Daai bagasie wat ons so saamsleep

So in die verloop van die lewe tel ons maar bagasietjies op wat ons onnodiglik met ons saamdra, wat ons net nooit los nie, wat elke dag van die lewe op ons skouers rus. Ons dra swaar daaraan, is so gewoond daaraan, dat ons soms skoon vergeet daarvan en nie eers bewus is van die vrag wat ons dra nie. Dis maar sommer net deel van ons lewe, ons kan nie daarvoor help nie. Dit steel ons vreugde, dit maak ons depressief. Dit bepaal die besluite wat ons neem.

Daar is egter goeie nuus! Ons hoef nie met daardie bagasie rond te loop nie! Ons kan dit neersit en vir altyd daar los. Ons hoef dit nie saam te dra vir ingeval ons dit weer nodig sal kry nie. Ons kan die vrag neersit sodat ons ongebonde en vry vorentoe kan beweeg, vreugdevol en lewenslustig.

Weet julle dat die meeste vrag wat ons dra, daar is as gevolg van foutiewe interpretasies wat ons gemaak het voor die ouderdom van 12 jaar? Dinge het in ons lewe gebeur wat ons dalk nie reg geïnterpreteer het nie, wat veroorsaak dat ons ‘n leuen glo. Daardie leuen wat ons glo oor onsself of oor God veroorsaak dat ons dinge dalk anders beleef as wat dit veronderstel is om te wees, dat ons, as gevolg van daardie wanpersepsie herhaaldelik anders reageer as wat ons dit andersins sou doen.

‘n Leuen wat ek vir baie, baie jare geglo het, was dat ek nie goed genoeg is nie. Dit het veroorsaak dat ek onnodig druk op myself geplaas het om tog net goed genoeg te wees, want as ek goed genoeg is, sal ek aanvaarbaar wees vir mense en sal hulle lief wees vir my. Watter TWAK!, maar dit het gekom van iewers wat ek kleintyd iets verkeerd geïnterpreteer het en die leuen begin glo het. Hoeveel keer het ek vir myself gesê: ‘Never good enough.’ Daar is nóg sulke leuens wat ek oor myself geglo het en sekerlik steeds glo.

Die goeie nuus is dat ons daardie dinge vir die Here kan gee, dat ons dit een vir een met Hom kan bespreek en vir Hom vra wat die waarheid dan is. En sodra Hy vir jou waarheid gebring het, is die leuen opgelos en val soveel dinge in plek. Saam met dit wat in plek val, los jy sommer koffersvol bagasie agter en raak jou vrag ligter.

God self het vir my gewys dat ek goed genoeg is, dat ek nie nodig het om myself te ooreis om aanvaarbaar te wees nie, dat Hy my goed gemaak het en lief is vir my net soos ek is. Wat ‘n verligting! Die ding is, soms weet jy dit met jou kop en glo jy dit nie met jou hart nie. Jy het Hom nodig om jou te oortuig.

Liewe vriend en vriendin? Dra jy swaar aan jou bagasie? Kom by Jesus uit. Hy wil jou so graag help! Hy kán jou regtig help, Hy weet regtig hóé! Dis die moeite werd. Jy het nie nodig om al daai goedjies saam te sleep nie. Kom by Jesus uit en vind vergifnis vir jouself en ook vir die ander persoon.

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Het julle al gehoor van ‘n vreugdevas?

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Motivering en Bemoediging, Uncategorized and tagged , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Daai bagasie wat ons so saamsleep

  1. Kameel sê:

    Hy het ons vrygekoop en die prys het Hom sy alles gekos. Waarom soos ‘n slaaf bondels onnodige goed op ons skouers saamdra? Ons doen dit almal….. maar êrens op ons pad saam met Hom raak die bagasie minder. As jy van die minderwaardigheidsgevoel van nie goed genoeg nie vrykom Toorts… is ‘n “helse” ketting om jou losgemaak.

    Liked by 1 person

  2. Terug pieng: Wat ons glo | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s