Die Spreuke 31 vrou

Hoe kan ek oor die vroue in die Bybel skryf en die Spreuke 31 vrou oorslaan? Sy is vir my ‘n voorbeeld, ‘n inspirasie. Of sy werklik mens was, weet ek nie, en of sy net die tekening is van die ideale vrou, dit maak nie saak nie. Sy is nastrewenswaardig.

Sy was knap, en ‘n knap vrou is meer werd as edelstene, skryf die Spreukeskrywer.

Sy is nie lui nie en bring haar kant. Sy is vir haar man tot voordeel en hy is trots op haar. Sy is hardwerkend en sorg dat haar gesin klere het om aan te trek. Of sy die klere self maak en of sy iemand aanstel om dit te maak, maak nie saak nie, sy sorg dat dit daar is. Haar hande staan vir niks verkeerd nie, haar huishouding is onder beheer.

Sy het selfs besigheidsvaardighede en kan goed met geld werk. Sy weet hoe om wins te maak, maar terselfdertyd is sy vrygewig en help arm mense waar sy kan.

Sy het ‘n edel en sterk persoonlikheid en praat met wysheid. Haar kinders en haar man is trots op haar.

Die wonderlikste van alles, sy dien die Here.

Werklik iets om na te streef!

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Het julle al gehoor van ‘n vreugdevas?

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Vroue in die Bybel. Bookmark the permalink.

20 Responses to Die Spreuke 31 vrou

  1. Ja, ‘n voorbeeld vir ons sowaar. Nou wonder ek net – dink jy hulle het ook soveel “stress” soos ons gehad? Ja, om die Here te dien is ‘n wins!

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Ag hierdie Spreuke 31 vrou wie se lamp in die nag nie doodgaan nie maak my moeg. Wanneer slaap sy, wanneer lag en speel sy? Ek sal maar soos Abrie sê; sy stel die dwarslat te hoog…. vir my in elk geval.

    Like

  3. seegogga sê:

    Ie super woman! Wat my altyd opval is dat sy nie ‘onderdanig” aan haar msn was soos ons altyd geleer is en soos die ‘ gemeenskap van goedere’ huwelikskontrak in die outyd bepaal het nie. Sy was ook ‘n sakevrou. Sy koop self grond en….. Dit impliseer dat sy op haar eie belangrike besluite geneem het. Selfs in daardie oertyd. Wow!

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Onderdanigheud, as dit reg gedoen word, is nie vir my ‘n probleem nie. Soos ou Ahasveros dit gedoen het, is beslis nie navolgenswaardig nie. Dis nie ‘n baas-Klaas verhouding nie.
      Ek voel tog die man se rol is die hoof van die huis. So, ek het myself my lewe lank ontwikkel na die beste van my vermoë, ek was nie in kompetisie met my man nie. Ek het hom gegun om die hoof van die huis te wees. So, in plaas daarvan dat ek moes buig in onderdanigheid, het ek hom so hoog gelig soos ek moontlik kan, sodat ek ook in die proses my volle potensiaal kon ontwikkel en regop kon staan. Die geheim? Lig net jou man hoog genoeg ! 😁

      Liked by 1 person

  4. Ek skiet so ‘n bietjie kort op alle punte, maar gelukkig hou my gesin darem van my.

    Liked by 1 person

  5. Toortsie jy het nou n mooi ding gese in jou kommentaar – Lig jou man hoog op. Dit gee n nuwe perspektief op onderdanigheid.
    ń Baie mooi skrywe die van jou. Dit skilder met woorde.

    Liked by 1 person

    • Toortsie sê:

      Dankie. Ja ek glo regtig daaraan dat as ek my man hoog genoeg lig, daar genoeg ruimte vir my is om my kop ook op te tel. 😁 Weet jy, as mens dit doen, voel hy nie bedreig nie omdat jy nie in kompetisie met hom is en hom probeer oorheers nie. Hy bly steeds die hoof van die huis, maar jy het die vryheid om jouself uit te leef in veiligheid en beskerming van die hoof van die huis.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s