Warrelwind

Wat ‘n warrelwindtyd! My kleinkinders het ‘n naweek kom kuier en dit was lone en ander admin wat inderhaas moes klaarkom. Intussen het my Aussiefamilie ook kom kuier asook die familie van die Baai af en en en …

Familielede wat 7 jaar en 17 jaar laas gesien het, het weer bande opgetel. Ons het in die Karoo gaan kuier en nuwe vriendskappe gesmee.

Intussen is daar aan Hier’s die Toortsie weer gewerk en gewerk en besef dat die afstand tussen my en die grafiese kunstenaar nét te ver is. ‘n Nuwe grafiese kunstenaar is inderhaas aangestel en die gewoel en gewerskaf gaan voort. Die boek moet klaarkom, die papier is al maande gelede bestel en betaal! Die drukkers sit al en wag en wag en wag en die boek moet bekendgestel word. Krismis kom!

‘n Warreldwind drie weke was dit voorwaar, maar ek ruil dit vir geen geld in die wêreld nie. Dankie vir julle blogmaats wat nog altyd daar is, selfs al was ek so verskriklik afwesig.

Ek moet sê, die volgende 10 weke gaan nie minder dol wees nie, dink ek!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

17 thoughts on “Warrelwind

Gesels saam, asseblief!