Ek vorder! 

So met ‘n bakkie aarbeie en joghurt aan my sy sit ek al van vroegoggend af in my bed en edit. Die nuwe grafiese kunstenaar het behoorlik gewoel en binne ‘n week vir my die pdf en ‘n gedrukte kopié van haar werk kom gee.

Ek voel gerus. Ek voel lekker. Ek voel gemaklik. Dit lees maklik, dis baie sag op die oog, dis vars. Hier en daar moet ietsie kleins verander, soos ‘n lettertjie wat uitgelaat is in ‘n opskrif, maar niks ernstigs nie. Dit maak my ook nie moeg om dit te lees nie. Dis regtig smaakvol gedoen.

So, as alles goed verloop, gee ek Vrydag vir haar die gemerkte bladsye, sy gaan maak dit reg en gee dit hopelik Maandag terug, ek kyk dit gou weer deur en dan?

Dan gaan dit DRUKKERS toe en hopelik, ja hopelik, word die proef volgende Woensdag gedruk.

Dan moet ek dit goedkeur en dan is dit vir die groot drukkery!

Ons is in die laaste 100 meter van ‘n twee jaar marathon. Dalk al in die laaste 80 meter?

Die Here is goed vir my.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Netwerk 

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

31 thoughts on “Ek vorder! 

      1. Om kos af te neem, is regtig nie vir elke fotograaf nie. Hierdie is meesterlik gedoen. Hootsuite stuur dit more-oggend na Amoré Bekker en RSG. Bietjie voorbrand.

        Like

          1. Dis reeds gedoen, ek het dit vir Donderdagoggend geprogrammeer want dan lees meer mense as vandag. Ek begin darem al agterkom wanneer en hoe sosiale media werk. En as jy wil, kan ek ‘n screenshot daarvan neem en dit op my Instagram sit. Ek het heelwat volgelinge wat restaurante en chefs insluit, dus dalk goed vir jou boek. Jy kan ook gaan kyk, ek het my #LCHF-ervaring op ‘n nuwe wyse vertel op my blog.

            Like

Gesels saam, asseblief!