Lê jou eier: Wat neem ek saam

Ek moet baie versigtig wees met wat ek sê, omdat soveel van die onwaarskynlikste goed wat uit my mond kom, soms waar raak. Daarom skryf ek by voorbaat dat ek hierdie slegs skryf in die gees van saamspeel en dat ek hoop dit dit nooit vir my of enige iemand wat ek ken of wat hier lees sal oorkom nie. Hester vra wat ons toevallig by ons sal hê as ons op ‘n verlate eiland uitspoel nadat ons vliegtuig geval het in die see en ek die enigste oorlewende is.

Eerstens hoop ek my positiwiteit en gawe om geluk aan te trek en gelukkig te wees in enige omstandighede spoel saam met my uit, want dan is die styd al halfpad gewonne. Anders sal dit maar droewig gaan as ek eers moed verloor het!

Ek vertrou ook dat my God saam met my daar sal wees en dat ek nie geloof sal verloor nie, maar juis dit dan sal behou om my deur te trek.

Op ‘n ligter trant sal dit nou lekker wees as my rooi handsak op een of ander lawwe manier onder die uitgespoelde goed is, want ek en rooi trek mekaar aan en rooi gee vir my energie. Rooi laat my moed skep en laat my kreatiwiteit ontsluit.

Binne-in daardie rooi handsak is altyd ‘n rooierige/pienkerige lipstiffie en as ‘n vrou lipstiffie aanhet, kan sy toor. Lipstiffie help dat jou mond nie so droog word in die son nie, en as jou mond nie so droog is nie, voel jy al klaar sommer beter.

Daar is ook ‘n pen en ‘n paar papiertjies in. Wie weet, ek wil dalk ietsie neerskryf! Waarvoor, weet ek nie!

My selfoon is in daardie rooi handsak en net ter wille van hierdie oefening is dit ‘n sattellietfoon en het ek ‘n sonlaaier vir hom! En met die geluk wat so graag aan my kant is, kan ek sowaar sein optel en met julle kommunikeer op my blog! Facebook sukkel ‘n bietjie, maar ek kry boodskappe uitgestuur op my blog! Daar is net een groot probleem: Ek is rigtingbeduiweld! Hoe gaan julle weet waar om my te kom soek? Julle sal my mos kom soek, né? Julle sal my mos nie daar alleen los nie, né? Né? Né? Hoekom is julle dan nou so stil? Gaan julle my daar los, hé? Hé? Hé?

My krediektaart is ook in die rooi handsak en my ID boekie. As ek oorsee vlieg, behoort my paspoort ook daarin te wees! So, sal daar toevallig ‘n boot verby kom, kan ek dalk vir my kaartjie betaal! Dis nou te sê as dit ‘n passasiersboot is met kredietkaartfasiliteit. Ag ja, dink nie daai stukkie plastiek gaan my vreeslik help nie! Die kans is groter dat dit ‘n klein vissersbootjie sal wees!

Moenie my daar alleen los nie! Ek dink nie ons kan ons dit regtig indink nie.

Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies, Lê jou eier and tagged . Bookmark the permalink.

21 Responses to Lê jou eier: Wat neem ek saam

  1. travel460 sê:

    O, ons sal jou defnitief kom soek, Toortsie. En as ons jou uiteindelik opgespoor kry, sal ons heel waarskynlik eers ń paar dae vertoef vir fotos en stories.

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Gaan jou minstens vir ‘n maand nie soek nie. Ek glo elkeen van ons het ‘n sabbatsrus nodig om weer al ons varkies op hok te kry. Daarna kan jy terugkeer en vir ons van jou ondervindinge kom vertel. 😊

    Like

  3. Kyk nou hierdie verneukspul. Die vrou is veronderstel om één item saam te vat en sy pak sommer die kitchen sink ook in die handsak. Ek hou van jou satelietselfoon, want dan sal ons jou maklik opspoor – jy kan mos google maps gebruik om te kyk waar jy is.

    Liked by 1 person

  4. Jy kan jou paspoortpapier vir die vuurtjie gebruik.

    Liked by 1 person

  5. Snaaks genoeg het ek ook aan my oornag tassie gedink wat altyd aan my sy is! So n tassie of handsak is altyd n goeie ding om te hê(sê iemand wat nie van n handsak hou nie.) Jy’s darem maar slim om sulke oulike goedjies in jou handsak te hê. Kry mens so n sataliet affere met sonkrag opwekker?

    Like

  6. Toorts as niemans anders jou kom soek nie sal minstens die banting eters jou kom soek. Jy is dan nou eers op dag 3 van jou banting spyskaart 🙂

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s