierdie dinge sou nooit gebeur het as ek nie begin blog het nie!
Alle eer aan my Here!
Die voorafbestellings is nou beskikbaar. Die boeke se rakprys sal R195 wees, maar tot 29 Oktober 2017 sal dit by Bidorbuy beskikbaar wees teen R160. Onthou net dat die boeke nog in druk is, so dit sal ‘n tydjie neem voor u dit ontvang.
Hier’s die Toortsie Weer Pre Launch Offer – Kliek Hier
Toortsie Combo (Hier’s die Toortsie weer en Toortsie se Bantingboerekos) Pre Launch Offer – Kliek Hier.
Mooi loop
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Toortsie by Finesse: Toe haal ons die maskers af
Toortsie by Pinterest
Toortsie, dis pragtig. Wonderlik. Baie baie geluk, jong.
LikeLike
Dankie!
LikeLike
Dis die pragtigste voorblad…daardie toortsie en die regte Toortsie!
LikeLike
Dankie! Ek is ook mal daaroor 😁
LikeLiked by 1 person
Ag hoe lekker vir jou. Nou kan jy amper begin ontspan.
LikeLike
Ja. Laaste hekkie moet nog oor.
LikeLiked by 1 person
Geluk en sterkte Madele Toortsie Burger
LikeLike
Baie dankie. Die file moes al by die drukkers wees, maar dit laai blykbaar nog op. Stadige internet. Hou senuwees, hou!
LikeLiked by 1 person
Ek hoop hy is nou al klaar gelaai
LikeLike
Daar is behoorlik dorings in die laaste 15 m!
LikeLike
Jy is oor die brug 😀 Seënwense vorentoe!!!
LikeLike
Dankie
LikeLike
Whoop-Whoop! Baie geluk!
LikeLike
Dankie! 😁
LikeLike
Geluk en sterkte vir die laaste 15m
LikeLike
Dankie. Nou is daar eers weer ‘n slaggat, maar ons sal hom regkry
LikeLike
Al is daar dorings, die wenstreep is in sig. Baie goed gedoen, geluk.
LikeLiked by 1 person
Dankie! Ek stop maar en trek die dorings uit!
LikeLike
Yay, ek bestel dit weer ‘n keer.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike