‘n Eiland vol stories

Lê-jou-eier: Wat sal ek saamneem

21369297_10213764070360257_4456888945593764823_nDaar was by Kameel, geen huiwering oor wat sy sal saamneem wanneer sy as drenkeling alleen op ‘n eiland uitspoel nie. Haar bybel (hopenlik in ‘n beter toestand as die een op die foto wat ook stormwaters trotseer het.) Nee, sy wil nie bybel onder die arm die barbare op die eiland tot bekering bring nie. Inteendeel, sy hoop van harte dat daar nie mensvretende barbare op die eiland is nie. Beter gestel, sy hoop dat daar geen barbare op die eiland is nie, al is dit ook vegetariese barbare. Sy wil haar bybel by haar hê want dan dan kan sy doodluiters aangaan met haar projek, terwyl die ander bloggers na haar soek. Dis te sê as hulle eers lus is om na haar te gaan soek.

Deur die jare het ek werklik probeer om skrifgedeeltes uit my kop te leer, maar het my nie goed van my taak gekwyt nie. En toe (dit is mos soos die kinders van vandag praat wanneer hulle speel… en toe…) kry ek ‘n paar maande gelede die blink gedagte om diè dele in die bybel wat vir my so mooi is, in storievorm te leer. Ons huis tussen die mielielande word 1 en 2 Korintiërs. Die eerste meubelstuk by die voordeur was ‘n blou kas. Die blou kas word dus 1 Korintiërs 1:18-31. Die skrifgedeelte begin met “The message of the cross”………” In my gedagtes sien ek ‘n papier met ‘n ‘n kruis op, op die kas lê. ‘n Mannetjie is besig om die boodskap op die papier te lees, skud sy kop en besluit “it’s foolishness.” So ontvou die storie hom totdat die blou kas lewe van Jode wat hemelwaarts kyk vir tekens, en Grieke wat onder stoele soek vir wysheid.

Stelselmatig begin banke, tv, vistenk, voëlhokke, die stoof, yskas lessenare, en beddens in die huis tussen die mielielande lewe van al die stories wat hulle daarin afspleel. Piesang, die kokketiel se hok is 2 Korintiërs 4:3-18. Die hok is toegegooi met ‘n swart lap. Met die woorde “For God who said let light shine out of darkness made His light shine in our hearts…..” Die swart lap word verwyder, en dan speel ‘n storie hom in daardie hok af van mannetjies wat hulself in die saadbak bevind, en sê “We are hard pressed on every side, but not crushed…..” Om die stories uit te dink is groot pret, maar dit vat herhaling, en nogmaals herharling en weereens herhaling om die woorde te leer. Maar aanhouer wen, en ek is darem nou al by Efesieërs, Die Voëlnes (ons woonstel) begin nou lewe met stories uit Efesieërs.

Sou ek nou op ‘n eiland gestrand sit – en ek het my bybel by my – kan ek die eiland in stories verander, en terselftertyd my begeerte om die Woord van God in my hart te bêre, vervul. Net gou gaan uitvind wanneer vertrek… of vlieg die vliegtuig wat my op daardie eiland gaan laat uitspoel.

 Die getuienis rondom die foto van diè bybel op die foto is vir my so mooi. ‘n Vrou en haar man het sy ouers – wie se huis tydens die Houston vloede oorspoel het – gaan skoonmaak. Volgens haar het dit soos ‘n oorlogsveld gelyk. Sy het die bybel in staande water op die vloer sien lê. By nadere ondersoek sien hulle die bybel lê oop by Hooglied 8. Vers 7 lees: ‘Surging water cannot quench love; floodwaters cannot overflow it. If someone were to offer all his possessions to buy love, the offer would be utterly despised.” Sy het dit met haar 84 jarige skoonma – wat alles in die vloed verloor het – gedeel. Haar woorde daarop was; “Isn’t the Lord amazing. He always sends us exactly what we need when we need it. Praise the Lord.”

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

19 thoughts on “‘n Eiland vol stories

    1. Om te leer deur assosiasie…. soos ek nou doen… werk soos ‘n bom. Dis werklik die eerste keer wat ek lang dele kan leer, en onthou. Sit maar net skouer aan die wiel en beur vorentoe

      Like

  1. O dis ‘n lekker projek vir jou; ek kan net dink hoe jy dit geniet. Daar is niks lekkerder as om die stories waarvoor jy lewe uit jou kop te ken en dit oor en oor vir jouself te kan vertel nie. Ons sal jou kom haal;, hoor, met Christa en Wegkruipertjie se passassiersboot en dan kan jy die stories oorvertel.

    Liked by 1 person

    1. Ek het lekker geglimlag vir daardie potloodgesketste passasiersboot. Ek dink die klomp van ons saam kan ‘n lekker anemasie (spelling) fliek uitdink. Wie weet ons word dalk skatryk!!!

      Liked by 1 person

  2. Wow, dis omtrent al wat ek kan sê. Dis wonderlik om te weet dat jy die Bybel so sprekend kan weergee in daaglikse dinge. Ek haal my hoed af vir jou. Jy sal beslis n paar jaar op die eiland kan deurbring sonder om verveeld te raak. As ek mag, sal ek vir jou papier en n potlood gee sodat jy kort aanwysings kan neer-potlood.

    Liked by 1 person

    1. Dankie ek aanvaar jou aanbod. Hoop net jou papier en potoot hou totdat hulle ons kom red. Miskien kan jy saam met my stories uitdink en die woorde leer!!!

      Like

    1. Hopenlik wanneer ek daar gehaal word ken ek tot met Openbaring al die Skrifgedeeltes wat ek sooooo graag uit my kop wil leer. Weet nog nie of ek kans sien vir OT nie. Mooi dag vir jou!!!

      Like

  3. Kameel my verhaal is geskryf. By my was daar in ‘n mate ‘n wroeging om wat om saam te vat. En nee dit was nie die Woord nie wat saamgegaan het nie en tog was die Woord reeds daar. Gaan lees gerus met spesial erkenning aan jou anders sou ek dit nooit geskryf het nie.

    Liked by 1 person

    1. Dan is ek bly ek kon jou inspireer….. gaan nou lees. En so tussen hakkies ek sien altyd uit na jou skrywery…. onthou ek het vir jou gesê jy het diè tipe humor wat my lagspiere prikkel. Die moderne Mark Twain 🙂

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!