Lê jou eier: Toortsie gooi die handdoek in

Byskrif: Die foto hierbo kan as die direkte oorsaak beskou word vir Toortsie se oorgawe.

Toe die opdrag kom dat daar vir bygaande foto ‘n opskrif, saam met ‘n storie geskryf moes word, het Toortsie se kop oortyd begin werk. Sy is immers die selferkende Bantingdame van Blogland en hier is haar kans nou: Sy gaan ‘n totale deurbraak maak en dit sal dan die begin van haar derde Bantingboek beteken! Sy is in ekstase!

Wat sal sy maak? Dit raak nou somer en ‘n slaai sal die ding doen. Dalk ‘n ekstra klompie bestanddele bysit, soos kopkool, knoffel, appel, komkommer, fetakaas en mayonnaise. Hoe moeilik kan dit nou wees?

Maar die rasper is die probleem. Toortsie hou van ‘n growwer tekstuur en ‘n gerasperde tamatie gaan die slaai sopperig maak.

Wat dan van ‘n roerbraai? Heerlik in botter gebraai, selfs met bacon by? Steeds, die RASPER! ‘n Rasper maak dat jy met ‘n massa fyn goed sit wat na niks lyk nie, alles is net fyngerasper!

Intussen kom die een bloginskrywing ná die ander oor die onderwerp in en Toortsie besef sy is op totaal verkeerde spoor! Dit gee haar darem ‘n bietjie moed om te lees dat sy iewers in iemand se huis ‘n ogie oor die kokery hou, maar toe sy met ‘n skok lees dat haar geliefde, verlore Ursula nou ‘n UI is, was dit die heel laaste strooi!

Toortsie het boedel opgegee. Handdoek ingegooi. Moed verloor. Dis nou maar wors.

Copy & Paste die volgende paragraaf onderaan jou blog:

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

 

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Het julle al gehoor van ‘n vreugdevas?

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

43 thoughts on “Lê jou eier: Toortsie gooi die handdoek in

      1. Maak eers seker dat jy presies weet hoe die vurk in die hef steek. Jy moenie probeer om sop met ‘n vurk te eet nie, want sô kry jy siepsop en braaiboud.Los vir Ursula dat sy haar eie sop gaarkook.

        Like

  1. Dit was nou n heerlike polimiek oor n rasper en pap groente/slaai. Die wors gaan beslis help om smaak te gee in die roerbraai! Ek kannie ophou lag en lekkerkry vir jul spitsvondighede nie. Arme Ursula is ook in de moeilikheid. Sy wil mos haar neus oral insteek. Boontjie kry sy loontjie nê!

    Liked by 2 people

  2. Toortsie ek het ook amper handoek ingegooi, maar terwyl ek vir ‘n kommentaar daaroor stuur kry ‘n idee en onderneem om deel te neem, maar ek dink haastige hond verbrand dalk sy mond want dit is nie ‘n veval van goed begonne in half gewonne. Maal half klaar is in elk geval nie alklaar nie en ek is nog by Langenhoven se met lekkerkry klaarkry nie

    Liked by 1 person

  3. Vir my is hierdie nou een Babelse verwarring!!!! Ek weet nie of ek kom of gaan nie. En ek moet nog ‘n blog skryf ook. Ek sal nou skouer aan die wiel moet sit…. maar waar begin ek?????

    Liked by 1 person

    1. Babelse verwarring is dit gewis en ‘n vreemdeling in Jerusalem wat toevallig hierop afkom, sal dink ons is van die lotjie getik of het ‘n klap van die windmeul weg. Hy mag selfs dink dat ons te diep in die bottel gekyk het! Maar terwyl ons nou van Babel praat en jy niecweet waar om te begin nie, stel ek voor dat jy by die Rykste man in Babilon begin, want geld wat stom is, maak reg wat krom is.

      Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!