Hul vra ons om ‘n bietjie te dink: as Afrikaans sou uitsterf, wat sal jy mis?
My hele lewe is Afrikaans. My huistaal is Afrikaans, my gesin is Afrikaans. Ek bly in ‘n dorp waar ons Afrikaans praat. Ek kan my nie indink hoe ons mense sal regkom sonder Afrikaans nie.
Ons straatname is Afrikaans. Wat word van Breëstraat, Parkstraat, Rivierstraat, Kerkstraat? En plaasname? Uitkyk. Gaan Boschfontein, wat eintlik Hollands is, Bush Fountain word? Karsrivier Kars River? Dan praat ons nie eers van dorpsname nie! Riviersonderend. Putsonderwater. Verlorenfontein. Bredasdorp. Dit is Afrikaanse name wat ons net op geen manier kan verEngels of verwatookal nie!
Ek vry in Afrikaans. Ek kan my net nie indink om vir my man in enige ander taal as Afrikaans te sê hoe ek oor hom voel en dat dit dieselfde sal wees nie.
Afrikaanse humor. Het julle al probeer om ‘n Afrikaanse grap in Engels te vertel? Dit wérk net nie? Soos die destydse Minister van Landbou, wat gesê het die Kapenaars het nie bogrond nie, nie ondergrond nie, maar darem ‘n bietjie agtergrond. Vertaal dit gou ‘n bietjie na Engels! Toe!
Ek kan nie kosmaak in Engels nie. Ek het een Engelse resepteboek iewers gekry en hy het lankal op die ashoop beland. Daarteenoor het ek ‘n stapelvol Afrikaanses. Geen vergelyking nie.
Toortsie probeer soms in Engels blog. Mensdom! Wát ‘n gesukkel!
Ek dink ek het my punt gemaak. Ek droom in Afrikaans, lag in Afrikaans, speel in Afrikaans, het lief in Afrikaans, word kwaad in Afrikaans, gaan kerk in Afrikaans, dien God in Afrikaans. Afrikaans is my taal. Ek is lief vir Afrikaans.
Wat van jou? Sou Afrikaans uitsterf, wat sou jy mis? Skryf dit op jou blog. Skryf elke dag iets anders op jou Facebook. Op Instagram. Op Twitter. Vertel dit om die braaivleisvuur. Wat is Afrikaans vir jou? Sê dit. Maak Afrikaanssprekendes bewus van ons mooi taal en dat ons dit moet oppas en liefhê en versorg sodat dit kan groei en ons nageslag ook nog die voordeel daarvan kan hê. Merk dit elke keer #Afrikaans #Onmisbaar
En terwyl ek dan nou my eier kan lë oor erfgoed, Afrikaans is my erfenis, en soos die res van my erfgoed, probeer ek mooi kyk na my taal. If you are Afrikaans speaking, be loyal to your ancesters: Speak Afrikaans! 😁
Ek daag jou uit!
Toortsie
Lees ook: Verklaring oor my taal.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Wat sal ek mis? Idiome, sêgoed, slagspreuke met digterlike vryheid geskryf, ‘n paar raaksê vloekwoorde, byname wat die spyker op sy kop slaan, Namakwaland se plantname – hondepisbossie, pietsnot. Kom ons gebruik daardie huts/hutsmerke/hutstekens (hashtags [#] in Afrikaans). Dankie Toorts, maar ek mag darem soms in Engels blog?
LikeLiked by 2 people
Natuurlik mag jy soms in Engels blog! Jy is mos die baas van jou eie blog! En ek blog dan ook soms in Engels. Kyk net wat doen jy vir Afrikaans met jou weeklikse eierlê-uitdaging!
LikeLiked by 1 person
Skryf dit op jou blog. Wat waardeer jy van Afrikaans? Wat sal jy mis as dit sou uitsterf?
LikeLiked by 1 person
Goed, ek maak dit die onderwerp vir hierdie week se uitdaging 😉
LikeLiked by 1 person
Nes jy wil. 💃
LikeLiked by 1 person
Maar ek is seker jy het ander planne?
LikeLiked by 1 person
Ek het nog nie een gekies nie 😃 Ek hou so ‘n paar onderwerpe gereed as “drafts”, dan vat dit my 10 minute om gou een op te laai. So, geen ekstra moeite nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het gedag die hastag word ‘hekkie’ genoem in Afrikaans. 🙂
LikeLiked by 1 person
Soms hekkie, soms hutsmerk.
LikeLike
En in my kinderjare was dit’n andr naam, kan nounie meer onthou nie.
LikeLike
Blykbaar word dit ook ‘n hekkie en ‘n kruisteken of dubbelkruis genoem. Sien hierdie inteteressant bespreking in die facebook blad van die Afrikaanse Taalkommissie waar hulle kommentaar lewer. https://www.facebook.com/Taalkommissie/posts/473561642700469
LikeLiked by 1 person
Ek stem…. Afrikaans is ‘ n lekker spreektaal en daar is dinge wat net in Afrikaans gesê kan word; maar ai Toorts jy weet mos ek sukkel nou met twee tale…. en gooi hulle met tye sommer saam in ‘n sin.
