Lê jou eier -Waarvoor is ek bang?

Hester vra: Waarvoor is ek bang, en sonder dat sy dit besef het, het sy vir my ‘n nuwe bang besorg: Sê nou julle kom soek my nie op die verlate eiland nie? Kameel voel sy wil my eers ‘n maand daar los en hoe meer ek daaroor dink, hoe meer kom ‘n nuwe bang hom tuismaak: Sê nou julle kom soek my wel?

Alle grappies op ‘n stokkie: Ek is ‘n bang Jan. Ek het vreeslik avontuurlustige idees, maar ek is bang en sal 70% van hulle nooit waag nie. Gelukkig het my man nie eintlik bang hare op sy kop nie en val hy, as ek mooi vra, soms in by my lawwe idees en kan hy my help om veilig anderkant uit te kom. Onthou, ek aard mos na oom Petrus, en hy het eers op die water geloop en toe besef waarmee hy besig is! Ai toggie! Gelukkig staan manlief met sy twee voete stewig op die grond.

Ek dink nie ek is regtig bang vir spoke nie, het lank op Uitkyk blykbaar saam met een gewoon en ons het nie mekaar gepla nie, maar lewendige spoke maak my erger as bang. Mense wat nie weet wat hulle doen nie, mense wat onder die invloed van verskriklike goed voortstorm en vuurhoutjies aansteek en alles verwoes wat voorkom. Dít maak my bang.

En donderweer. Wel, as jy ‘n flipfile het om agter te skuil, mag dit dalk help, maar ek weet darem nie.

Spinnekoppe is nie my maat nie. Regtig nie. Ek haat hulle. As hulle buite in die natuur is, los ek hulle uit, maar in my huis? Aikonna. En vandat een my so gebyt het dat ek regtig baie siek anderkant uitgekom het, moet niemand probeer mooi broodjies bak oor hulle nie. En laat ek dit nou eens en vir altyd sê: Ek raak buite myself van kwaadword as iemand vir my spinnekopvideos stuur. Ek dink nie dit is snaaks nie. Regtig nie. So, as jy volgende keer ‘n spinnekopvideo sien en dink aan my, vat jou foon, sit dit op die vloer neer en TRAP hom dat hy in duisend stukkies daar lê, maar MOENIE dit vir my stuur nie. Hoe kwaad is ek sommer nou!

Dis die storie!

Toortsie

Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

19 thoughts on “Lê jou eier -Waarvoor is ek bang?

  1. Lewendige spoke ja, ek stem saam met hierdie een; ek is baie bang vir hulle. Dit laat my dink dat ek maar liewer op my eiland sal bly; ek sal veiliger voel daar. Dalk moet ek net ‘n bottel Doom saamvat … om die spinnekoppe van my lyf af te hou.

    Liked by 1 person

  2. Ai Toorts ek het jou werklik ‘n maandlank vakansie op ‘n eiland gegun. Ek het vergeet jy en Petrus is familie… jy sou oor die water probeer terugloop het…. en wat as jy nou begin sink? Ek ken jou vrees vir spinnekoppe en belowe om nie ‘n spinnekopvideo vir jou te stuur nie.

    Liked by 1 person

  3. Wel Toortsie jy sal maar Reunion toe moet gaan, volgens Gerrie Pretorius se reisprogram is daar geen giftige slange of spinnekoppe nie.
    Gelukkig is die see by ń tropiese eiland warm, anders sou ek nie gewaag het om te probeer loop het op die water nie. Oom Petrus het ten minste probeer.

    Liked by 1 person

  4. Ek en jy roei in diselfde bootjie as dit kom by spinnekoppe! Aaklige wollleriges is erger, my vrees vir die goed vererger soos hulle groter word. Yuck. Nee dankie issie vir my lyf nie. Daai eiland ding wonder ek nogals oor… nadat ek die program ‘Naked and Afraid” op Discovery gesien het. Dink ek eks banger vir die ander kaaalgat ene…! Maar Toortsie, daardie toorkunstenaars wat oor water stap en teen mure uitstap voor groot skares, daardie mense laat my hare als orent staan. Net die gedagte aan toorgoete wat ek nie kóp nie, dit maak my inderdaad bang!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!