Oor verveling hoef hierdie Toortsie regtig nie te kla nie, en as sy daaroor kla, moet sy ‘n pak slae kry.
Die een dag is dit kantoorwerk, dan pendel. Die naweek het ons ‘n dag gaan draai by die Home Makers Expo wat in die Kaap was en was dit nou ‘n belewenis! Ons woon nie gewoonlik sulke goed by nie, maar het hierdie keer die noodsaaklikheid daarvan gesien. Lekker saam met die kinders gekuier en gaan eet by die mark op die Waterfront.
Sondag was dit kerk en die aand het ons ‘n heerlike kuier saam met vriende gehad.
In hierdie week het ons al ‘n sestigste verjaarsdag bygewoon met soveel vriende uit ons jongdae. Sy het haar al ‘n bietjie laat titteweit ook. Vandag het die Toortsie gesing by die VLV en ‘n baie interessante demonstrasie gesien van hoe om ‘n langbroek te maak, en môre doen sy koei roll call, ‘n misserige storie as jy my vra. Toortsie moet nog in hierdie week haar gesig loop wys by ‘n promosie-video wat vir ‘n Skool vir Outisme gedoen word en sy beplan om ‘n ete by te woon vir besigheidsvroue, mens noem dit netwerk. En dan sal ek en my dogtertjiehond ook nog hierdie week ‘n draai by die veearts moet loop maak, anders het ek dieselfde moeilikheid s Una!
Never a dull moment! Jammer vir die Engels, maar sowaar, die verskeidenheid is groot: Van koeimis tot besigheidsvroue, sommer so in dieselfde asem.
Tot wedersiens! Ek hoop teen daardie tyd het ek al ‘n lekker stort gevang en is die koeireuk iets van die verlede!
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Toortsie by Finesse: Tot seën van ander
Toortsie by Pinterest
Klink lekker besig.
LikeLiked by 1 person
Ja wat. 😁
LikeLiked by 1 person
🙂 Omtrent ń verskeidenheid!!
LikeLike
Praat jy! 😁 Dan moet my hond ook nog ‘n operasietjie kry die week, voor ek in dieselfde penarie as Una sit! 😱
LikeLike
Mmm better safe then sorry…. 😉
LikeLiked by 1 person
Liewe aarde Toorts – ek hoop jy kom by daardie stort uit! Ek het al by geleentheid hier by middagete nog in my pajamas gesit en werk, maar ek loop darem nie so baie rond soos jy nie. Dis net dat die dae soveel korter is – iemand steel my ure. Ja, en ek is ook maar bly ek het nie Una se probleme nie.
LikeLike
Sommige dae loop ek ook tot laat in my nagklere rond! 😁
LikeLiked by 1 person
Ek is skoon kortasem vir jou part, Toortsie! Maar sowaar, soms is ons vol programme presies wat ons nodig het.🤗💐
LikeLiked by 1 person
Nee man! Ek dog ek gaan ‘n rustige week by die huis hê!
LikeLike
Jy maak my moeg net om na jou te luister 😦 Hardloop maar terwyl jy nog kan….. en ek sê sterkte met alles.
LikeLike
Nee man dis nie so erg nie. Blykbaar darem net 62 verse wat by my moet verbyloop. 😁
LikeLiked by 1 person
Maar dankie! 😁
LikeLike
besige toortsie
LikeLike
Die versies roep!
LikeLike
Wat is die verskil tussen VLV en VLU? Is die een n vereniging en die ander n unie?
Nee wat jy klink besig maar dit klink heerlik en vol opwinding!
LikeLike
Ek dink dit was in die ou dae die VLU en is tans die VLV. Dalk verskil dit provinsiegewys? Na my mening, een en dieselfde ding. 🙂
LikeLiked by 1 person