LikeLiked by 1 person
Ek weet jy is lief vir Afrikaans en dat jy in pragtige Afrikaans praat en skryf. Ons almal meng maar deesdae ons taal. Ek ook!
LikeLiked by 1 person
Gaan jy ‘n bloginskrywing maak oor Afrikaans? 😁
LikeLike
Dit sal Afrikaans sowaar ‘n treë terugsit 😕
LikeLike
Lekker nonsens praat jy vandag!
LikeLiked by 1 person
Ek is mal oor my taal, dit is wie ek is, hoe ek my sê wil sê.
Stem saam Hester ek sal beslis die lekker beskrywende woorde van my taal mis.
LikeLiked by 2 people
Skryf ‘n blog daaroor. 😁
LikeLike
Hoe sing Baardskeerdersbos Orkes?
“Sannie van Pa kan Ingels praat, paliehoe!” (parlevouz….Frans!!)
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Sjoekie doekie, nou praat jy! Ek word gedwing om Engels te gebruik maar Afrikaans bly steeds my moeder taal, o skoonste taal. Waar kan mens beter kry as boerewors en braaivleis, lekker sakkie-sakkie op n boeredans met boeremusiek. Kan aangaan en aangaan.
LikeLiked by 1 person
Skryf daai ding op jou blog. 😁 Wat waardeer jy van Afrikaans? Wat sou jy mis as dit sou uitsterf?
LikeLike
Ek sal beslis eers daaroor moet slaap en dit herkou. Eks is besig om my sê te sê hier in die vreemde. Almal hier dink dis wonderlik om meer as een taal te praat( hul verwonder hul aan my as ek afrikaans praat) Hul ken net een taal en dis Eng!
LikeLiked by 1 person
Dit is voorwaar wonderlik om meer tale te kan praat. Hoe meer tale die man, hoe meer man die man. Ek het niks teen ander tale en gooi self op my manier die Rooie, en ek bewonder mense wat selfs meer tale kan praat. Nou die dag het ek gehoor van ‘n man wat al ons SA tale kan praat, 11?, en nie ‘n werk gekry het nie omdat hy nie Fanigalo kon praat nie! Maar Afrikaans bly my lieflingtaal.
LikeLike
Ja, dit is beslis so. Ek het nog steeds n goeie kennis van Nederlands omdat ek in graad een eers regig Afrikaans begin leer praat het. Dan het ek Duits tot matriek gehad wat ek ook nog redelik goed kan lees en verstaan. Die praat is verroes.
LikeLiked by 1 person
Jy kan uit ondervinding praat omdat jy nie meer omring word met Afrikaans nie.
LikeLike
As ek saammet my kinders is praat ons Afrikaans. Daar is heelwat uitdrukkings wat ek tussendeur gebruik wat ek eers moet verduidelik wat dit beteken!
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike
Ja. Afrikaans is altyd bo!!
LikeLike
https://frandr.wordpress.com/2015/10/22/my-hart-is-seer/
LikeLike
Ek sal letterlik ALLEs mis! Die taal is absoluut te wonderlik. Ek kan aan soveel beter woorde in Afrikaans dink om iets te beskryf wat Engels nie het nie. Afrikaans het ‘n kreatiwiteit wat ek nie in Engels vind nie. Jy kan jouself soveel beter uitdruk en al die uitdrukkings wat jou soms so laat lag van pure snaaks-kreatief. Ek sal sorg dat Afrikaans nie uitsterf nie – nie terwyl ek lewe nie. 🙂
LikeLiked by 1 person
Dis mense soos jy wat die taal lewend hou. Jy kan gerus deelneem aan Hester se uitdaging hierdie week. Sy het hierdie onderwerp verder gevat. 😁
LikeLike
Afrikaans bly die beste…..en die lekkerste om te praat en te luister.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, doen ons asseblief ‘n guns en las hierdie blog van jou aan by ons onderwerp vir hierdie week? Onthou net om die paddatjie paragraaf se skakel reg te maak onderaan jou blog.
LikeLike
Ek moet nog skryf ook!
LikeLiked by 1 person
En jy het sommer gou gespring om klaar te kry!
LikeLiked by 1 person
Ek kliek nou op jou skrywe en die paddatjie is weg!? Dis ook weg by Kameel s’n?
LikeLiked by 1 person
Ek kan myne en Kameel s’n sien. Dalk ‘n Java-probleem daar by jou? Of dalk net ‘n gremlin wat niks beter te doen het nie. Ek sal in die vervolg ‘n skakel ook insit.
LikeLiked by 1 person
Reg, dis gedoen. Mooi dag
LikeLiked by 1 person
Dankie baie
LikeLiked by 1 person
Ja die straatname!
LikeLiked by 1 person