Lê jou eier – Oorgeërfde eienskappe

Dis of ek nie kan wag vir Donderdagmiddae 12 uur wanneer Hester haar nuwe uitdaging gee nie. Hierdie week se uitdaging: Wat is jou oorgeërfde einskappe.

Ek mag dalk arrogant klink, maar ek gaan eerder op die positiewe eienskappe konsentreer, netnou trap ek op tone as ek op die negatiewes konsentreer. Goed, ek sal hier en daar iets noem, maar hulle lê so tussen positief en negatief.

Van my ma het ek my musikaliteit gekry, ek dink ek het ‘n bietjie meer geleenthede as sy gekry om dit te ontwikkel, maar ek bewonder haar wat vir jare ons bidure en eredienste by die buite-wyk begelei het. Ek dink sy het baie goed gedoen. Ek het ook haar ‘go’ gekry. Haar woema. Haar avontuurlustigheid, maar die deursettingsvermoë kom van my pa af. Ek en my ma kon erg op mekaar se senuwees werk, en ek weet mos eintlik baie goed dat jy die meeste haak met die ouer na wie jy aard! Ek het ook my woorde van haar gekry, maar sal al my ou skoene agterná gooi om te kan skryf soos sy dit gedoen het. My liefde vir handwerkies kom ook van my ma (ook van my twee oumas) af, sy het graag gebrei, naaldwerk gedoen, tapisserië uitgewerk, selfs ‘n mat geknoop!

Van my pa het ek ook ‘n paar goed gekry, of ek hoop ek het dit gekry, of dalk verbeel ek dit my. Ek hoop ek het ‘n bietjie sagtheid van hom gekry. Leef, en laat leef. My sin vir humor kom beslis van sy kant af, maar hy was beslis ‘n gentleman en sou hom gedra in die openbaar. Ons syfervaardigheid kom van hom af. My liefde vir die plaas ook, ek het tog te graag saam met hom op die plaas rondgery. Ook die gedagte dat ‘n mens skiet vir die pot, nie sommer net vir die plesier nie, dan is dit mors. My vrees vir water kom beslis van hom af, ook die feit dat ek geen balvermoëns het nie. My gryskop!

My eksentriekheid kom van my ouma Ellie af, of so glo ek, hoekom weet ek nie.  Tog dink ek sy was nie op haar mond geval nie, nes ek!

Van my ouma Lenie kom my geloof in die Here. Sy het ‘n sagtheid gehad. My ma sê graag  ek aard na haar. Maar ek aard ook na my jongste twee tannies aan weerskante, dié een aan my ma se kant én die een aan my pa se kant. Dalk is daar iets aan jongste kinders?

Groetnis,

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Netwerk 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

 

 

25 thoughts on “Lê jou eier – Oorgeërfde eienskappe

  1. Ek hou van eksentriek. Ek het iewers gelees dit “behels ʼn simpatieke begrip vir die wisselvallighede en disharmonieë van die lewe en die onvolkomenhede en teenstrydighede in die menslike natuur”. Dis iets wat net ‘n goeie sin vir humor kan hanteer. Jy is ‘n vrou van vele talente, maar ek het dit al gesê, nè? Ek is bly jy geniet die uitdagings.

    Liked by 1 person

    1. My opsomming tans van eksentriek? Iemand wat haar uniekheid aanvaar en gelukkig genoeg is in haar vel om aan haar uniekheid uiting te gee en nie onder groepsdruk jou hele menswees te verander na die trop s’n nie. Trap ek nou op tone, want almal wat uniek us, is nie eksentriek nie?

      Liked by 1 person

  2. Baie waar wat Kameel ook sê van aanleer. Jou ouers het by hul ouers geleer. Jy het by jou ouers geleer en jou kinders weer by jou. Tog is daar seker dinge wat wel geêrf is soos bv n flinke verstand wat syfers betref of om bv kunswerke te lewer hetsy sketse, verf, naaldwerk of enige kuns!
    Jy is beslis n unieke kind van jou ouers!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!