Die verskil in voel

Ek plaas hierdie foto’s op Toortsie se Bantingresepteboeke se Faceboekpage en iemand skryf die volgende: ‘Jy lyk, en ek weet voel ook BAIE goed….. ons wag vir No 2 in spanning!!’ Hierdie opmerking was net genoeg inspirasie vir hierdie bloginskrywing!

Nee, daar is geen vergelyking tussen hoe ek gelyk het nie, maar ook nie hoe ek gevoel het nie.

Ek besef nou dat ons soveel klem lê op die ‘lyk’, ek is alewig besig om foto’s te soek waar ek goed lyk om as ‘agterna’ foto’s te gebruik. Ek het al vergeet hoe ek gevoel het toe daardie foto geneem is!

Ek sal daardie dag egter nooit vergeet nie. Ons was op ‘n toer deur Afrika en my klere was ‘n reuse probleem. Niks het goed gesit of goed gelyk nie. Kyk daardie pap broek, dit sit aaklig! En die T-hemp daarmee saam. Ag nee, man! Maar ek het myself getroos dat dit oraait lyk, terwyl ek baie goed geweet het dit lyk sleg, sleg, sleg! Ek was moedeloos! Vet! Verslons!, want dis moeilik om, as jy so ‘n lyf het, goed te lyk in klere. Klere sit net nie lekker nie.

Terselfdertyd was ek die heeltyd net lus vir kos. Ek is klaar so dik, nou eet ek ook nog die hele tyd! Gelukkig het niemand dit vir my gesê nie, ek het dit self sommer gedink en geweet en geglo.

Daardie dag het ons by die Victoria Valle in Zimbabwe met die helikopter gaan vlieg. Ons moes daar in die openbaar op ‘n skaal klim, vir almal om te sien. Ek en my man en my dogter kon nie saam vlieg nie, ons gesamentlike gewig was te veel! Net te veel! Dit was alles my skuld, of my handsak wat so swaar was, se skuld!

By die huis gekom, het ek dadelik probeer werk maak en weer een van die goeie ou dieëte probeer, met min sukses. Ek het ‘n mislukking gevoel. Hoop opgegee. Elke dag het die skaal net geklim en geklim en ‘n syfer wat ek gevrees het, het al hoe nader gekruip. Ek was VETSUGTIG. OBESE. Op pad om Morbidly Obese te word, en ek het nie geweet WAT om daaraan te doen nie. Toe kom Banting.

Weet julle, ek lees nou die dag van iemand wat regtig baie vet was, hoe sleg dit was. Hy sê dit het sy hele familie ge-affekteer. Hulle kon nie gaan vakansie hou nie. Hy kon nêrens heen vlieg nie. Die lughawe is so groot en mens moet so baie stap, hy kon dit nie doen nie. Dan moes ‘n kleine grondwaardin hom met ‘n te klein rolstoel stoot, wat ‘n vernedering. Dan praat hy nie eers van die vliegtuigsitplek wat te klein is en die veiligheidsgordel wat te kort is nie.

Daar is geen vergelyking tussen die VOEL van foto 1 en die VOEL van foto 2 nie, ongeag die LYK. Geen vergelyking nie! Ek loof die Here vir hierdie oplossing wat oor my pad gekom het. 

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Skemerkelkie

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

 

 

12 thoughts on “Die verskil in voel

  1. Ek is bly jy het oorwin Madele. Ja ek weet soos met drugs ens kan mens nooit sê nooit weer nie…. maar jou “mind set” is nou reg. Met God se hulp glo ek jy is oor die berg.

    Liked by 1 person

  2. Die lekkerste deel van maer wees is dat jy oor jou maag kan buk om beenhare te skeer of jou toonnaels te versorg 😊 Ek was oor maar ‘n lekker potjierol op ‘n stadium en die paar kilogram wat ek verloor het, het my die wêreld se goed gedoen.

    Liked by 1 person

  3. Jy lyk deesdae fantasties en ek glo jy voel so ook. Ek het hierdie winter bietjie laat slaplê- dit was soo koud! Nou sukkel ek om nee te sê vir die cupcakes en die koeksisters. Maar ai, na die tyd vertel my bloedsuiker my hoe onnosel ek was.

    Liked by 2 people

    1. Dankie. Vandag was sooo lekker! Te veel potjiekos as ons pendel en my man se geheime bestanddele daarin, is ook nie vir my so goed nie. Seegogga, eet kaas. Regtig waar. Kaas as jy lus kry vir iets soets, werk wonderlik.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!