Aangepas op die dorp?

Dis ‘n vraag wat ek baie kry: Bly julle nou lekker op die dorp? Dan sê ek, wanneer ons hier is, is dit lekker, maar ek het mos eintlik wieletjies onder my boude, sien!

Hier is ‘n paar vreemde aanpassinkies wat ons moes maak, goed wat seker algemeen vir dorpenaars is, maar nie noodwendig so algemeen vir plaasjapies nie.

Wie was jou kar? Seker jyself, soos ek ook in my jongdae gedoen het? Ek het net regtig nie meer tyd om dit te doen nie, die dag of wat wat ek by die huis is, hardloop ek van bakboord na stuurboord om alles gedoen te kry wat gedoen moet word, amper soos ‘n koshuiskind. Besef julle dat hier nog gordyne is wat nie gehang is nie? O, die kar. By ons Checkers se parkeerterryn is gelukkig ‘n Melvin. Ek dink sy naam is Melvin. Vriendelike man. Donkiejare gelede het hy altyd met sy fiets gekom en kom vra of hy nie ons lorries kan was nie, en nee, daai tyd het Klaas dit gedoen. As Melvin klaar is met jou kar, dan blink hy behoorlik! Maar wat doen jy intussen solank die kar gewas word?

Ek het mos eintlik net een hond wat skielik twee geword het, omdat ons gedink het sy het kanker en nie lank sou leef nie. Gelukkig was dit net ‘n onskadelike vetgewas, maar nou het ek 2 groot honde, en as dit hoe is, kuier my seun se hond ook hier. Julle! Die poef-oorlog is VERSKRIKLIK in ‘n stukkie dorpserf! Dit voel soms of dit my totaal gaan oorweldig, ek kan net nie voorbly nie! Drie honde wat mors! Twee jong honde wat alles opvreet wat hulle sien en en en …

Wat maak ek met my honde as ons gou vir ‘n nag iewers moet heen en hulle kan nie saamgaan nie? Ai tog, dan word hulle koshuisbrakke en dit doen nie altyd die mamma se hart goed nie.

Vullissake uitsit is nie so moeilik nie, en snaaks genoeg, die dorpshonde pla nie snags té veel nie. Mens hoor ook nie regtig karre ry nie. Om altyd met jou hond aan ‘n leiband te loop, is nié so lekker nie, maar daaraan kan mens ook gewoond raak. Ai toggie en die alarm, wat my honde enige tyd van die nag aktiveer as hul op patrollie loop!

Dis beslis ‘n aanpassing dat hulp nie net ‘n radioroep ver is nie, maar mens kom daarsonder ook reg en genadiglik was hier nog nie ‘n spinnekop nie, ek dink ek sal dan die sekuriteit moet bel! Daar was nog iets groots, maar nou kan ek nie onthou nie.

Ja, ek bly lekker op die dorp as ek hier is, dankie. Ek kan bietjie later slaap vir kerk, selfs al speel ek die Sondag en vroeg daar moet wees.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Netwerk 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Dorpslewe, soos gesien deur 'n plaasjapie, Uncategorized. Bookmark the permalink.

25 Responses to Aangepas op die dorp?

  1. seegogga sê:

    Jy is darem ook nader aan jou vriende. ( maar of dit nou so ‘n goeie ding is, weet ek nie.

    Like

  2. Kameel sê:

    Nou weet jy ook hoe om tussen die landmyne te lewe 💩 Soos met alles is daar voor en nadele aan hierdie dorpblyery….. laat slaap GROOT voordeel!!!

    Liked by 1 person

  3. Wat speel jy op ‘n Sondag? Orrel? Dis die een deel van ‘n kerkdiens wat ek mis, daardie pragtige orrelklanke.

    Like

  4. Ek was verlede week daar in jou kontrei…did darem ‘n mooi wereld!

    Liked by 1 person

  5. Ek het ook jong hond wat aan groter word is. Ek oorweeg om komposfabriek te begin met die produk van die hond

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s