Hester vra: Waarvoor is ek bang, en sonder dat sy dit besef het, het sy vir my ‘n nuwe bang besorg: Sê nou julle kom soek my nie op die verlate eiland nie? Kameel voel sy wil my eers ‘n maand daar los en hoe meer ek daaroor dink, hoe meer kom ‘n nuwe bang hom tuismaak: Sê nou julle kom soek my wel?
Alle grappies op ‘n stokkie: Ek is ‘n bang Jan. Ek het vreeslik avontuurlustige idees, maar ek is bang en sal 70% van hulle nooit waag nie. Gelukkig het my man nie eintlik bang hare op sy kop nie en val hy, as ek mooi vra, soms in by my lawwe idees en kan hy my help om veilig anderkant uit te kom. Onthou, ek aard mos na oom Petrus, en hy het eers op die water geloop en toe besef waarmee hy besig is! Ai toggie! Gelukkig staan manlief met sy twee voete stewig op die grond.
Ek dink nie ek is regtig bang vir spoke nie, het lank op Uitkyk blykbaar saam met een gewoon en ons het nie mekaar gepla nie, maar lewendige spoke maak my erger as bang. Mense wat nie weet wat hulle doen nie, mense wat onder die invloed van verskriklike goed voortstorm en vuurhoutjies aansteek en alles verwoes wat voorkom. Dít maak my bang.
En donderweer. Wel, as jy ‘n flipfile het om agter te skuil, mag dit dalk help, maar ek weet darem nie.
Spinnekoppe is nie my maat nie. Regtig nie. Ek haat hulle. As hulle buite in die natuur is, los ek hulle uit, maar in my huis? Aikonna. En vandat een my so gebyt het dat ek regtig baie siek anderkant uitgekom het, moet niemand probeer mooi broodjies bak oor hulle nie. En laat ek dit nou eens en vir altyd sê: Ek raak buite myself van kwaadword as iemand vir my spinnekopvideos stuur. Ek dink nie dit is snaaks nie. Regtig nie. So, as jy volgende keer ‘n spinnekopvideo sien en dink aan my, vat jou foon, sit dit op die vloer neer en TRAP hom dat hy in duisend stukkies daar lê, maar MOENIE dit vir my stuur nie. Hoe kwaad is ek sommer nou!
Dis die storie!
Toortsie
Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Toortsie by Finesse: Die kleinkinders
Toortsie by Pinterest
Lewendige spoke ja, ek stem saam met hierdie een; ek is baie bang vir hulle. Dit laat my dink dat ek maar liewer op my eiland sal bly; ek sal veiliger voel daar. Dalk moet ek net ‘n bottel Doom saamvat … om die spinnekoppe van my lyf af te hou.
LikeLiked by 1 person
Daar sal seker van hulle wees, ja. Nêrens sal ek loskom van hulle nie!
LikeLiked by 1 person
Ai Toorts ek het jou werklik ‘n maandlank vakansie op ‘n eiland gegun. Ek het vergeet jy en Petrus is familie… jy sou oor die water probeer terugloop het…. en wat as jy nou begin sink? Ek ken jou vrees vir spinnekoppe en belowe om nie ‘n spinnekopvideo vir jou te stuur nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie dankie! In die natuur los spinnekoppe my gewoonlik uit. Dis as hulle in my huis kom foeter wat die moeilikheid kom en Doom maak dat hulle verskriklik vinnig hardloop.
LikeLiked by 1 person
Ek sal ‘n maand lank geniet op ‘n eiland. Onthou ek is ‘n natuurmens.
LikeLiked by 1 person
Die op die water loop sal nog werk, maar nie die sinkery nie, want ek kan nie swem nie! 😱
LikeLiked by 1 person
Vergeet nou eers van spinnekoppe Toorts! Gaan bak liewer n lekker kaaskoek. En wanneer kry ons n banting vrugtekoek? Dis amper Kersfees.
LikeLiked by 1 person
Hier is op hierdie oomblik ‘n heeeerrrlike aarbeiroomkaastert as jy wil kom proe! Mmmm. Vrugtekiek sal ongelukkig nie werk nie, ons mag mis nie gedroogde vrugte eet nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het geproe en heeltemal te veel daarvan geëet. Dis heeerlik!
LikeLiked by 1 person
Ek eet elke keer te veel daarvan! 😱
LikeLike
Ek is mal oor jou verwysing na oom Petrus, en sy vrees eens hy ‘in die diepkant’ is. Ek weer dink te veel voor ek doen.
LikeLiked by 1 person
Nee man, my verstand skop laaaank na die dien eers in! Ai toggie!
LikeLiked by 1 person
Wel Toortsie jy sal maar Reunion toe moet gaan, volgens Gerrie Pretorius se reisprogram is daar geen giftige slange of spinnekoppe nie.
Gelukkig is die see by ń tropiese eiland warm, anders sou ek nie gewaag het om te probeer loop het op die water nie. Oom Petrus het ten minste probeer.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan hom maar nie probeer nadoen nie! Ek salonthou van Reunion. 😁
LikeLike
Ek en jy roei in diselfde bootjie as dit kom by spinnekoppe! Aaklige wollleriges is erger, my vrees vir die goed vererger soos hulle groter word. Yuck. Nee dankie issie vir my lyf nie. Daai eiland ding wonder ek nogals oor… nadat ek die program ‘Naked and Afraid” op Discovery gesien het. Dink ek eks banger vir die ander kaaalgat ene…! Maar Toortsie, daardie toorkunstenaars wat oor water stap en teen mure uitstap voor groot skares, daardie mense laat my hare als orent staan. Net die gedagte aan toorgoete wat ek nie kóp nie, dit maak my inderdaad bang!
LikeLiked by 1 person
Ja ons spot oor alleen op ‘n eiland. Dit kan net nie lekker wees nie.
LikeLike
Gelukkig het ek nog nie regtig met spoke te doen gekry nie. So het elkeen maar iets wat mens bang maak. Ek dink dis maar menslik. Dis wel grillerig as die bang gevoel so langs jou ruggraat afloop.(Jou link het nie op Hester se inlinks verskyn nie!)
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy sê van die link. Lyk my nie dit werk as wk met selfoon skryf nie. Ek sal weer probeer.
LikeLike
Mooi man! wou dit deur die link lees en toe moes ek teruggaan na jou kennisgewing in email.
LikeLike