Verveling

Oor verveling hoef hierdie Toortsie regtig nie te kla nie, en as sy daaroor kla, moet sy ‘n pak slae kry.

Die een dag is dit kantoorwerk, dan pendel. Die naweek het ons ‘n dag gaan draai by die Home Makers Expo wat in die Kaap was en was dit nou ‘n belewenis! Ons woon nie gewoonlik sulke goed by nie, maar het hierdie keer die noodsaaklikheid daarvan gesien. Lekker saam met die kinders gekuier en gaan eet by die mark op die Waterfront.

Sondag was dit kerk en die aand het ons ‘n heerlike kuier saam met vriende gehad.

In hierdie week het ons al ‘n sestigste verjaarsdag bygewoon met soveel vriende uit ons jongdae. Sy het haar al ‘n bietjie laat titteweit ook. Vandag het die Toortsie gesing by die VLV en ‘n baie interessante demonstrasie gesien van hoe om ‘n langbroek te maak, en môre doen sy koei roll call, ‘n misserige storie as jy my vra. Toortsie moet nog in hierdie week haar gesig loop wys by ‘n promosie-video wat vir ‘n Skool vir Outisme gedoen word en sy beplan om ‘n ete by te woon vir besigheidsvroue, mens noem dit netwerk. En dan sal ek en my dogtertjiehond ook nog hierdie week ‘n draai by die veearts moet loop maak, anders het ek dieselfde moeilikheid s Una!

Never a dull moment! Jammer vir die Engels, maar sowaar, die verskeidenheid is groot: Van koeimis tot besigheidsvroue, sommer so in dieselfde asem.

Tot wedersiens! Ek hoop teen daardie tyd het ek al ‘n lekker stort gevang en is die koeireuk iets van die verlede!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Tot seën van ander

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies, Plaaslewe en Landbousake. Bookmark the permalink.

16 Responses to Verveling

  1. Aspaai sê:

    🙂 Omtrent ń verskeidenheid!!

    Like

  2. Liewe aarde Toorts – ek hoop jy kom by daardie stort uit! Ek het al by geleentheid hier by middagete nog in my pajamas gesit en werk, maar ek loop darem nie so baie rond soos jy nie. Dis net dat die dae soveel korter is – iemand steel my ure. Ja, en ek is ook maar bly ek het nie Una se probleme nie.

    Like

  3. travel460 sê:

    Ek is skoon kortasem vir jou part, Toortsie! Maar sowaar, soms is ons vol programme presies wat ons nodig het.🤗💐

    Liked by 1 person

  4. Kameel sê:

    Jy maak my moeg net om na jou te luister 😦 Hardloop maar terwyl jy nog kan….. en ek sê sterkte met alles.

    Like

  5. ekmyselff sê:

    Wat is die verskil tussen VLV en VLU? Is die een n vereniging en die ander n unie?
    Nee wat jy klink besig maar dit klink heerlik en vol opwinding!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s