Toortsie blog al 7 jaar!

Eintlik blog Toortsie al ‘n bietjie langer.  Sy het eers geblog as ‘Madelé oor leef’, wat een nag vinnig afgevee is. Wat ‘n dom besluit, want hier weet almal in elk geval wie ek is!

So loop die tyd aan en is dit sowaar 7 jaar later. Intussen het Kameel en Bokbaaivygie ook bygekom, iets waaroor ek nog nooit spyt was nie. Die blog het hoogtepunte beleef, maar ook aftye waar ons nie heeltemal so aktief was nie.

In hierdie sewe jaar is hier 1974 bloginskrywings gedoen, in totaal was hier 167 220 verskillende besoekers en 347 102 klieke. Die mees aktiewe dag op hierdie blog was 28 April 2017, met 802 klieke, voorwaar ‘n uitskieterdag. Uit hierdie blog het ‘n gedrukte publikasie ontstaan en is ‘n tweede een in wording. Danksy hierdie blog het ek ook die voorreg om vir Finesse se goedvoelblogs te skryf en was een van my skryfsels in die Finesse tydskrif gepubliseer. Danksy hierdie blog is daar 2 Facebookpages, Toortsie se Facebookpage en Toortsie se Bantingresepteboeke, wat beide goed ondersteun word.

Dankie aan Kameel wat die blog help lewendig hou. Dankie aan Bokbaaivygie wat my soms deur modder moet help sleep, wat al in die middel van die nag vir my moes beraad en geestelik help regop hou. Dankie vir elke besoeker, geen blog sal volhou as daar nie gereelde besoekers is nie. Bloggers, julle gee my vlerke! Julle laat my voel of ek hier hoort, in die groep bloggers behoort en nog baie dinge wat ek nie eers wil noem nie, omdat dit diepe dinge is. Julle gee my sowaar vlerke. As Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie nie hier was nie, sou daar nooit ‘n Toortsie se Bantingboerekos wees nie, nie eers in my wildste drome nie!

Dankie aan my God wat hierdie onverwagte deur oopgemaak het.

So kom ons vier fees vandag! Dit was lekker om so ‘n vinnige kykie oor 7 jaar te gee.

Mooi loop

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Skemerkelkie

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

20 thoughts on “Toortsie blog al 7 jaar!

      1. Geen probleem. Ek moet net gou klaar werk, dan ry ek. Verwag my so 7uur more oggend. Ek het nog nooit ‘n brekfis verjaardagpaarty bygewoon nie, so hierdie sal ‘n eerste wees

        Like

Gesels saam, asseblief!