Daar is ‘n doel met dit!!!

Lê jou eier: Verskaf ‘n byskrif

img_2339Juffrou Nellie Murgpampoen bekyk haar klas vol gewasse met genoegdoening. Sy twyfel vir geen oomblik dat die opkomenede gradeplegtigheid vir uitstekende resultate gaan sorg nie. Haar hart swel van trots as sy na Antjie tamatie se ferm liggaam, pragtige kleur en blink gelaat kyk. “Net jammer haar hart is so sag,” dink die praktiese Nellie, “daar is nie plek vir sentiment in hierdie lewe nie, en vandag gaan diè klas van haar dit uitvind.

Met een vinger druk sy haar bril op haar neus terug, en maak keelskoon. “Voordat julle oorstap huishoudkundeklas toe wil ek ernstig met julle gesels,” begin sy, maar word in die rede geval deur Gert Geelmielie met sy pittige sêgoed. “Gert soek ‘n vrou vir die kombuis, so hy gaan lande ploeg terwyl die ander huis-huis speel.” Iets in juffrou Nellie se houding verhoed die klas om uit bars van die lag.

Dit is dan ook ‘n ernstige klomp gewasse wat ‘n uur later na die grys klaskamer met sy hoë mure, toe stap. Diè betrokke klaskamer was tot nou toe vir hulle taboe. Juffrou Nellie se stem klink nog duidelik in hulle ore op. “Ek het julle van kleintyd af geleer dat julle van onskatbare waarde is, en dat julle voedingstowwe bevat wat die mens nodig het vir sy gesondheid. Alles op hierdie aarde is geskape met ‘n doel, so is julle aan die mens gegee as voedsel. Julle is van babatyd af gevoed, vertroetel, en versorg. Ou Jan Spitvurk het gesorg dat die onkruid van daar anderkant die treinspoor nie hier tussen julle kom aanteel, en julle verdruk nie. Julle is nou in die fleur van julle bestaan, en gereed om die wêreld in te gaan. “Maar,”…. hier het juffrou Nellie se stem effens gebreek; sy het ‘n paar keer gekug en toe ferm voortgegaan. “Dit sal onregverdig wees om julle met sterre in julle oë, en drome in julle harte die wêreld in te stuur. Die lewe is hard, daarom gaan julle vandag ‘n demonstrasie sien van wat julle in die toekoms kan verwag. Wees sterk; onthou altyd die doel waarvoor julle geskape is, en lewe dit uit. Sou julle terugdeins, mag julle verlep en vir die varke gegooi word as kos.” Aan haar gesigsuitdrukking was dit duidelik dat dit die laagste van laag is wat enige gewas kan daal.

By die huishoudkundeklas aangekom betreë die gewasse die klaskamer versigtig, en neem hulle sitplekke in. Vol belangstelling kyk hulle na ‘n blink voorwerp op ‘n tafel voor in die klaskamer. “Dit lyk soos skerp tande,” fluister hulle onder mekaar, en ‘n yskoue rilling trek deur meer as een rugraat. ‘n Sydeur gaan oop; ‘n massiewe koolkop op kort beentjies, met ‘n wit voorskoot oor sy ronde maag gebind, kom ingestap. Met ‘n wit lapperige keps vee hy die sweet van sy gesig af, en glimlag breed. ”Meneer Sarel Koolkop verwelkom julle in sy kombuis,” sê hy in ‘n jollige stem. “Kom ons begin sommer dadelik…. hierdie,” en hy lê sy hand op die blink voorwerp, “is ‘n rasper. Ek soek ‘n vrywillige onder julle sodat ek vir julle kan demonstreer hoe hy werk.” Jy kan ‘n speld in die klas hoor val, en toe kom Koos Komkommer stadig regop. “Neeeee Koos!!!!” roep Bettie Beet, en gryp sy hand vas. Koos gee een van sy skewe glimlagte – wat hom so geliefd onder die gewasse maak – buk en soen Bettie op haar wang. Sy bloos bloedrooi, maar gelukkig kan niemand dit sien nie. Met sy lenige lyf, en nonchalante houding stap Koos tot voor meneer Sarel Koolkop wat mes in die hand gereed staan.

Koos klim op die tafel, soos meneer Sarel Koolkop hom aangewys het, en net voordat hy op die groenteplank gaan lê, draai hy na die gewasse toe. “Onthou wat ek vir julle van kleintyd af gesê het; ‘Moet julle oor niks komkommer nie.’” Hy gaan lê op die plank, en maak sy oë toe. Lenie Geelwortel gil hard toe meneer Sarel Koolkop die mes lig, en met een vinnige beweging Koos Komkommer se kop afkap . Wat daarna gebeur het is te grusaam om hier te beskryf, en elke gewas het sy of haar eie storie gehad om te vertel. Een ding is egter verseker, Koos Komkommer is tot held verhoog, en het as voorbeeld gedien vir elkeen van die gewasse wat hulle pad na een of ander kombuis gevind het, om so hulle doel op aarde te volbring.

Kameel 😊

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

 

 

 

 

 

 

35 thoughts on “Daar is ‘n doel met dit!!!

  1. Eish! Haha, Toortsie, dis oulik. Ag sjym, arme Koos Komkommer. Of is dit arme Bettie Beet wat haar geliefde so summier aan die Rasper moes afstaan? Pittiig en oulik geskryf. Ek is is so bly jy het nie regtig besluit om die vadoek … ag ek bedoel die handdoek … in te gooi nie. Dankie vir die saamspeel.

    Liked by 1 person

          1. Klaar terug by die huis. Net ‘n paar dae wegbreek gewees. Sjoe daardie twee kleintjies is lawaaierig….. hul pa sê nie verniet dat – met my dogter en dié twee -voel dit asof daar 60 000 vroue in sy huis is nie.

            Liked by 1 person

    1. Toorts het die handdoek ingegooi 😦 Dis Kameel wat hier geskryf het. Ek dink Toorts is te preuts vir openlike romanse soos dié tussen Koos en Bettie….. tong in die kies gesê.

      Liked by 1 person

  2. Ek sien mense verwar die skrywer Kameel. Waar kan en jou banting boerekos resepte boek koop Kameel.
    Hierdie is baie oulik. Maar jy moes gewaarsku het dat weens die geweldvlakke die storie nie vir sensitiewe bleeksiele soos ek is nie. Kan nie verstaan hoekom die gewasse ‘n tertiere opvoeding nodig het nie. Nee wag ek verstaan. So ‘n opvoeding verfyn jou letterlik…

    Liked by 1 person

    1. Dankie Abrie…. daar was voorwaar ‘n verwarring met die skrywer van dié grusame storie. Kameel sal nooit ‘n banting resepteboek die lig laat sien nie…. sy is te lief vir soetgoed. Dankie vir daardie tikkie humor oor my gewasse se tertiere opvoeding…. jy laat my altyd glimlag met jou fyn humor.

      Like

    1. Dankie vir lees trommeltjie. Daar is ‘n groot probleem met wie die skrywer was van die stuk. 😀 Behalwe vir een persoon dink almal Toorts het dit geskryf. Intussen was dit Kameel. Jy is vergewe…. stuur net van daardie green curry aan. Het die resep gelees, konnie plek kry om kommentaar te lewer nie. Party van die bestandele is vir my vreemd…. maar dit lyk baie lekker.

      Like

Gesels saam, asseblief!