Wat gaan aan met die Toortsie?

Omtrent net ‘n week gelede het ek vol opwinding vertel hoe Hier’s die Toortsie weer! vorder, nou vertel ek ‘n ander storie.

Daar was so ‘n ligte kinkel in die kabel, of ‘n padda in die pyp, maar alles loop nou weer mooi. Die bladuitleg wat ek gekry het was verskriklik mooi. Liela het haar alles, haar beste gelewer en regtig ‘n mooi werk gedoen. Die probleem was die leesbaarheid, en die groter probleem, die afstand tussen ons. Daar was net te veel veranderinkies en ek het bladsye en bladsye vol geskryf, tot ek moed verloor het. Ons moes net ‘n ander plan maak.

So, intussen is daar toe ‘n nuwe grafiese kunsenaar aangestel wat weer eens dag en nag werk om dinge gedoen te kry. Selfs ék het een nag vir Publisher gegryp en my eie, onprofessionele poging aangewend. Die probleem is: Die resepte in die boek is regtig goed en lekker, die foto’s is ongelooflik mooi en goed, dit help nie ons foeter nou alles deurmekaar met ‘n swak bladuitleg nie.

So, Joh-Marie werk en werk en soos dit inkom, smile ek meer en meer. Mense, dis mooi en leesbaar.

Maar nou kom die beplande 28 Oktober wanneer ek die amptelike bekendstelling wou doen, net te vinnig nader. Ons bloeddruk en bloedsuiker en cholesterol en al die ander lelike dinge hardloop sommer teen die plafon, net omdat ons gedruk voel vir tyd, en regtig, dis mos nou heeltemal onnodig! Ons doen mos eintlik hierdie ding vir die lekker, nie vir die spanning nie! Jitte!

Daarom gaan ons nie ‘n amptelike ‘launch’ hê nie. Maar moenie bekommerd wees nie, ek hou julle op hoogte! Sodra dit by die drukkers is en die proeflopie goedgekeur is, maak ek die pre-launch bestellings oop en sal julle dit teen ‘n spesiale prys kan koop. Die boek se normale prys sal ook R195 wees, net soos die eerste Toortsie, maar die pre-launch prys sal R160 wees. Hou dus solank julle geldjies reg. Die pre-launch sal loop van die dag wat die proef goedgekeur is totdat die koeriers die bokse by my huis aflaai. Dan is dit verby. Hou hierdie spasie dop!

Intussen, hier is ‘n proeseltjie!

As jy bang is jy mis die kennisgewing, raak deel van ons Facebookblad: Toortsie se Bantingresepteboeke. 

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF and tagged , , , . Bookmark the permalink.

25 Responses to Wat gaan aan met die Toortsie?

  1. Kameel sê:

    Nou goed, ek kon nou nie help om te smile vir die foto en naam van jou boek nie. Dit pas!!!

    Like

  2. Ek hou van die voor- en agterblad. Voorspoed!

    Like

  3. Sjoe, ek lewe saam met jou! Dit lyk egter fantasties. Uitnodigend en uitdagend! Dit sal gebeur moenie worrie nie! Dis ook soos jy sê dis vir die lekker en nie om jou siek te mak nie. Tog het n mens n afsny datum nodig om mens te forseer om klaar te maak anders draai dit vir ewig.
    Sien uit na die boek.

    Liked by 1 person

  4. Wonderful cover, dear Toortsie! And the book itself too! My conrgatulations! 😉

    Like

  5. dromer777 sê:

    Ai ek kan nie meer wag nie. Ek deps die eerste een😂

    Like

  6. Pragtig, lief die buiteblaaie. Dit gaan ń bash wees.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s