Die Spreuke 31 vrou

Hoe kan ek oor die vroue in die Bybel skryf en die Spreuke 31 vrou oorslaan? Sy is vir my ‘n voorbeeld, ‘n inspirasie. Of sy werklik mens was, weet ek nie, en of sy net die tekening is van die ideale vrou, dit maak nie saak nie. Sy is nastrewenswaardig.

Sy was knap, en ‘n knap vrou is meer werd as edelstene, skryf die Spreukeskrywer.

Sy is nie lui nie en bring haar kant. Sy is vir haar man tot voordeel en hy is trots op haar. Sy is hardwerkend en sorg dat haar gesin klere het om aan te trek. Of sy die klere self maak en of sy iemand aanstel om dit te maak, maak nie saak nie, sy sorg dat dit daar is. Haar hande staan vir niks verkeerd nie, haar huishouding is onder beheer.

Sy het selfs besigheidsvaardighede en kan goed met geld werk. Sy weet hoe om wins te maak, maar terselfdertyd is sy vrygewig en help arm mense waar sy kan.

Sy het ‘n edel en sterk persoonlikheid en praat met wysheid. Haar kinders en haar man is trots op haar.

Die wonderlikste van alles, sy dien die Here.

Werklik iets om na te streef!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Het julle al gehoor van ‘n vreugdevas?

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

20 thoughts on “Die Spreuke 31 vrou

  1. Ag hierdie Spreuke 31 vrou wie se lamp in die nag nie doodgaan nie maak my moeg. Wanneer slaap sy, wanneer lag en speel sy? Ek sal maar soos Abrie sê; sy stel die dwarslat te hoog…. vir my in elk geval.

    Like

  2. Ie super woman! Wat my altyd opval is dat sy nie ‘onderdanig” aan haar msn was soos ons altyd geleer is en soos die ‘ gemeenskap van goedere’ huwelikskontrak in die outyd bepaal het nie. Sy was ook ‘n sakevrou. Sy koop self grond en….. Dit impliseer dat sy op haar eie belangrike besluite geneem het. Selfs in daardie oertyd. Wow!

    Liked by 1 person

    1. Onderdanigheud, as dit reg gedoen word, is nie vir my ‘n probleem nie. Soos ou Ahasveros dit gedoen het, is beslis nie navolgenswaardig nie. Dis nie ‘n baas-Klaas verhouding nie.
      Ek voel tog die man se rol is die hoof van die huis. So, ek het myself my lewe lank ontwikkel na die beste van my vermoë, ek was nie in kompetisie met my man nie. Ek het hom gegun om die hoof van die huis te wees. So, in plaas daarvan dat ek moes buig in onderdanigheid, het ek hom so hoog gelig soos ek moontlik kan, sodat ek ook in die proses my volle potensiaal kon ontwikkel en regop kon staan. Die geheim? Lig net jou man hoog genoeg ! 😁

      Liked by 1 person

      1. Ek dink ander mense wonder soms hieroor! Ek vermoed dis een van die redes hoekom die hele buurt se vrouens vir my man koek bak. Hulle kry hom jammer as hulle hoor sy vrou betree die kombuis slegs onder protes 😄

        Like

    1. Dankie. Ja ek glo regtig daaraan dat as ek my man hoog genoeg lig, daar genoeg ruimte vir my is om my kop ook op te tel. 😁 Weet jy, as mens dit doen, voel hy nie bedreig nie omdat jy nie in kompetisie met hom is en hom probeer oorheers nie. Hy bly steeds die hoof van die huis, maar jy het die vryheid om jouself uit te leef in veiligheid en beskerming van die hoof van die huis.

      Like

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer antwoord