Lê jou eier: Wat is jou superpower?

Ek kan my naam goed gat maak! Ek is regtig goed daarmee. So goed, dit ontstel my nie eers meer nie en ook nie die mense om my nie, hulle is te gewoond daaraan!

Dit is eintlik te danke, of eerder, te wyte aan ‘n klomp uiteenlopende, of is dit samelopende omstandighede.

Dat ek eksentriek is, is mos nou al ou nuus en eksentrieke mense doen dinge anders as gewone mense. Dit is nou maar net so!

Dan doen ek mos lánk voor ek dink! Fools rush in where angels fear to tread. Ai jai jai.

En dan is my mond ook mos aansienlik vinniger as my verstand en wanneer die verstand nou eendag inskop, is die skade reeds gedoen!

En as ek agterkom ek het goed drooggemaak, raak ek gespanne en probeer regmaak en dis soos olie op die vuur!

In elk geval, gespanne voel is nie goed vir ‘n goeie gatmaker nie, gespanne voel verhoog die gatmaakmoontlikhede by die sekond!

Sou ek agterkom jy skaam jou vir my, weet net, dis asof jy ‘n bulldozer gebruik om die gat te help grawe! ‘n Bulldozer, ja.

En ek is spontaan. En LOUD. En vinnig in my doen, nie in hardloop. My hande en my mond is vinnig, as jy verstaan wat ek bedoel.

Nou ja, dís dan nou my superpower. Dis myne en ek het hom en ek voed hom en versorg hom, so, whêla! Myne. Net myne.

Toortsie

In opdrag van Hester. Elke keer wonder ek: Waarmee gaan sy nóg vorendag kom!

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

25 thoughts on “Lê jou eier: Wat is jou superpower?

Gesels saam, asseblief!