Verwag groot verrassings met Toortsie 2!

Terwyl Cindy-Lee dag en nag werk om die bladuitleg van Toortsie se tweede Bantingresepteboek, Hier’s die Toortsie weer!te voltooi, het ek begin met die finale goedkeuring van die bladsye. Mense! Dis iets uit ‘n ander wêreld! Dis nuut. Dis vars. Dis besig. Dis verfrissend.

Ek wil dit waag om te sê dat Hier’s die Toortsie weer! regtig iets spesiaals gaan wees met lekker, nuwe, ryk resepte wat geskik is vir die Banting leefstyl, of al die ander LCHF generasies, maar wat deur elke persoon wat daarvan hou om lekker te eet, geniet sal word.

Ek is SUPER opgewonde! As alles volgens plan verloop, hoop ons om die boek teen die einde van Oktober bekend te stel. Dis opwindend! My tone krul behoorlik! Net betyds vir die kersseisoen!

Hier’s die Toortsie weer! is geen kompetisie of herhaling van Toortsie se Bantingboerekos nie. Die twee sussies vul mekaar aan en kan regtig goed saam gebruik word om jou spyskaart interessant te maak. Onthou, dis nie óf Toortsie se Bantingboerekos, óf  Hier’s die Toortsie weer! nie, dis Toortsie se Bantingboerekos én Hier’s die Toortsie weer!

Hier is solank ‘n voorsmakie van wat om te verwag. 🙂

Man! Nou is ek opgewonde!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

17 thoughts on “Verwag groot verrassings met Toortsie 2!

Gesels saam, asseblief!